Gister het ons so bietjie vir ń "Outgoing" gegaan en hoe pragtig is die Bosveld.
Ons het die Grootfontein afrit geneem en berg op na Naboomspruit.
Dit is werklik baie, baie mooi.
Op die laaste foto is ń Goue Wildebees tussen die swart Wildebeeste.
Eerste keer wat ek ń goue sien: Wonderlik!!!
Vanaf Naboom het ons agterpad gery en gestop by Swannies se padstal.
Wat ń belewenis om al die "Oudhede" daar te sien.
Ons het seker meer as ń uur daar spandeer en gekoop met die oog, want ek het gelukkig my beursie vergeet by ons karavaan.
Hulle het die mooiste Koper items teen bekostigbare prys.
Ek gaan terug en baie, baie Koper items koop.
Help bietjie mooi op watter pad is Swannies se padstal Kamp julle nog lekker
Yes, Boet ons bly baie lekker.
Party dae terwyl met pensioen werk ek my "Gat" af, maar ek het my eie werks-ure, maar geniet dit.
Eersdaags kom ek weer JHB toe en sal draai maak vir ń koue BL
[quote]4205,2053[/quote
Dankie plan is om van 10 Oktober saam met die seun n paar dae te gaan kamp
Julle moet dit verder geniet
Mooi wêreld waar julle is.
Dankie vir die fotos.
Bosveld is tops, verkies bo n see vakansie.
Hoe wil dit vir my voorkom of daar maar heeltyd n "atmosfeer" heers?
Mooi bly mooi in die Bosveld.
Help bietjie mooi op watter pad is Swannies se padstal Kamp julle nog lekker
Help bietjie mooi op watter pad is Swannies se padstal Kamp julle nog lekker
Ja, ons kamp nog baie lekker.
As jy die pad verby Modimolle Vakansie Oord neem in die rigting na Naboomspruit.
Jy sal ń bord kry wat wys Polokwane en Mookghopong.
Draai links na Mooghopong en ry so +/- 10km en Swannies sal op regter kant wees.