English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 158
Total Views: 82 384 948
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 116
Jokes and everything else that makes you laugh

Diaz Express

replies: 17
views: 4293
26 Oct 2016 @ 09:43:09 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ons en ons kampbure hier by Dibiki het ons gister geniet soos vier kinders.  Ons het op die Diaz Express uitstappie gegaan.  Dit is 'n treintjie met slegs 3 koningsblou trokkies, genaamd Tom, Dick & Harry.  Dit vertrek vanaf Hartenbos stasie en die eerste stop is naby Kleinbrak, by Seeplaas, 'n koffiewinkel met 'n ongelooflike mooi kunsuitstalling.  Daarna ry jy verby Grootbrak en Glentana tot by die Maalgate Spoorwegbrug, waar jy uitklim en oor die hoë brug kan stap om na die pragtige maalgate daar onder te kyk.  Hier draai die treintjie om en stop dan by Grootbrak, waar jy 'n keuse van twee eetplekke het vir middagete.  Dan is dit terug Hartenbos toe, die hele rit is so amper 6 ure.

Met die vertrek het ons in die voorste trokkie gesit saam met die treindrywer en sy twee assistente.  Wanneer jy omdraai, slaan jy jou rugleunings in die ander rigting en die treindrywer gaan na die trok wat nou voor is en ons is toe in die agterste trokkie.   Die treintjie raas omtrent en die toeter is luid en alles trek baie aandag.  Almal langs die pad waai vir ons.   Die pragtige natuurskoon kan jy nie vanaf 'n motor sien nie, dit was 'n belewenis.   Tydens die twee uur lange ete breuk was daar genoeg tyd vir glasies van jou keuse, so met die terugrit is almal ekstra jolig.   Omdat ons trokkie ook die nodige instrumente in het, het Colin besluit om ons toeter ook te blaas elke keer as die treindrywer syne blaas.

Ons het so baie gelag, dit was omtrent lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 09:54:24 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Freda ons gaan al vir die afgelope hoeveen jaar soentoe, en hoor nou vir die eerste keer hiervan, dit is nou op my lysie van doen volgende keer wannier ons daar is. Kan jy dalk bietjie meer info gee, soos ; ry hy elke dag of net sekere dae, en hoelaat vertrek hy van Hartenbos ens.

Dankie vir die deel hiervan.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 10:27:50 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Die treintjie vertrek vanaf die perron by "Dolf se Stasie", 'n entjie voor jy die hoofhek van die stasie kry.  Dolf se Stasie is 'n Pub & Grubb en gehuisves in 'n ou stasiegebou.  Daar kuier jy sommer nog verder na jy van die trein afgeklim het. laughing   Dit vertrek 10 uur maar ons was vertraag omdat die laaste inkomende trein van SA Spoorweë laat was.  Hy moet vir daardie trein wag, sodat die spoorlyn dan oop is tot laat middag.   4 uur die middag is die treintjie weer terug by Dolf se Stasie.  Die ritte is op Dinsdae, Donderdae en Saterdae en kos R150 per persoon.  Dan betaal jy natuurlik vir jou eie verversings langs die pad. Ons het 'n koelboks met drinkgoed geneem vir op die trein.  Hul kan 32 mense neem, maar ons was gister net 17.  Een van die mans het vir ons gesê oor die Kersvakansie vervoer hulle so 5000 mense op die ritte.  Besprekings kan op hul webtuiste gedoen word, of bel vir Pierre by 0825509727.  Hul is baie aangename mense en maak die hele uitstappie 'n plesier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 11:01:10 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Baie dankie Freda.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 12:30:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Klink lekker.....😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 13:43:41 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2696
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Klink heel anders en iets om te doen in daai omgewing.
Dankie vir die deel.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 13:57:28 pm
Ad Rem
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 164
Joined: 28 Mar 2016
Experience: 39 years
Baie dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 14:04:26 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ek hou baie van die koelboks ding, dit kan net 'n lekker trip wees.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 14:53:07 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is ook so 'n treintjie by George wat tot op die kruin van die Outeniquaberge loop deur sewe tonnels- baie indrukwekkend!  Ek moet sê die Hartenbos-een klink amper interessanter met dat daar 'n middagetestop op Grootbrak is.  Die George-een stop wel vir 'n halfuur teen die berg- mooi uitsig maar geen restaurant nie.

Daar is nog een êrens- ek dink amper Graaff Reinet, op 'n boer se plaas, wat van 'n bestaande ou spoorlyn gebruikmaak- weet iemand dalk iets daarvan?

Ek het terloops gehoor privaat inisiatief wil die Port Elizabeth smalspoor na Avontuur deur die Langkloof heropen vir toeriste en vrag (appels en pere) vervoer.  Dit behoort 'n belewenis te wees as dit werklikheid word.  Freda, dis mos julle wêreld- weet julle dalk iets?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 15:02:03 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek hoop julle het saam gesing........so ry die trein, so ry die trein!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ag julle maak my jaloers!yell

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2016 @ 15:07:52 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Wil jy glo .... my skoonsuster woon in Mosselbaai, ons was al talle kere daar en sy het ons nooit van hierdie treinrit vertel nie. As ek uitvind dat sy wel van die treintjie GEWEET het, moet ek erken dat ek redelik ongelukkig met haar gaan wees ...... hou hierdie spasie dop!cry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2016 @ 09:51:44 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Frederick, nee, ons het nog nie gehoor of die Appeltrein weer 'n werklikheid gaan word nie.  Ek hoop dit gaan gebeur.  Die Appeltrein het ook ritte na Loerie in die Gamtoos gedoen.  As jy daar aankom is daar vure aan die brand en dan braai almal.  Dit was baie gewild.  Miskien is dit een van die dinge wat ons nuwe stadsraad gaan doen.

Ek hou baie van die koelboks ding, dit kan net 'n lekker trip wees.

Die koelboks se regte naam is "Happy Box".laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2016 @ 18:43:28 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het die storie oor die moontlike opening van die Langkloof smalspoor(apple express)  gevind.

https://www.pressreader.com/south-africa/the-herald-south-africa/20140326/281496454240108

Dit is 'n 2014 artikel, so miskien het die idee doodgeloop.  Ek wonder of the nuwe PE stadsraad dalk aandag aan die saak sal skenk.  Ek kan my voorstel 'n heen en weer rit van 340 km op die klein treintjie kan net baie populêr wees en dat oorsese stoomtrein entosiaste in hulle hordes sal kom om dit te beleef.  Dit kan beslis ook 'n inspuiting vir Avontuur, maar 'n mooi eenperd-dorpie is, en Uniondale (1.5 perd) beteken.  Dink net: 'n baie stadige, waarskynlik 'n volle dag se rit op die treintjie, 'n lekker oorslaap in 'n gastehuis op so 'n ongerepte plek in die berge en die volgende dag weer terug!

Jammer, ek dwaal heeltemal van die oorspronklike onderwerp af, maar hierdie ding laat my oë blink.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2016 @ 21:54:46 pm
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 464
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 10 years

Oteniqua Power Van which runs from George.
Their contact numbers were:   044-801-8923         082 490 5627

Outeniqua Power Van

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2016 @ 10:21:44 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

Willie's bit

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2016 @ 12:27:54 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Desember is dit my beurt. Dankie vir die info en kontak nommers sal verseker daarvan gebruik maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2016 @ 15:37:50 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Leon, hier is die draad.  Ek sien nou Douglas Green het op hierdie draad ook die kontaknommer vir Outeniqua Power Van gegee.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2016 @ 15:44:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Baie dankie ek waardeer die hulp. Jy is 'n ster.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required