Hoop iemand kan my in die regte rigting wys. Hulle wou my seun se kar oor die naweek steel.....maar was onsuksesvol. Ek moet nou hierdie slot vervang. Ek wou dit deur Outsurance ge-eis het, maar hulle vra n R4900 bybetaling. Vir my klink dit buitesporig duur. Is dit maklik om so n slot te vervang? ....kar het central locking en alarm in. Wat is jul voorstel?
Die wat deure kan oop maak as die sleutel in die Kar nog is, sal hulle dalk weet.
Of die garage se parte afdeling.
meeste van daai slotte is maklik om af te haal, verwyder die deur paneel aan die binnekant en jy sal sien daar is so n gevormde plaatjie wat die deur slot aan die binnekant vas hou, ek het al n plat-punt skroewedraaier gebruik om af te haal
Geert, Dit sal moontlik nodig wees om al die slotte, insluitende die aansitter, te vervang. By die agente gaan dit waarskynlik meer as die bybetaling kos. As daar met julle werk dalk verdere skade kom, wat heel moontlik is, gaan julle steeds die bybetaling plus ekstra kostes moet betaal. As 'n plek soos Goldwagen die onderdele aanhou, kan dit goedkoper wees as by die agente, maar dit is steeds nie seker gan julle die werk sal kan doen nie. Die sleutels sal ook geprogrammeer moet word en die inligting sal hopelik op Google wees.
Ek doen meeste werk aan my voertuie, maar ek sou wegskram van die een. As julle egter dapper voel, soek op Google. Daar is inligting, baiemaal met videos, van meeste werk wat aan voertuie gedoen kan word. Ek weet nie watter voertuig jou seun het nie. Met BMW's is daar gewoonlik baie hulp. Maar ek raai julle sterk aan om eerder maar deur die versekeraar te werk.
Dis n Toyota Etios
Kyk bietjie hierna:
https://www.mechanicbuddy.co.za/cost-estimates/?make=Toyota&jobcategory=Security,%20Locking%20and%20Keys
Kyk bietjie hierna:
https://www.mechanicbuddy.co.za/cost-estimates/?make=Toyota&jobcategory=Security,%20Locking%20and%20Keys
Dankie Fred...dit gee goeie indikasie. Outsurance se assesor het nou terug gekom na my en gesê hy het n kwotasie om dit reg te maak teen R 1400.....dan betaal ek hulle kontant en eis dit dan nie deur hulle nie. Die link wys dieselfde geval as R750 gemiddelde kostes. Ek weet egter nie of mens nou met n ekstra sleutel gaan rond ry nie en of hulle hom aanpas met huidige ignition en boot sleutels....sal uitvind
Geert, Ek sou eerder die hele lot laat vervang. R1400 klink hoog as dit net die een deurslot is, so ek vermoed dit is waarskynlik vir die hele lot, seker twee deure, bak en die aansluiter.
Het jy toe reg gekom?
Gaan maar doen in die nuwe jaar....almal nou besig of reeds toe
Okay 👌.
Kantore en industriele gebiede nou maar stil......malls baie besig
Ja, en dit wat vergeet is moet ek nou voor mall toe ry.
Darm moet ek buite by die kar wag.