Hallo Almal. Wil net graag julle input hoor. So ek doen gister n bespreking vir n staanplek vir desember vakansie by n bekende oord in Brits ....ons as gesin wou nog altyd soontoe gaan. Hulle stuur toe vir my terug dat bookings vir die tydperk eers oopmaak die 23 ste Desember????????. Ek het die dieselfde situasie beleef met n bespreking vir paas naweek die jaar by n ander oord wat se die bookings maak eers n sekere tyd oop en as jy dan probeer om plek te kry ...kry jy nooit plek Jy kom nie deer as jy bel en as jy uituindelik deerkom is alle staanplekke klaar gevat. Hoe beplan jy dan nou n vakansie?
Daars seker n misverstand....wat van as jy reeds die 20ste wil inboek. Ek sou die oord skakel en weer seker maak.....hulle praat seker van Desember 2023?
Het jy toe reggekom Shawn?
Halloo... Ja ek het reggekom dankie. Die bewoording op die reply email van oord was bietjie verwarrend. Het by Dube geboek, ons was nog nie daar vir n kamp nie , maar ons glo dit sal lekker wees. Lyk soos n mooi oord met lekker baie om die kinders ook besig te hou.
Jy kan ook by hulle via alloutbookings.co.za bespreek. Daar kan jy foto sien van elke staanplek asook die grootte en watter staanplek nommers nog beskikbaar is vir jou tyd