English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 689
Total Replies: 237 592
Total Views: 82 729 519
topics: 1 137
replies: 11 618
views: 4 816 798
Jokes and everything else that makes you laugh

Dawie se pa ennie Spotlights

replies: 2
views: 13301
20 Nov 2007 @ 13:33:48 pm
Dawie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 630
Joined: 15 Feb 2005
Experience: 49 years
Ek wil julle vertel wat my pa nou weer aangevang het. Endelik is ons skaam en mag ons nie uitpraat nie, maar ek dink ek mag julle mede kampers maar die storie vertel. Julle is dan mos half familie, of hoe? Die ding werk so, pa was half nugter, net oorlat dit verby die einde van die maand was. Julle weet mos pa se pay hou net van die einde van die maand tot die einde van die aand. In elk geval, dinge het al begin lol in die donker terwyl ons die karavaan tent opslaan. My pa zip mos homself toe per ongeluk vas met die tent se zip. Toe pa nou wil loop, toe hou die zip hom vas, my pa weet toe nou nie dis die zip nie en hy dog dis dalk n spook, nou ja, toe beweeg daai man met n spoed wat ons nie besef het hy het in sy lyfie nie. Trouble is, die tent is toe al opgeslaan en my pa gil en skreeu so oor die spook en hardloop weg, maar die tent hou, en my pa hardloop net op een plek, terwyl hy gil dat al die kampers hulle spotlights aansit. Toe gee daai tent met n gekners mee en daar gat my pa, maar toe is daar eers n groot gemors, toe die tent en die pale op hom val, toe dog my pa die spook val hom nou fisies aan. Toe n tentpaal pa so teen die wang wiks, toe word my pa verder histeries, hy weet mos daar waar n spook jou klap met sy koue hand, daar bly n merk sit. Met die tent wat toe bo op my pa val, toe skreeu pa soos iemand wat lewendig begrawe word, wat hy toe dog is aan die gebeur. Toe ma pa probeer stilmaak toe skreeu my dapper pa vir ma om te hardloop want die bose geeste het hom klaar en sy moet probeer wegkom. Ma kry dit darem toe reg om my pa stil te maak. Toe pa nou daar opstaan, en hy loop daar weg, toe wil die tent nou saam sleep, nog steeds vasgezip, sien? Met die wat pa voel iets trek aan hom, toe gaat hy weer op loop, hierdie keer het hy traksion en hy vlieg daar weg soos Ouboet se XR sieks maar die tent gat saam. Met die eerste vyf tree gaan dit goed, maar toe haak daai tent aan die buurman se kar vas, dit terwyl pa dink hy hardloop nog vorentoe, toe kom slaat hy neer asof n spook hom wragtig geklap het. Daar het hulle my pa kom optel, so uit soos n kers. Al die anner kampers met hulle spotlights het by nou al kom kyk wat gaan aan, en toe vertstaan ek ok hoekom hulle daai goed spotlights noem, so van n gespot met my arme pa het ek lanklaas gehoor. In elk geval, vir die res van die naweek het my pa binne innie karavaan gesit en goed gesuip, my pa dink hy is met die helmet gebore, ouma se pa het so hard geval dat daai helmet nou losgeskud het en afgeval het. So ek weet nie of my pa binne innie karavaan gebly sit het oorlat sy helmet afgeval het of oorlat hy skaam was om die ooms met hulle spotlights weer te sien nie. Maar julle ooms en tannies moet maar lekker kamp, as julle iewers by Happy Wanderers n klein Expotjie sien staan naweek van die 8ste Desember, dan moet julle nie spoke praat of spotlights bring nie hoor? Anners gat my pa weet ek het uitgepraat. Groete Dawie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2007 @ 19:22:08 pm
hermanpaw
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 225
Joined: 25 May 2006
Dankie vir die lekker storie. Het ook al myself 'n paar keer perongeluk raak gezip.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2007 @ 12:55:36 pm
Anonymous
Hallo Ou Dawie, Dit is altyd soooo lekker om jou stories te lees. Gaan ook kamp die 13de Des. tot 2 Jan. Julle moet julle naweek geniet en dink maar aan Tannie Christa & Oom George oor die paastyd. Neem darem die kleinkinders saam en los die Golf stokke by die huis. Weet nie wat die lekkerste gaan wees nie??? Mooi bly hoor?? Christa & George
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required