English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 303
Total Replies: 250 337
Total Views: 83 151 766
topics: 11 429
replies: 137 609
views: 39 290 307
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dankie Ford Advernture

replies: 13
views: 267
24 Feb 2020 @ 08:05:32 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek was uitgenooi om gratis aan Ford Adventure 4x4 training te ondergaan.   Die kurses het gehandel oor Voertuig Tegnologie, Ken jou voertuig, 4x4, Hindernis identifiseering en praktiese bestuur.  Daar was oor die 30 Ford's 4x4 wat deelgeneem het  aan die opleiding.   My mond het oopgehang as die aanbieders begin praat van tegnologie aan die Ford voertuie.   Nou weet ek waarom nie al die 4x4 voertuie "EQUAL" is nie. Jy kry waarvoor jy betaal.

Die gemiddelde 4x4 bakkies kos so baie want jy kry 'n magdom tegnologie wat die gemiddelde 4x4 eienaar nie eers van weet nie of maar min gaan gebruik in sy lewe. 

Wat sterk na vore gekom het is dat die 4x4 voertuie soos die jare aangaan baie meer ontwikkel het op die tegnologie kant.   'n 4x4 van 5 of 10 jaar terug vergelyk moeilik met 'n nuwe 4x4 voertuig met al die nuwe funksies.  Die 4x4 funksies maak die maklik vir enige bestuurder ongeag van sy ondervinding, om sy voertuig in die veld kan gebruik ongeag die kondisies.  Al wat 'n onervare bestuurder kort is ondervinding.   Voor elke hindernis het die instrukteurs met jou persoonlik gesels en jou voertuig in die regte mode laat skakel wat opleiding maklik gemaak het.  

Ek beveel regtig 4x4 training aan vir die 4x4 manne.  Jou kennis en vermoe van jou voertuig leer jy vinnig ken.  Dit was lekker om te sien hoe trots veral die vrouens was met die sertifikaat plegtigheid.  

Dankie Ford Adventure    

Net omdat die forum so stil is.cool   Toyota doen dieselfde training maar dit handel oor twee dae.  Hulle sluit recovery in sodat almal wat inskryf die sertifikaat uitdeling kan bywoon.tongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 08:09:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is nogal 'n eye opener as die manne jou wys waar toe jou voertuig in staat is.  My vrou en skoon sussie het ook so opleidings dag bygewoon en hulle was verstom oor die vermoë van die voertuie.

Waar was die opleiding aangebied Zack?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 08:40:21 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

In Bloemfontein Leon.   Die baan was volgens die opleiers 'n level 2 baan agv die reen en gedeeltes wat hulle moes uitsny.

Dit was lekker om te sien hoe die selfvertroue gegroei het tussen die studente.   Die een vrou was 'n senuwee wrak voor die tyd want sy het 'n nuwe Everest gehad.  As sou kon uit chicken sou sy maar sy het vasgebyt.  Haar gesig na die tyd het was die moeite werd.  Sy het soos 'n radio aktiewe dame selfvertroue uitgestraal.   Ek moet by sê die paar Everest het alles net so goed gedoen soos die Rangers.

Ek is spyt ek het nie my seun saamgevat nie.   Addisionele bestuurders was toeglaat teen R1500 per kop mits jy 'n Ford ry.  Ek dink dis die moeite werd in die sin dat jy meer as R1500 se skade gaan hê as jy jou 4x4 verkeerd beheer of die hindernisse verkeerd opson en aanpak.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 09:08:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

In Bloemfontein Leon.   Die baan was volgens die opleiers 'n level 2 baan agv die reen en gedeeltes wat hulle moes uitsny.

Dit was lekker om te sien hoe die selfvertroue gegroei het tussen die studente.   Die een vrou was 'n senuwee wrak voor die tyd want sy het 'n nuwe Everest gehad.  As sou kon uit chicken sou sy maar sy het vasgebyt.  Haar gesig na die tyd het was die moeite werd.  Sy het soos 'n radio aktiewe dame selfvertroue uitgestraal.   Ek moet by sê die paar Everest het alles net so goed gedoen soos die Rangers.

Ek is spyt ek het nie my seun saamgevat nie.   Addisionele bestuurders was toeglaat teen R1500 per kop mits jy 'n Ford ry.  Ek dink dis die moeite werd in die sin dat jy meer as R1500 se skade gaan hê as jy jou 4x4 verkeerd beheer of die hindernisse verkeerd opson en aanpak.   

Die skade besparing is baie meer as die geld vir die addisionele drywer.  Ek sal bietjie gaan hoor wanneer Ford hier so iets aanbied.  Ek sal nou nie verniet genooi word nie maar sal graag wil gaan luister wat se info oorgedra word rakende die tegnologie en die gebruik daarvan.

Ek het laas op Gerotek wes van PTA in 2013 dit bygewoon.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 09:12:28 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Het dit ook gedoen  toe ek die 3.2 Ranger gekoop het.  Hulle  het daar ook gepraat van al die tegnologie. Veral hoe vinnig die kar se blikbrein kan dink en verskillende goed kan beheer in n split sekonde.

Die een ding wat niemand sal wil toets of dit werk is die Trailer Sway. Maar op die kurses was n man wat ou kare bymekaar maak. Hy het beleef hoe goed dit werk toe die sleepwa met n kar op buite beheer geraak het. Hy se, nog voor hy kon reageer het die kar die sleepwa onder beheer gehad. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 09:17:23 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Alle Ford 4x4 eienaar kan die opleiding gratis bywoon binne 12 maande vanaf aankope.  Ek sien sommige manne wat tweedehandse Rangers gekoop het was ook uitgenooi.   Ek dink as jy met jou handelaar gaan praat sal hulle jou naam bysit met geen kostes aan jou kant.  Gaan probeer gerus. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:07:22 pm
Dok
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 18 Mar 2018

Ek was ook deel van die opleidingsprogram van Ford in Melkbosstrand

Die aanbieding was uitstekend en Willie Oosthuizen en span was baie hulpvaardig

Elke person was so 'n voertuig besit moet die kursus bywoon

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:24:18 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 559
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek hoor hierdie jaar gaan daai Ford Adventure baie tuwwer wees as altyd.

 

Een van die ergste hindernisse is die sypaadjie by die Sandton shopping centre.

 

Die deelnemers het behoorlike slaaplose nagte oor hierdie toedrag van sake!! Sielkundiges sal egter op die dag van die byeenkoms beskikbaar wees vir die geknelde eienaars om daai senuwees te lawe.

 

Met die vorige kers geleentheid (adventure ekskursie) was hy 15cm hoog, die jaar is hy 25cm om dinge lekker deurmekaar te maak vir die Krismistrees en hulle eienaars.

Dekking sal gegee word aan die skitter geleentheid deur die Rooi Rose tydskrif en n volledige artikel sal in die glanstydskrif verskyn volgende maand.

 

Die gewaardeerde borge is Coty, Avrosleign en Hugo Boss for Her.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:32:33 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek het my 4x4 opleiding met n Jeep Grand Cherokee gedoen.

Amazing wat daardie outjie Kan reg kry op rowwe terrein

Beslis raai ek enige persoon aan wat n 4x4 besit om deur kundiges n crash coarse te kry

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:51:49 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Een ding waaroor niemand stry nie is die Raptor se sagteware opsies wat hom in 'n klas van sy eie sit waar geen ander bakkie ooit sal uitkom nie.  

Off-road modes: Mud/Sand, Grass/Gravel/Snow, Rock, and Baja – the latter dialling back traction control and upping throttle response for a bit of speedy fun.

Hierdie modes maak die net makliker om alles nog vinniger en beter te kan doen.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 13:50:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Een ding waaroor niemand stry nie is die Raptor se sagteware opsies wat hom in 'n klas van sy eie sit waar geen ander bakkie ooit sal uitkom nie.  

Off-road modes: Mud/Sand, Grass/Gravel/Snow, Rock, and Baja – the latter dialling back traction control and upping throttle response for a bit of speedy fun.

Hierdie modes maak die net makliker om alles nog vinniger en beter te kan doen.

Ja my broer het so Raptor en hy praat net met lof van daai tipper.  Hy het een of ander stuk pad tussen êrens en nêrens Desember die motorfiets trailer gesleep met sy GS op.  Hy het probeer verduidelik watse groot verskil daar is tussen die modus skakelings.

Hy sê beste is om maar daai BAJA self te experience.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 14:43:50 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 349
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ja, vir die wat net gewoond daaran is om n sypaaitjies te klim om te parkeer by die mall (maak nie saak van sy hoogte nie, die Ranger kan dit baasraak)  is dit nogal n moerse senuweeagtige gedoente om te gaan vir die training. Dit is n eye opener om te sien wat die bakkie regtig germaak is voor en wat hy kan doen.

Dis goed dat Ford hulle vat vir training. Nou sien hulle hoe stupid dit lyk as hulle dit doen en hopelik sal hulle nou in die parkeer area tussen die lyne parkeer.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 08:20:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek hoor hierdie jaar gaan daai Ford Adventure baie tuwwer wees as altyd.

 

Een van die ergste hindernisse is die sypaadjie by die Sandton shopping centre.

 

Die deelnemers het behoorlike slaaplose nagte oor hierdie toedrag van sake!! Sielkundiges sal egter op die dag van die byeenkoms beskikbaar wees vir die geknelde eienaars om daai senuwees te lawe.

 

Met die vorige kers geleentheid (adventure ekskursie) was hy 15cm hoog, die jaar is hy 25cm om dinge lekker deurmekaar te maak vir die Krismistrees en hulle eienaars.

Dekking sal gegee word aan die skitter geleentheid deur die Rooi Rose tydskrif en n volledige artikel sal in die glanstydskrif verskyn volgende maand.

 

Die gewaardeerde borge is Coty, Avrosleign en Hugo Boss for Her.

Lol ...wink

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 08:25:08 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 535
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek hoor hierdie jaar gaan daai Ford Adventure baie tuwwer wees as altyd.

 

Een van die ergste hindernisse is die sypaadjie by die Sandton shopping centre.

 

Die deelnemers het behoorlike slaaplose nagte oor hierdie toedrag van sake!! Sielkundiges sal egter op die dag van die byeenkoms beskikbaar wees vir die geknelde eienaars om daai senuwees te lawe.

 

Met die vorige kers geleentheid (adventure ekskursie) was hy 15cm hoog, die jaar is hy 25cm om dinge lekker deurmekaar te maak vir die Krismistrees en hulle eienaars.

Dekking sal gegee word aan die skitter geleentheid deur die Rooi Rose tydskrif en n volledige artikel sal in die glanstydskrif verskyn volgende maand.

 

Die gewaardeerde borge is Coty, Avrosleign en Hugo Boss for Her.

Frikkie twee rooi vlae vir jou as moeilikheidmaker.  innocent

Ek het nogal van jou humor gehou.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za