English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 116
Total Replies: 227 424
Total Views: 82 268 111
topics: 10 742
replies: 123 302
views: 38 802 162
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dakrak geraas

replies: 11
views: 424
01 Jul 2019 @ 07:13:44 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek oorweeg dit om n dakrak op die Wildtrak te laat sit.  Die een wat ek nou op het het ek self gemaak en werk baie goed maar, daar is n bietjie windgeraas. Ek gebruik die dakrak vir die extra spaarwiel of vir die rooftop tent as ons sonder die karavaan weggaan. En die een op die kappie vir goed soos n highlift jack, recovery tracks, hout, ens. 

Ek het nou al na baie soorte gekyk, maar die vraag is watter een het die minste windgeraas. Ek oorweeg die Frontrunner dakrak, maar sal waardeer as daar van julle is wat kan teregvoering gee op n dakrak wat nie windgeraas probleem het nie.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 08:27:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het ook 'n Dakrak vir my self gemaak met Aluminium Rectangular en Square tubing.   Ek ondervind ook die wind geraas maar neem verlief daarmee vir die kort tye wat ek dit gebruik.

Het ook gevind dat as daar deurgaans iets aan die voorkant op die rak geplaas word verander dit die lugvloei om die rak en is hy stiller.

Ek verwyder die rak as ek dit nie letterlik gebruik nie.

Het selfde een vir my broer gemaak. Hy is 'n spoed vraat en het toe besluit op die Frontrunner en tans baie gelukkig met hom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 09:09:10 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek is oortuig n dak rak sal altyd n wind geraas gee ongeag wie dit vervaardig het asook jou brandstof verbruik benadeel

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 13:22:04 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hy raas maar, al doen jy wat. Baie kere is dit die wind wat ONDER-deur die rak waai wat so raas omdat die bagasie geneig is om die wind te sprei. Ek het al gesien dat mense 'n aluminium-plaat aan die voorkant sit wat doelgamaak-gebuig is om die wind te deflekteer. Dis ook nie so dat wind wat noodwendig van VOOR af kom die lawaai veroorsaak nie, ek het al 'n sterk wind van die kant af gehad wat 'n ernstige song kan sing.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 16:30:06 pm
Klaasvakie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 14 Nov 2013
Experience: 69 years

Ek het n paar jaar gelede n Honibal dakrak laat opsit. Hy het gehuil dat n aardigheid was. Dit het gewerk soos n panfluit. Toe begin ek eksperimenteer. Die dakrak het gleuwe in die bo en onderkant waaraan jy allerhandegoete kan vasmaak. n 20 mm tuinslang in die lengte oopgesny en om die rant van die rak met kabelstroppe vasgesit en weg is die geluid. My nuwe Hilux het net twee dwarsrakke Thule. Dit huil soos n "diff hum". Veral as die wind reg van voor is. Gedink na laestrek 4x4 in die Ooskaap het ek iets gebuig. Toe verander die windrigting en diff hum nie meer nie😊. Ek dink jy gaan altyd n windgeraas hê. Wees bereid om wat jy ook al opsit stil te maak. Ek het al gedink om n aluminium pyp in die lengte deur te saag en die ronding na voor vas te sit. Sterkte!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 17:26:04 pm
Desmond
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 39 years

Frontrunner has an optional plate that closes the gap between the vehicle roof and roof rack. This reduces the wind noise drastically.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 18:02:28 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4161
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek het geen ondervinding van 'n dakrak nie maar wel gesien hul maak gebruik van seksies soos 'n vliegtuig vlerk om drukking te veroorsaak en die dwarstukke te verhoed om windstrome en geraas te skep. Kyk maar via google wat sekere vervaardigers getoets het. Dit kan ook raadsaam wees om bv op die 4x4 forums dieselfde vraag te vra en ek is seker jy sal baie goeie antwoorde kry. Daar is 'n magsom van ondervinding onder die lede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2019 @ 21:32:21 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Ons het 'n Front Runner dakrak.  Met daktent, ammo kiste en spaarwiel, raas hy een manier. As ons sleep sonder daktent, raas hy op ander manier. Dit gee egter rustigheid, want as hy nie reg raas nie, is iets verkeerd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 07:39:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hy raas maar, al doen jy wat. Baie kere is dit die wind wat ONDER-deur die rak waai wat so raas omdat die bagasie geneig is om die wind te sprei. Ek het al gesien dat mense 'n aluminium-plaat aan die voorkant sit wat doelgamaak-gebuig is om die wind te deflekteer. Dis ook nie so dat wind wat noodwendig van VOOR af kom die lawaai veroorsaak nie, ek het al 'n sterk wind van die kant af gehad wat 'n ernstige song kan sing.  

Stem saam.  Ek het 'n plaat laat buig en dit aan die voorkant van die dak rak vasgesit.  Dit het die klank basies net verander na 'n ander toon toe.

Het die plaat omgedraai minder lawaai maar steeds daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 07:41:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

O ja het gevind dat hy verseker minder raas hoe verder jy hom na agter toe plaas.

Maar die dak stutte laat ook net soveel toe.  So weereens is die lawaai minder maar dis steeds daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 07:41:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13706
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

O ja het gevind dat hy verseker minder raas hoe verder jy hom na agter toe plaas.

Maar die dak stutte laat ook net soveel toe.  So weereens is die lawaai minder maar dis steeds daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2019 @ 12:13:49 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1472
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Het dakrak op my Defender gehad. Met of sonder vrag op het hy nie juis geraas nie. Was ook square tubing van Frontrunner daardie tyd.

Die reëling op die rak het egter net tot in die helfte van die rak geloop. Hy was dus 'oop' voor.

Ek vermoed die rede hoekom hy nie hoorbaar geraas het nie is tweëerlui:

  1. Die Landy kon nie genoeg spoed maak vir die dakrak om te raas nie Tdi300 enjin
  2. Die enjin se geraas wat ons aan gewoond was, was te hard om die dakrak se raas te hoor.

Of dalk het die dakrak regtig nie eintlik geraas nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required