Moet die opligdak se suier gedeelte[skokbreker] aan die onderkant wees of aan die bokant ?
Myne is die suier gedeelte tans bo soos van die fabriek maw "onderstebo" ?
Wat se die kenners of maak dit nie saak nie.
Ek let op my beekmankappie is ook "onderstebo" ingesit
Die blink staal rod moet onder wees en die silinder bo, sodat die seel tussen rod en silinder heeltyd n olierigheid teen hom het binne. So hou die seeltjie langer en dan natuurlik die gaslifter sy druk
Toe Sprite in 1984 vir die eerste keer sulke dakligters gebruik het, het hulle dit- of minstens sommiges- verkeerd om gemonteer, met ander woorde met die silinder onder. Soos Leon verduidelik, toe kon die olie nie help om die seël dig te hou nie, en myne het vinnig ingegee en ek moes dit op eie koste vervang. Ek dink die verwarring het gekom omdat skokbrekers met die silinder onder gemonteerr word.
Dankie, Leon dit maak sin