Ek weet hierdie tema is al bespreek, maar ek dink dis nodig om dit op n meer-ernstige manier aan te spreek. Ek dink (en nou gaan ek baie mense kwaad maak) dat daar selfs oorweeg moet word om staanplekke vir karavane met badkamers te verander en spesiaal moet toeken om riool-koppelpype te hê. Dan kan daardie karavane op spesifieke plekke staan, al betaal hulle meer vir hulle staanplekke.
Ek het weer die afgelope vakansie gesien hoe mense vir n maand staan (naby die geriewe-blok) en elke dag twee keer binne-in die karavaan stort. En die water loop eenvoudig onder die karavaan uit. Dit grief my om die reuk na n ruk te ervaar. En wanneer hulle uiteindelik vertrek los hulle n groot modder-poel agter vir die volgende kampeerder.
Hierdie is n algemene konsep oorsee, ook in Australië, waar jy n koppelpunt het vir jou karavaan.
Karavaan-vervaardigers in Suid Afrika, lyk dit my, spandeer GEEN aandag aan die gevolge van afvoer-water nie. Solank hulle karavane kan verkoop is hulle gelukkig.
Ek kon ook nog nooit verstaan waarom mense KAMP en in n karavaan stort wanneer plekke soos die Kruger die pragtigste en netjiesste geriewe-blokke het nie. Baie mense vertel hoe hulle gaan KAMP en dan neem hulle ALLES in die huis, behalwe die sitkamerstel, saam. Dis asof die goeie ou kampeerders vervang word met "soft" campers.
(In ons karavaan het ons n Porta Potti, want ek hou nie daarvan dat Bekkie Bokkie Baby snags na die geriewe-blok moet stap nie.)
Stem absoluut met jou saam. Hierdie is 'n probleem met sommige lang staners - dieselfde ondervind by 'n vorige kamp waar die aflooppyp ewe netjies (!) direk langs die paadjie na die ablusies gepas is - groot gemors in die paadjie vir die ander kampeerders wat die paadjie moet gebruik.
Tydens 'n ander kamp was die gemors so groot (kampeerders wat seker al 6+ maande daar staan) dat die area om hulle soos 'n vleiland gelyk en geruik het .....
Ek besef dat moderne karavane baie geriewe het, en (soos in een van ons persoonlike vriende se geval) dat die stort wel deur die dame gebruik moet word, maar dan moet daar voorsiening gemaak word vir hierdie gryswater se afloop.
Ons laaste besoek aan Manyane het ons n staanplek buite die sirkel gehad. Gevolglik moes ons van daai paadjie gebruik maak wat tussen staanplekke loop om by ablusies te kom. Langs daai paadjie het n ou met n Mobilodge gestaan wat sy vrot water ook net so laat uitloop het op staanplek en het oor die paadjie geloop waar ander kampeerders deur moet loop om by badkamer geriewe uit te kom. Mense moes later deur iemand ander se staanplek loop net om hierdie vieslike water plasse te vermy wat in paadjie lê.
Dis vir my net n geval van "Het nie respek vir mede kampeerder nie"

Laasjaar by Weesgerus staan ons bure met sy Swing op die paving. Hulle gebruik daai binne wasbak om hul tande te borsel. Daai wit plaak water loop buite teen wiel af op paving. Toe hulle vertrek is daar so n groot wit tandepasta kol op die paving. Ag nee, sies man.....
Ek voel ook soos jy, Danie. Kampering is iets anders as om 'n goed toegeruste woonstel saam te sleep. Maar dis maar ek (en jy). Daar is ook kampeerders wat van die romantiese idee van kamp hou, maar nie van die werklikheid nie. En mense, veral langstaners, wat op allerhande maniere insluitende plastiekseil, hulle kamp vergroot dat dit uiteindelik soos 'n makuku (plakkershut) lyk, is vir my nie kampeerders nie maar plakkers. En niks teen langstaners nie. As jy by Eiland gaan kampeer, sien jy dat die oorgrote meerderheid langstaners regte kampeerders is wat kampeer omdat dit vir hulle lekker is en hulle mede kampeerders en hulleself, respekteer. Ons het onlangs vir 'n paar dae by Dibiki buite Mosselbaai gestaan waar die meerderheid kampers langstaners is en die terrein is sonder uitsondering uiters netjies. Dis seker maar 'n geval van wat Bestuur toelaat of maar laat gaan.
Fred jy se wat ek wou se
As jy jou eie geriewe, wat jy gekoop het, will gebruik doen dit met konsiderasie vir jou mede kampers. Dit geld vir alles wat jy op jou staanplek doen. Probeer jou bess om nie jou buurman aanstoot te geë of te pla nie. Dit geld vir geraas maak, te naby te kamp, veltie te vang! of jou skottlegoed of badkamer water bloot op jou staanplek te stort nie.
Wees bedagsaam!!
Ek glo ook...as jy te veel fiemies het, moet jy nie na n' publieke plek, soos n' woonwa park of n' Hotel gaan nie. Bly liewer tuis.
Ek stem saam. Die laaste ding wat ek wil ruik is tandepaste gemeng met ou seep water. Dit vat n lang tyd om weg te gaan. Regtig belaglik.
Die oplossing is om die gryswater in 'n houer te laat loop en dan in die drein te gaan afgooi. Mense is egter te lui daarvoor. As dit te swaar is kan 'n trollie gebruik word. Ons gebruik die kassettoilet in die karavaan maar nie die stort nie.
My van has it's own grey water tank, which I then go and empty. I also have a long pipe and if there is a drain pipe suitable then I connect to the drain. No water running out under the van.
Saw an interesting solution once at Dune Park. A flat hose , maybe 6m long with hundreds of little holes all along.
So sign of any pools when they left, actually no sign of any water having flowed out at all....
But the odor will still linger. It is perhaps better than creating mud pools, but still not ideal.
Die voorlaaste keer toe ons by Manyane gestaan het het 'n groot BMW met 'n dubbelwiel langs ons aan die bokant van die afdraende kom staan, en die eerste keer toe hulle stort toe loop hulle stortwater onder ons stoele onder ons rally deur ondertoe.
Ek beduie toe vriendelik vir hom dat dit kwaai vriendskap gaan veroorsaak indien dit weer gebeur. Ons praat van so 10 jaar gelede toe ek nog meer van 'n dapper muis was. Hy vra toe wat ek sal doen, en ek beduie dat ek sy krag draad dalk per ongeluk met my graaf op 'n paar plekke kan afspit wanneer ek die riool sloot grawe. Na 'n argument tussen hom en sy vrou omdat sy weier om in die ablusie te stort het hulle opgepak en gery.
By nabetragting het ons en die bure aan beide kante besluit die fout lê nie by die ou wat weg is of sy vrou nie, en natuurlik allermins by my, maar by die kamp owerheid wat voorsiening moes maak vir karavane met stort geriewe sonder swartwater tenks, of die gebruik van so 'n stort te verbied. 'n Maklike oplossing vir die probleem lê by die staanplek toegekenning wanneer die topografie in gedagte gehou moet word om wegloop water te kan akommodeer.
Dit was meer as tien jaar gelede, en sover ek weet is dit nou nog die ergste bron van onmin met jou bure.
Dieselfde geld vir die ou wat in die aand langs die karavaan urineer of die vrou wat die vuil skottelgoed water teen die boom uitgooi
Sou nice wees as karavaan vervaardigers standaard so n houer saam gee met karavane wat stort of ander grys water uitlaat punte het
Sou nice wees as karavaan vervaardigers standaard so n houer saam gee met karavane wat stort of ander grys water uitlaat punte het
Enige raad met die ou wat moet pie-pie?
Darm het ons n oplossing en stort in die wa.
Hoef nie met plakkies te gaan stort en die ou langsaan te hoor hoe hy sy neus blaas nie.
My badkamer is skoon en geen kind het hom vuil gelos nie.
Mag ek hom nie gebruik by n kamp nie, gaan ek nie daar kamp nie
Jare gelede in Punda Maria was daar een van die Duitse busse met 'n dubbeldekker sleepwa waarin daar sulke poshokkies (pigeon hole) slaapplekke vir die reisigers is. So 'n rooi bus, en dink julle het dit al gesien. Dit is vir toeriste uit Duitsland. Die besttuder of wat ookal, het 'n groot pot vol een of ander loperige geel iets vir aandete gekook. Dit kon nie te lekker gewees het nie, want hy het na die tyd amper die helfte van die brousel TEEN 'N BOOM UITGEKRAP! Ons het werklik beter maniese van die Duitsers verwag.

Das rollende hotel
Nie eers te praat van hoe lyk die ablusies na die klomp daarin was nie.
Die konsep was ontwikkel vir toeriste met klein begrotings. Baie lanklaas een van hulle in Kruger gesien. Seker te danke aan covid.

Jip. Dieselfde ervaar. Ons het hulle 2x raakgekamp by Karridene. Nie baie vriendelike mense gewees nie, geen skaamte hoe hulle badkamers toe loop en binne in badkamers hul gedra nie. Ook baie vuil as hulle almal eers die geriewe gebruik het. Gelukkig beide kere net 1x aand elk gewees, dan ry hulle weer
Solos Jin stort ons nie in die publieke storte nie. Ons stort in ons woonwa we stort. Bygese said die kamp water te vrot is om te drink hou ons die aangeryde woonwa water vir drink en kos maak. Dan stort ons in die publieke stort. Ons doen ook net no 2 in die publieke ablusie.
Die gryswater gaan met ń pyp na die naaste boom of storm water afloop drein. As dit nie moontelik is nie het ons ń 20 liter plastiese houer wariness dit gevang word en dan per hand weg gegooi word. Ons het nog nooit slegte reuk ondervind nie. Maar ons staan ook nie meer lank op een plek nie.
Ek het al 'n paar honderd rand spandeer op verskillende soorte en lengtes pyp om die grys water weg te voer.
Soms is jy gelukkig om 'n staanplek soos by Manyane te kry waar jy die grys water kan uitlei by die kraan.
Ander staanplekke is dit 'n probleem met die "topografie" waar afloop 'n probleem is. Dan moet die emmer maar werk.
Oorde sal regtig aandag moet gee om waens met eie storte te akommodeer, maar soos baie oorde sukkel om te oorleef of bestuur geen kamp ondervinding het nie, sal die probleem van grys water maar altyd 'n teer puntjie wees.
As ek nou eerlik moet wees is hierdie net 'n probleem vandat karavane storte begin kry het.
Toe ons in die sestigs die eerste keer 'n Jurgens gehak het agter ons Peogeot 404 het die opwasbak se water bloot net onder uitgeloop, en geen haan het ooit daarna gekraai nie. By gesê, die water wat daar uitgeloop het was so min, dit het skaars onder die karavaan uitgeloop. Meer as vyftig jaar later en ons wasbak werk nog op dieselde beginsel.
Terloops, daardie karavaan het destyds nog gas lampies binne gehad het wat van 'n groot 9 kilogram gas bottel op die disselboom gevoer was. Die yskas het net vanaf gas gewerk. Ek kan my ook nie herinner dat ons met daardie karavaan ooit by 'n plek gekamp het waar kragpunte na staanplekke aangelê was nie. 'n Ander lekkerte was die reuk in die kamp. Almal het vroeg aand vuur gemaak, want dit was die erkende kamp kook manier toe gas gedoentes nog skaars was en hoofsaaklik vir beligting gebruik was.
Hierdie draad herinner my aan die oupa wat die eerste keer by sy kinders in die stad kom kuier het. Hy merk toe op dat dinge anders is as op die plaas, want op die plaas eet hulle binne en maak buite toilet, terwyl daar in die stad buite ge-eet word en binne ge-toilet wprd.
Ek het al 'n paar honderd rand spandeer op verskillende soorte en lengtes pyp om die grys water weg te voer.
Soms is jy gelukkig om 'n staanplek soos by Manyane te kry waar jy die grys water kan uitlei by die kraan.
Ander staanplekke is dit 'n probleem met die "topografie" waar afloop 'n probleem is. Dan moet die emmer maar werk.
Oorde sal regtig aandag moet gee om waens met eie storte te akommodeer, maar soos baie oorde sukkel om te oorleef of bestuur geen kamp ondervinding het nie, sal die probleem van grys water maar altyd 'n teer puntjie wees.
Petrus, ek het begin met swembad creepy pype. Hulle is lomp/groot en is mooilik om skoon te maak. Toe het ons 50mm Marley wit pyp probeer. Maak maklik skoon maar bly lomp en swaar. Nou gebruik ons 6 meter deursigtige (invisible!) 20mm, dik wand, pyp. Ek het die 6 meter in helfte gesny so dat ek een lengte of twee lengtes kan gebruik soos benodig. Die deursigtige 20mm pyp werk die beste. By Chamberlands gekoop. Dit druk maklik oor die stort uitlaat.
Met COVID het die privaat stort en toilet meer populeer geword. In die verlede was dit mooilik om die PP gemikaalie te kry. Nou is dit in meeste woonwa park winkels. Tot in die Wiltuin se Park Shop is dit nou beskikbaar. Ons sien ook meer porta pottie geriewe by die ablusies. All die kampe in die Wildtuin het nou n' porta pottie dump plek. Kyk en vra en julle sal hulle kry. Moet nie in die publieke toilet leeg maak nie.
Einste Paul, ek het by die Kaap Agri in Hermanus ook 6m van daai pyp gekoop en ek dink dat die kontrepsie die ding gaan doen. Hy loop glad uit - geen terugstoot en die pyp maak maklik skoon, rol klein op ook.
Vir die lass in my pyp gebruik ek n' kort stukkie swart besprooiings pyp wat buite oor gaan. Dan is daan geen vernouing by die lass nie. Die pyp moet well afdaand loop.
Ons het ń paar jaar gelede by Koppisol gestaan waar die manne alle krane akkommodeer het vir hulle storte.
Hulle was so selfsugtig en my staanplek se kraan ook gebruik.
3-Jaar gelede by Weesgerus trek mense met ń Swing in.
Op sirkel 4 is daar ń gesamentlike kraan vir 3-Staanplekke.
Lyk my "Niks Gewoont" het nie gedink aan mede kampeerders nie en eenvoudig sy tuinslang uitgehaal, gekoppel na sy karavaan.
Duidelik kon jy sien hulle was "1st Timers" met ń nuwe en eerste karavaan.
Ek het eenvoudig die tuinslang ontkoppel en gebruik gemaak van die kraan sonder om sy tuinslang terug te koppel.
Daarna het ek "Vreeslike" vuil kyke gekry.
Tans gebruik ons snags ook die Porta agv oorvloed slange met al die reen.
Ons het ons eie badkamer wat 1mt vêr van die wa is, maar bly eerder aan die veilige kant snags, veral as jy nag blind is.
In ons Penta gebruik ons eens nie die gesig wasbak nie en daarom het ek die pompie ontkoppel en 25lt kan verwyder.
Paul "mulderpm" vra mooi mens moenie die PP in die toilet uitgooi nie .....
Ons staan Desember maand by Soetdoring (wat NIE 'n spesifieke PP wegspoel fasiliteit het nie), so almal (?) het maar die potjies in die toilette afgespoel. Maar, die ergste van alles was hierdie Omie (???) wat die PP toe in die een wasbak skoonmaak!!!🤑.
Ek het hom skerp aangespreek waarop hy ewe verontwaardig van my wou weet waar hy dit dan moet doen. Toe ek hom (vriendelik) verwys dat hy die ding met water moet vul by een van die krane buitekant en dan weer in die toilet kom uitspoel, vra hy so ewe: "Besef hoe jy hoe ver ek moet lóóp om dit te doen?" terwyl hy ewe kalm aangaan met sy "skoonmaak" werk!
Onnodig om te noem dat ek vééér draaie om die wasbakke geloop het daarna!!
Nee, sommige kampeerders het werklik BAIE om te leer wat maniere, ordentlikheid en om ander-in-ag-te-neem aanbetref. Net so terloops, nee, hierdie was nie 'n nuutjie nie, maar 'n langstaner ..............
Ek het die saak aan die bestuur oorgedra en hoop maar hulle sal by ons volgende besoek gehoor gegee het aan dié sakie.

By Soetdoring is ń Porta skoonmaak plek.
Dit is reg onder die hoof badkamers, oorkant die "Genie".
Afgesien daarvan: Hier by ons was ń ou en sy vrou wat erg "Gegooi" het.
Hulle het 2x Stook masjiene en "Stook" die heeldag deur.
Saans was hulle so "OM" dat ek somtyds gewonder het of hulle in Limpopo, MP ens.. is.
Dit wil vir my voorkom dat daardie "Mengsel" goed is vir ń harde maag.
Die ou het blykbaar sy Porta gaan skoon maak in die familie badkamer en die bruin/swart net so gelos het in die bad.
Bestuur het hom gevra om kennis te gee en pad te vat.
My ondervinding van " DRONK EN GEEN RESPEK" kampeerders.
Toe ons Januarie by Punda Maria gekamp het was daar n man wat sy porta 2 keer gaan dump het in die enigste mans toilet wat daar is. Dit het so gestink dat almal wat ingegaan het net weer so omgedraai het. En dit in die dag. Dit was n walglike reuk wat jou oe laat traan. Nou hoekom moet ons daardie stank beleef omdat hulle te lui is om badkamers toe te loop?
Gerden!!!! Ooooo jechgg! Ek word sommer naar! Nee o alamagtag! In watter kamp is DIT gewees? Ek sal NOOIT daar gaan kamp nie.
Ek weet ek kan dalk nou hewige reaksie uitlok ,maar dit is hoe ek dit sien .Ek gebruik nie my toilet in my karavaan my vrou gebruik dit wel, maar SLEGS VIR NR 1 GLADNIE NR 2 wat my aanbetref n persoon wat n karavaan toilet vir Nr 2 gebruik ,moet gladnie kamp ,hy moet by sy huis bly .Kyk, maar die persoon wat dit vir Nr 2 gebruik dit is hulle wat daai pota leegmaak plekke bemors, want ek dink dit moet baie moeilik wees om daai gemors skoon temaak .Die probleem is net ,nou belas hy ander kampeerders met sy lui heid, want dit is niks anders, jy moet kan ablusie toe loop vir Nr 2anders moet jy kamp vaarwel toe roep ,en klaar .
So wat sê jy vir ons Jin? Waar loop jou water uit?
Darm het ons n oplossing en stort in die wa.
Hoef nie met plakkies te gaan stort en die ou langsaan te hoor hoe hy sy neus blaas nie.
My badkamer is skoon en geen kind het hom vuil gelos nie.
Mag ek hom nie gebruik by n kamp nie, gaan ek nie daar kamp nie
Vertel vir ons dan waar gaan jou water dan heen? Hoe voel jou buurman daaroor?
Ons gebruik graag ons stort in die winter of as dit reën - ook in veral die Covid-tyd is dit ons voorkeur gebruik. 'n Ware kampeerder sal ALTYD sy mede-kampeerders respekteer en in ag neem sonder om aanstoot te gee. Ons stortwater word soos hieronder in 'n 20 liter drom opgevang en in 'n drein geledig. As die drein te ver is, stoot ek dit met 'n trollie tot by 'n drein.
Die ideaal is natuurlik om nie 'n chemiese toilet vir anders as urineer te gebruik nie, maar wees maar versigtig vir kwetsende kommentaar as omstandighede dit anders vereis. Ek glo 'n mens sal anders daaroor dink as jy kolon-kanker het en die grootste deel van jou kolon verloor het. Ek sorg dat ek ons chemiese toilet daagliks skoonmaak en ook dat dit geen ander kampeerder aanstoot sal gee nie.
Dit is mos nie die oord se skuld .Of is ek verkeerd .Dit is n mens wat absoluut geen respek.vir homself en sy mede kampeerders het .
Lennie. Ek glo om bedagsaam te wees en te lewe saam met die anderse kampers. Hulle het hulle eie behoeftes en dit is nie altyd die selfde as myne nie. "You can not please everyone all the time."
Wees Bedgsaam.
Daar is 'n idioom wat lui: "Nice people are stepping stones for others".
Daar is ook 'n uitdrukking wat lui "Nice guys come second".
Tog snaaks hoe vinnig mense wat ander se verdraagsaamheid misbruik hulle houding verander wanneeer hulle sien hulle gaan aan die kortste ent trek.
As ons alleen eenkant staan grawe ek n gat redelik diep so 500cm.
Laat my pyp van 6m tot daar, sit n deksel op en gooi dan grond oor.
Kan dit nie werk nie, loop dit in n 25 lt kan wat op sy sy lê soos Leon wys en maak na elke stort leeg, kan werk ook by opwas wat ek n pyp in het met stottelgoed was.
Dit neem verantwoordelikheid en geduld in hande.
Maw 300 x 300 x 500
Dis hoe ons in opleiding en oorlog jou toilet in die loopgraaf gedoen het.
As ons alleen eenkant staan grawe ek n gat redelik diep so 500cm.
Laat my pyp van 6m tot daar, sit n deksel op en gooi dan grond oor.
Kan dit nie werk nie, loop dit in n 25 lt kan wat op sy sy lê soos Leon wys en maak na elke stort leeg, kan werk ook by opwas wat ek n pyp in het met stottelgoed was.
Dit neem verantwoordelikheid en geduld in hande.
500 cm is vrek diep. Hoe kom jy tot onder? :-)
Dennis, jy kan my met die spreekwoordelike "nat vis" klap .... nie geweet dat Soetdoring wel 'n toegewyde PP put het nie. Eienaardig dat ek, soos genoem, dit aan Andrea uitgewys het dat so 'n fasiliteit brood nodig is en dat sy (blykbaar??) ook nie bewus was hiervan nie.
Maar, dankie, dit laat my nog méér van Soetdoring hou!!
En waar steek jy die grond weg wat jy uit grawe. Ek sou dink die bure kan dalk wonder of jy nie die een of ander onhebbelikheid daar begrawe het nie, soos bv. jou skoonma wat ewe skielik nie meer verder saam met julle kamp nie.
🤠🤠🤠
Daar was n' tyd geduurende water beperkings dat mense hulle grys water by hulle huis op die gras laat uitloop het. Maar hulle kamp nie daar nie.
Jin jy is n' fikse man.
Ek het dieselfde gevoel oor gate grawe as oor mense wie nie hulle gryswater na behore hanteer nie.
Jy grawe 'n gat vir afval water of 'n vuur, gooi hom netjies toe as jy ry.
Nou kom ek of Koos kamper daar aan, weet nie van die gat nie en ry met my movers die jockeywiel in jou gat in. Nou sit ek met die skade as hy buig, of met die moeite om hom uit die gat uit te kry.
Jin, dis nou nie teen jou gemik nie, maar die gat grawery en gryswater uitlopery op of by jou staanplek maak dit onmoontlik vir die volgende kamper om die staanplek te gebruik soos hy wil.
Dit gaan maar weereens oor wedersydse respek en in ag neem van jou mede kampers.
Mense het ongelukkig ophou dink vandat hulle nie meer respek vir ander geleer is nie.
Nou vir nog n' petalije. Ons stort saam, in die woonwa. Sal die kamper oor die straat in Letaba my nie kom aanvat daaroor nie. Hy sê.... sy buurman nogal...het by hom kom kla dat hy ons silouette kan sien deur die frosted venster. Maar sy kar staan toe skielik tussen hom en die venster geparkeer.
Ek lag my dood. Kyk elders as dit jou pla. Sy vrou het hom seeker belet om te kyk.
Alle mintag Paul, óf jy en vroulief is klein gebou óf jou woonwa stort is groot!!!! Om julle altwee te kan huisves ten aanskoue van die res van die kamp (eintlik kan jy kaartjies verkoop bygesê) ....... is ongelooflik!
Tydens die afgelope karavaanskou het ons reeds genoem dat die storte so klein is - selfs die wat die toilet ook insluit tydens die stort - dat mens moeilik sal kan draai ........
Dennis, jy kan my met die spreekwoordelike "nat vis" klap .... nie geweet dat Soetdoring wel 'n toegewyde PP put het nie. Eienaardig dat ek, soos genoem, dit aan Andrea uitgewys het dat so 'n fasiliteit brood nodig is en dat sy (blykbaar??) ook nie bewus was hiervan nie.
Maar, dankie, dit laat my nog méér van Soetdoring hou!!
Ons het daar gestaan vir bykans ń jaar.
Omrede ek nie sommer ń PP gebruik nie het hulle my eendag gevra om die Genie aan te skakel na ń meganiese probleem en toe merk ek dit eers op.
Die rede hoekom Andrea nie bewus is daarvan nie, is dat sy redelik siek was teen daardie tyd agv geweldige druk en baie dinge vergeet het.
Ongelukkig is dit ń "Inhouse" storie waaroor ek nie wil verkondig nie, maar wees gerus daar is ń PP skoon maak plek.