Ek het opgegradeer en die nuwe explora laat installeer. Die nuwe dekodeerder in die Tv kamer met n nuwe "smartcard"
Dan is die ou dekodeerder met die ou "smartcard " in n tweede vertrek. Nou wil ek gaan kamp en n dekodeerder saam vat. Watter een vat ek saam met watter smartcard sonder om die hele konkoksie uit te stel.
Ek wil graag die ou dekodeerder en smartcard saam vat. Wie het al gesukkel met die probleem en wat se raad is daar.
Die nuwe dekodeerder wat jy gekry het is dit n Explora of HD dekodeerder .Jou ou dekodeerder watse dekodeerder is dit .Het jy dualview ?
Ok jammer sien die nuwe is Explora .Jy vat jou Primary decoder saam .Onthou net as dit jou Nuwe Explora is moet jy n samart LNB ook saamvat en hier sal ek voorstel vat n 4 poort LNb saam hy stel maklik in .Die 2 poort smart LNB is altwee poorte UNI kabel poorte hy het gladnie n Universal poort wat jy moet gebruik vir instel .Die 4 poort het wel n Universal poort .
Jy kan jou ou dekodeerder ook saamvat maar as hy nie die primary dekodeerder is skakel net Multichoice en sê jy gaan kamp en vat ou dekodeerder saam hulle moet hom net jou Primary maak dws as hy nie is .As jy weer by die huis is skakel weer net Multichoice en sê hulle moet weer jou nuwe Explora jou Primary maak ,en jou ou Dekodeerder jou Secondary.

Dankie vir die inligting Willie. Sal die ou een vat want ek het nog die single lnb op my kamp dish
Kan regtig nie bekostig om ons bokke se game te mis teen die all blacks
Ek het opgegradeer en die nuwe explora laat installeer. Die nuwe dekodeerder in die Tv kamer met n nuwe "smartcard"
Dan is die ou dekodeerder met die ou "smartcard " in n tweede vertrek. Nou wil ek gaan kamp en n dekodeerder saam vat. Watter een vat ek saam met watter smartcard sonder om die hele konkoksie uit te stel.
Ek wil graag die ou dekodeerder en smartcard saam vat. Wie het al gesukkel met die probleem en wat se raad is daar.
Ons het dieselfde stelsel en met ons Mei vakansie slaapkamer dekodeerder saamgeneem.
Wat 'n gesukkel om die mense by multi choice te laat verstaan om stetsel te verander. Het later opgegee en alles gelos. Terug by die huis was dit letterlik ure op die telefoon om alles weer reg te kry.
Dink nou daaraan om nuwe dekordeerder met aparte kontrak te kry net vir vakansies.
Ek het nog nooit gesukkel mens moet net vir hulle die nr van jou dekodeerder gee en simkaart nr en sé dan net hulle moet hom vir jou verander na jou Primary as hy nie is, ek glo in jou geval is hy die secondary .Hulle verander dit dan so en as jy weer by huis kom bel net weer en hulle verander hom weer terug .Jy kan ook as jy by vakansie plek aankom en alles reg het net voor jy instel,bel hulle sommer vandaar af .As jy nie so op hoogte is van installasie by huis merk jou drade soos jy uithaal om net weer so terug tesit .Dit is baie maklik ek het die omsakakeling al baie laat doen sonder enige probleme .
Ek neem die laptop saam en kyk die rugby as daar nie by hul kantien n tv is nie.
Jy kan op hulle web in gaan en dan "online" met hulle praat, baie makliker.
Ek het vir my een van daai nuwe klein dekodeerders gekry wat nie 'n sim in het nie. Hom geregistreer as die "Holiday" een. Met die online chat sê ek hulle moet die twee by die huis afsit en die holiday een aan sit, geen ekstra koste.

Dankie Willem, dit is wat ek gaan doen. Minder probleme.
To avoid signal problems leave the Explora at home. Take already registered old single decoder with. Contact DSTV to activate the decoder at camp. DSTV will ask if you want to deactivate Explora at home. If yes then transmission will be diverted to the camp decoder at no cost. All this can be done online by yourself by logging into DSTV.
Ek het ook 2 exploras hier by die huis. Ek het ook n PVR 2 dekodeerder waarmee ek gaan kamp. Ek bel net Multichoice en skakel die huis af en skakel die PVR 2 aan en met die terugkom andersom. Nooit n probleem nie.
Wil jy hom by Dolphin gebruik John?
Ek het altyd twee van die klein dekodeerders gehad. Hoof een in die huis en ander sekondere een in die lapa vir Ekstra view.
Met lang vakansies het ek dan die Lapa een gevat en hom as 'n holiday paket geaktiveer.
Later ook 'n explorer gekry en toe een van die klein dekodeerders konstand op die holiday paket gehad.
Terloops my vrou lees op news 24 dat DSTv weer hulle rates op die pakette verlaag het.
Duidelik verloor hulle baie kliente weens die hoë tariewe en selfde films en programme oor en oor.
Terloops my vrou lees op news 24 dat DSTv weer hulle rates op die pakette verlaag het.
Duidelik verloor hulle baie kliente weens die hoë tariewe en selfde films en programme oor en oor.
Teen vanaf R809 per maand vir premium is hulle steeds besig om n sekere groep mense te melk....mense wat hou van rugby, krieket en golf. As jy n sokker fan is kan jy wegkom met n appel en n ei
Teen vanaf R809 per maand vir premium is hulle steeds besig om n sekere groep mense te melk....mense wat hou van rugby, krieket en golf. As jy n sokker fan is kan jy wegkom met n appel en n ei
Dit is wat my kwaad maak. Die masses kan lekker sokker kyk op goedkoop pakket.
Ja dis waar. Maar dis maar my en jou opinie Geert. Vir mense wat ander programme ook kyk is dit steeds die moeite werd. My skoonouers is nie meer so mobile soos altyd nie en as mens die DSTV weg vat het hulle niks meer vir hulle self nie.
We have the explora and and older explora as the main dual view at home. We then bought the small decoder (about R500+) and registered that as our Holiday decoder. We only activate it when we go away and want to use it and we pay by the day. We deactivate the day we leave. There's also the option of tablets and laptops by logging in to your DStv account and streaming live but data charges to watch a match or two would be astronomical compared to what you pay DStv per day to activate the decoder.
Shaz, agree. Apart from the data costs when using streaming on a laptop or tablet, there is the possibility of weak signals like in the KNP. I activate a holiday home decoder on the DSTV self-service website by means of a start and end date for the period we are using it. . I don't need to phone anyone.
Regards
Het self twee van die kleiner dekodeerders, ene as Holiday Home geregistreer en die laat ek net aanskakel as ons kamp en los die hoof ene aan vir mense wat by die huis bly. Die vakansie ene kos net ietsie per dag ekstra. Die laaste klompie jare sonder probleme gewerk. Tot die maand. Bleddie Dstv het nie my aftrekorder soos gewoonlik op die 7de geprosesseer nie, laas Dinsdag gebel om uit te vind wat gaan aan en hulle reken my aftrekorder datum het verander na die 20ste van elek maand, maar hulle weet nie hoekom dit verander is nie. My vertel ek hoef nie bekommerd te wees nie alles sal weer op datum wees die 20ste. Saterdag kry ek toe SMS om my in te lig dat ek nie betaal het nie en dus word my diens gestaak. Maar as ek R388 ekstra betaal vir heraansluiting sal hulle dit weer aanskakel. Nodeloos om te sê dat ek hulle in hoog-Hollands vertel het wat ek daarvan dink...."no problem sir we will immediately switch it on again and fix your debit order to what it was, and immediately deduct the one the "system" missed". Al wat verander het is dat die sein weer aan is maar geen debietorder wat afgegaan het nie....Dink dis nou tyd om maar vesel te laat insit en die Netflix roete te gaan, en as ons kamp sal dit maar die Bosveld TV moet wees :)
Weet jy Jorg dit is sulke dinge wat mens regtig die herrie in maak. Weens hulle onvermoë om 'n deeglike diens te lewer lei die DSTV organisasie daar onder. Want dit maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie, jy wil net dit hê waarvoor jy betaal. En dan moet die betaling reg geskiet. Op datum teen regte bedrag.
95% van die mense daar buite aanvaar nie sub standaard nie want hulle wil hê dit waarvoor hulle betaal. Hoe gouer almal dit besef en seker maak dinge werk reg hoe beter vir daai organisasie of besigheid.
As jy die skuif maak soos ek is dit maar net nog 'n klient wat DSTV verloor weens een van sy werkers se onvermoë om sy/haar werk reg te doen.
Ek het alles kanselleer met hulle fancy trickery.
Het 'n Openview dekodeerder gaan koop in Nov 2018. Die staan nog net so in sy pakkie by die tv. Ons kyk nie meer nie.
Neem ook nie tv saam as kamp nie. Sien te veel hoe sukkel die manne vir dae om hulle ontvangs uit te sorteer.
Bos tv en gesels en lees.