Ek sal "Tip Tronic" gebruik maar slepers wat ondervinding v "Tip Tronic" het sal beter weet.
Ek maak gereeld van my kar se "Tip Tronic" gebruik op die lang pad en met die remming wat mens wil he met 'n vrag sal ek ook nie net op die remme wil ry nie.
Andries, dag sê, ek sleep in Sport mode (baie soos triptronic) en ervaar geen probleme met afrat met die rat hefboom nie. My sleep voertuig sal ook nie toelaat dat jy te vroeg afrat nie, of te laat "over rev" nie.
Jy gaan daai outo kas geniet.
Ek sleep in elkgeval in sport want dan bly die ratkas langer in 'n rat voordat dit oor skakel.
Met afdraandes begin ek die dit teen die spoed wat ek mee gemaklik is en jy sal voel dat die rat kas maklik die rat kies om jou te help rem solank jy die remme liggies raak.
Indien jy meer ratkas remming verlang kan jy dan fisies die rat kies wat jou pas.
Dis nou maar hoe ek ry en dit werk puik vir my.
Andries ek dink dis die voordeel van "Tiptronic" dat mens 'n handrat en outomaties het en in die enkele gevalle waar mens die handrat sou afrat vir die remming veral teen passe kan mens dit gelukkig doen.
Johan kon jy nog jou hand op die agterste wielbearing hou of het dit jou gebrand?
Nee Johan ek het niks om by te voeg nie. Dis interessant al het jy die ongelukkige baie hitte gekry met die skade en ongerief. Ek het met Magoebaskloof afry waar ek amper geen remme gebruik het en in 3e rat @ 60 gery het op my onlangse rit KNP toe en met 'n swaardiens skokbreker om te keer dat die wa nie te veel rem nie het die wa se remme ook baie warm geword maar steeds nie te veel nie. Dit het egter meer as 'n uur se ry sonder om regtig remme te gebruik gevat voor die temp afgekom het.
Dit was ook die 1e keer dat ek so hitte ondervind het. Selfs met ander ritte wat ek wel gerem het en ek by die stopplek stop was my wiele nog nooit so warm as teen die pas af nie.
Ek dink dis iets wat ons maar op moet let in ons ritte vorentoe.
Ek het ook altyd gedink dat handrat voertuie beste is om te sleep totdat ek die eerste keer met die Auto ratkas gery het. Daar is nie 'n manier wat ek weer 'n handrat voertuig koop nie. Die tegnologie vandag maak dat mens nie maklik so rat kas kan seer maak nie.
Ek sleep my Maia maar altyd in die "Sport" verstelling. Dit maak dat die enjin langer in 'n rat bly weens die gewig wat ek moet sleep en verminder dit die kanse dat die enjin "labor" en ratkas kan seerkry.
Werk puik. Terloops in UAE is selfs die klein AVIS huur karre automaties en dis verbasend hoe gemaklik die klein enjins met die auto box oor die weg kom. Brandstof verbruik is werklik nie so 'n verskil dat dit eers 'n besprekings punt is nie. Wel die prys van brandstof daar praat mens nie eers oor nie, dis goedkoper as water.......Ha Ha Ha
Ek skakel altyd oor na "Tiptronic" toe op die Touareg as ons berg af gaan. Werk soos 'n bom, hoef glad nie aan die rem te raak nie.