Sukkel ander ook met pakplek - jy weet nie lekker wat om waar te pak om dit stewig te hou gedurende ryery nie en wil darem ook nie goed laat rondskuif en kante skaaf of krap nie. Vind ook die moulds vir kombuis waarmee sekere karavane uitkom nie altyd prakties is nie party te beknop ander mors plek veral die met buite kombuis mens wil soveel moontlik alles buitekant he. Ek het heelwat deurskynende "plastic containers" gekoop wat in kaste pas maar voel bietjie ongeorganiseerd met wat ek eintlik waar wil he want ek moet nog steeds handoeke tussenin druk vir vastigheid. Yskas word met rekbande vasgemaak dat deur nie oopgaan nie. Het afgekom op n plek SONDOR mnf in Waltloo Silverton wat moulds volgens jou mates sny vir bv jou kombuisware volgens jou behoefte gaan beslis dit aanpas op Sprite swing. Wil soveel moontlik goed permanent op hul plek he wat stewig vas is en glad nie skuif of anders geberg hoef te word met ryery nie. Sal ook dalk mould vir yskas wil beplan net vir paar sagte goed wat solank kan ingaan. Canvas sak in deur vir eetstel (messe en vurke) se spasies is so nou niks pas daarin nie behalwe n pen en lip ice !!! Wat doen julle anders ???
Want dit is onnosele mans wat dink hulle is slim wat dit ontwerp.
Dan het hulle self nie n wa of gaan kamp nie.
Of dom vrou wat hom nie kan uitsort oor sy dom ontwerp nie.
Een plaat stoof en microwave in die classique. Binne opwas.
Dis hoekom almal hul wa her ontwerp.
Die fabriek dink in n boks.
Maar ja, die Girl pak die blikkies ook vas met handoeke en soms met klere.
Sterkte ons sal nie wen nie.
Ons het oral op die rakke van die non-slip matjies ingesit....werk nice. Al wat ons met teedoeke toedraai, is die proviant wat in die deur kom....gate is bietjie groot, dan stamp bottels teen mekaar
Want dit is onnosele mans wat dink hulle is slim wat dit ontwerp.
Dan het hulle self nie n wa of gaan kamp nie.
Of dom vrou wat hom nie kan uitsort oor sy dom ontwerp nie.
Een plaat stoof en microwave in die classique. Binne opwas.
Dis hoekom almal hul wa her ontwerp.
Die fabriek dink in n boks.
Maar ja, die Girl pak die blikkies ook vas met handoeke en soms met klere.
Sterkte ons sal nie wen nie.
Dis hoekom ons so gelukkig is met die Expo....geen kombuis, microwave, stoof of opwas plek wat by ons wit olifante was. Ons vat net losstaande Snappy chef saam wat ons enige plek kan gebruik....selfs buite langs jou braai vleis vuur. Binne in die wa net bed, yskas en genoegsame kassies
Geert.
Ek gaan daai goed uithaal en bêre.
Ek moet net n plank vir die stoof kry wasbak het klaar een.
ons het die masse goed in 'n Messe bak / houer soos in die huis se kombuis laai wrap dit met cling wrap
"n tupper houer vir die braai goete
Lap sakkies vir die AMC potte elk apart
PAk dan klere in kaste
Plastiem kratte onder die bankbed
Tent en Sat skottle onder die hoof bed
Palle en penne in die paal kas
Pak vleis in Yskas
Die wa kan wetlik nie veel dra nie. (vir my net 85 kg weens die lugversorger en mover wat ek in het
Alles wat verder saam gaan word in krate in die bakkie se kappie gepak. saam met die grond seile
As ons by die oort kom:
Laai ek die tafel en stoele uit (ek werk van die tafel af )
Begin dan met wa opslaan
Werk goed vir ons
Ek geniet so julle pak-aanbevelings. Toe ons nog die Land Cruiser gehad het en vir n paar weke diep in Afrika ingery het was die pakmetode n beplande kunswerk. Ek het doelgerigte rakke gamaak vir die Cruiser. ELKE dink was spesifiek op n spesifieke plek, maklik om te vind.
Very neat Danie.
Interesting that you left the rear seat in?
dit lyk baie prakties
We DID remove the rear seat at one stage, Richard, but found that it was a heck of a job. Also when we had passengers we could quickly take out the rack. You will see that the seat served as a buffer between the boxes and us. It also served as protection for the radio. I fabricated the box between the two seats, creating a huge packing box.
Met die Navara en die Rangers lig die onderste sitplekke agter op. Ek plaas dan 'n dun stuk plywood oor die stoor kompartemente. Dit vergroot dan automaties die pak spasie. My 40 Liter Engel yskassie pas perfek daar en dan die portable aircon langsaan.
Wat baie lekker gewerk het was dat die Navara se Agter sit plek in 60/40 gedeeltes kon oplig. So het ek steeds die yskassie daar gepak en my dogter kon op die res van die sitplek sit.
Nou met die Maia is daar pak plek vir alles. Niks staan rond in die wa behalwe die deur trappie.
Altyd n uitdaging waar pak jy waar en alles prober om nie de hele huis saam te vat nie en ja ek weet dis makliker gese as gedaan ons het ook maar krate waar van die goed gebere word