
06 Jan 2015 @ 18:16:15 pm
Ons het weer die Desember 2014 gaan kamp by Crocodulus. Dit was weer soos met die eerste keer 'n heerlike ondervinding. Vernen en sy vrou Charmaine het uit hul pad gegaan om ons kamp ondervinding so aangenaam as moontlik te maak. Crocodylus is 'n veilige hawe vir krokodille en Vernon teel ook met hulle. Dit het ook 'n kampeer terrein vir tente, karavane en ook hout kamers vir wanneer oornag plek gesoek word vir mense wat op reis is. Daar is kragpunte asook water krane by staanplekke. Crocodylus is baie sentraal gelee op die N2 net na Hluhluwe +/- 10km buite Hluhluwe net na die 'N' oorbrug. Ons kon heerlik vir die dag uitry na St Lucia en Richardbaai en dan weer terrugkeer vir die rustigheid van die oord. Motorfiets ryers is ook welkom om met bespreking die oord te bespreek vir byeenkomste. Daar is 'n voledige kombuis beskikbaar in die oord. Dit is 'n juweel wat maklik mis gekyk word. Vernon se kontak nommer is 0720207500 indien daar naraag is. Gaan gerus na crocodylus private sanctuary, hluhluwe op die internet om die juweel op te spoor. Ons gaan Vernon en Charmaine defintief weer sien. Groete. Philip en Loraine Oosthuizen