Jislaaik manne en girls, dit lyk my Covit EN die ekonomiese gevolge daarvan het omtrent geslag onder die toerisme bedryf. Die afgelope Swart Vrydag het verbygegaan sonder dat mense mekaar aangerand het. Ek het myself skatryk gespaar deur nie n broodnodige onnodigheid teen n bargain te gaan koop as ek twee koop nie. Al wat ek gedoen het was om my braaikamer se sit-stel (vervaldatum reeds twee jaar gelede gewees) feitlik gratis weg te gee. Nou is daar minder om weg te gooi wanneer ek eendag trek na n posbus-grootte woonstel toe.
Maar : WAAR is die toeriste? Ek weet dit is vroeg, maar gemeet aan vroër jare is die Kaap leeg leeg leeg. My vriend wat n vulstasie het sê sy syfers is baiiiii laer as dieselfde tyd laasjaar. Almal met wie ek praat vertel my hulle maak nou-eers hulle vakansie-besprekings en elkeen van hulle sê daar is geen probleem om plek te kry nie. Ek hoor dat om selfs by NOSSOB plek te kry is ook geen probleem nie.
Gaan julle ouens hierdie jaar by die huis bly oor Covit?
Of oor die ekonomie?
Danie, ons is bespreek vir Mrt/Apr by onderskeidelik Goudini en daarna in Melkbos. Die probleem tans is dat ons nie weet of daar verdere beperkings gaan kom met die opwaardse syfers rakende Covid. Ek glo ook dat die ekonomiese omstandigehede baie mense noodsaak om wel tuis te bly.
My besprekings is al April/Mei hierdie jaar gemaak met die hoop dat COVID se impak nie meer so groot gaan wees nie. Ek begin self nou wonder.
Jy roer nogal n geldige punt aan Hennie. Jy mag dalk vind jy ry weg uit Gauteng net om te ontdek dat jou bestemming op kort-kort kennisgewing toegemaak is. Ek sit nou al vir sewe maande en sukkel om my vliegtuig-kaartjies na Portugal ge-refund te kry, ek kan my indink hoeveel refunds daar gaan wees indien Covit veroorsaak dat kampe en plekke toegemaak moet word. Verlede week was die polisie-kantoor in die Strand vir twee dae bloot net TOE omdat daar n Covit-geval was. Nou wonder ek, as net EEN werker by n oord Covit kry, gaan hulle die oord sluit? Of jou daar hou vir 21 dae?
Die virus raak gelukkig nie ons Desemberplanne nie- ons sou in elkgeval tuis bly en twee van ons kinders en hulle gesinne ontvang. Die ding het egter 'n paar maadelange wegbreek na Stilbaai vroeër die jaar in die wiele gery. Dit kan nogal lekker wees in die Kaap vir diegene wat dit wel gaan waag met baie minder druk by die plekke wat hulle wil besoek. Ek hoop maar die mense hou kop en wees veilig anders sien ons dalk baie begrafnisse vroeg in die nuwe jaar. Ons bly maar sedert aftrede weg van sulke plekke in die skoolvakansies, want ons kàn.
Soos baie mense nou swaar trek, is daar net soveel wat wel af is. Die oorde aan Natalse kus wat goed oor die R1000 n nag vra is vol.....mense vra nog steeds waar kan hul gehulpe raak. Ek gesels gister met n karavaan vervaardiger....blykbaar kan hulle nie bybly nie.....en nuwe karavane is deesdae nie goedkoop nie. Ek kyk na n handelaar in Centurion waar die karavane altyd so gestaan het dat jy skaars tussen hulle kon stap, wat die waens nou skeef en dwars parkeer net om sy plek vol te laat lyk. 2de handse karavane is blykbaar skaars.....verkoop meer as wat hy kan inkry. Laasweek ook met n huis agent gepraat....sy sê sy was nog nooit so besig soos nou nie. So....die manne met die geld is daar buite.
Ander rede vir stil kan ook wees dat baie mense se verlof gekanseleer is. Baie kry net die paar dae tussen kersfees en nuwe jaar af
Die huise wat so flink verkoop, is die gevolg van die baie lae rentekoerse en mense wat nie meer hulle huise kan bekostig nie omdat hulle inkomste verloor het. Dis met ander woorde nie net goeie nuus vir die ekonomie nie. Dit is werklik net 'n kleinerige persentasie van mense wat inkomstes verloor het en diegene wat nie geraak is nie, pluk nou die vrugte daarvan. Dis maar in totaal 'n vrotterige situasie. Wanneer mense wat nou swaarkry en hulle huise teen lae pryse moes verkoop, weer op die been kom, gaan hulle vind die pryse het soveel gestyg dat hulle nie weer 'n huis kan koop nie.
Ek is nogal verbaas oor die groot karavaanverkope. Waaraan sou dit toegeskryf kan word? Het baie ouens met geld wat nie voorheen gekamp het nie, nou besluit om dit wel te doen? Is dit dalk mense wat huise verloor het wat nou in karavane moet bly? Selfs 'n nuwe karavaan is meestal goedkoper as 'n klein huisie. Die ellendes van die epedemie is lank nog nie verby nie.
Soos baie mense nou swaar trek, is daar net soveel wat wel af is. Die oorde aan Natalse kus wat goed oor die R1000 n nag vra is vol.....mense vra nog steeds waar kan hul gehulpe raak. Ek gesels gister met n karavaan vervaardiger....blykbaar kan hulle nie bybly nie.....en nuwe karavane is deesdae nie goedkoop nie. Ek kyk na n handelaar in Centurion waar die karavane altyd so gestaan het dat jy skaars tussen hulle kon stap, wat die waens nou skeef en dwars parkeer net om sy plek vol te laat lyk. 2de handse karavane is blykbaar skaars.....verkoop meer as wat hy kan inkry. Laasweek ook met n huis agent gepraat....sy sê sy was nog nooit so besig soos nou nie. So....die manne met die geld is daar buite.
Ander rede vir stil kan ook wees dat baie mense se verlof gekanseleer is. Baie kry net die paar dae tussen kersfees en nuwe jaar af
Dink die dat die uitleen rente ook laag is, speel ook n rol.
Look at the adverts on this forum of still space available and specials, and the Easter and Western Cape is now mummering of provincial mini lockdown
Sou die Oos / Wes Kaap op n sort van inhok ingaan gaan dit die toerime en ander besighede baie seer maak e en vrou werk die desember so ons by huis
Ons kinders en kleinkinders kom huistoe tot na nuwejaar. Hulle sal in die see gaan speel en ek en ouma bly maar tuis. Vanaand moet hulle braai want die verblyf is bgratis Ha Ha Ha.
Ek het so 'n maand terug begin plek soek in die Transkei en Oos-Kaap. Wat 'n "eye opener" want al die gewilde oorde was vol bespreek van 16 Desember af. Moes vir 4 dae tevrede wees om nie by die see te staan nie maar bietjie binneland toe. Ek dink die groot trek gaan eers hier om en by die 16de wees.
Ek lees vandag in Die Burger dat hulle die Tuinroete gaan inperk oor Covit, hoop nie ditraak aan my 14 dae in Ebb and Flow in Januarie nie.
Ek lees vandag in Die Burger dat hulle die Tuinroete gaan inperk oor Covit, hoop nie ditraak aan my 14 dae in Ebb and Flow in Januarie nie.
Ek het gister gesien daar was n klompie karavaan staanplekke oop by Stormsrivier oor kers tydperk....iets wat normaalweg bitter skaars is. Seker mense wat kanseleer en elders hul Sanparks krediet gebruik
Kom ons hoor wat het kopdoek gese wat Ramabosha moet se wat gaan kom