English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 659
Total Views: 83 242 693
topics: 1 156
replies: 12 178
views: 4 835 924
Jokes and everything else that makes you laugh

Covid toets Nie v sensitiewe lesers

replies: 29
views: 497
30 Jun 2020 @ 20:31:05 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Nie vir sensitiewe lesers....Rated 18LV

So laat weet hulle my kind 20 min voor n meeting met klient n kollega is positief getoets vir covid. Hy word dadelik gesuspend en moet al sy mense ook suspend tot hulle getoets is teen R800 n toets. 15 mense.

Ek reel met my Dr vir nodige pampiere en vat hom na Ampath. Drive thru soos by McDonald's. Hel maar alles voel nou skielik vuil. Soos melaatsheid in die lug.

Jy kry nommer op jou kar se venster. Toe kom ons beurt. N Antie kom uit die Container uit. Sy lyk soos daai ET Phone Home fliek. In haar een hand n stokkie soos daai roomyse toe ons jonk was...net groter

In die ander hand, n oorpluisie. N moerse groot overgrown oorpluisie. Sy druk daai roomys stok in die kind se keel....hy wil kots maar kan nie. 4 keer probeer, toe se sy, of nou of ek druk hom van onder af in.

Hy skraap moed by mekaar en se NOU!. Sy druk daai stok in, verby sy hart en longe tot so 2 cm van sy foefenjol in. Wel okay dit het so gelyk!

Ek voel vuil. So vuil ek laat was my kar dadelik om die virus af te kry. Gaan bad ok sommer.

Uitslag binne 24 uur. Nee wat....heeelwat later.

Nou as pa worry ek. Ek kry pyne op plekke wat nie bestaan nie. Hulle is nog jonk. As ek dit kry en dis koe baai is dit okay.

Toe kom die uitslag. Baie baie ......laat.

Wel die enigste positief uit hierdie hele sage....hy is negatief.

Mense bly veilig!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 06:36:55 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Mense besef nie dat die virus doodmaak nie, lewe in ontkenning.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 08:17:48 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Frik, dit is waar wat jy daar sê.

Gistermiddag 'n SMS gekry….'n lid van ons rolbalklub wat positief getoets het, is gister in ICU op geneem.

Het gister ook gehoor van al die hospitale in Gauteng wat nie meer nuwe pasiënte vat nie onder andere Unitas, Midstreamen Wilgers. Almal is vol en ons het nog nie eers die peak bereik nie.

Ek wil nie negatief klink nie, maar hier kom groot probleme.

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 08:31:10 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gisteraand aand laatweet die Girl Se laaitie hy moet gaan toets, een by sy werk is positief.

Hulle is n groot besigheid en almal moet dadelik gaan toets.

Tot nêrens gister aand kon hy gehelp word nie.

Hy moet nou vanoggend gaan. 

Sal laatweet wat die antwoord is.

Maar soos jy jy tereg noem, ons sit hier gisteraand, jy voel vuil Al het ons almal gaan stort en als wat Kan skoon gespuit het.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 16:43:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hy is terug na die heeldag in n ry sit in sy voertuig by n drive thru, waar jy nie uitklim nie en hulle die toets deur die venster doen.

Hulle doen dit nie tensy jy al die dokumentasie het nie, wat jou werk en dokter gee.

As jy die regte dokumentasie en motiveering het betaal die mediese fonds, anders R850 kontant. 

Na die toets moet die dokumentasie wat hulle jou gee weer dokter toe gaan.

Hy moet nou vier Dae wag vir die uitslag wat die dokter hom sal laatweet.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 16:52:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hulle moet nou van die huis af werk.

Hoop hy kry die uitslag voor die naweek.

Ons is nou terug hier by die huis vir 14dae in self isolasie.

Darm sal ek nie nou dors word nie, my reserwe is    sterklaughing

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 18:03:26 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

My kontrak bestuurder Maandag positief getoets en toe moes ek ook gister met voertuig in die ry gaan staan.

Geen dokumente is gevra nie en het hulle vrae lys voltooi. My beurt en sitplek platgeslaan, neus skoon geblaas en ken op na die dak. Toe is daai stokkie in my neus tot in my brein gedruk en toe nog getel tot by 4.  Sneesdoekie gegee vir die trane en voorspoed toegewens. 

Wag nog vir uitslag maar gelukkig is ek oor 70 jaar oud en een oggend op radio gehoor die tussen 55 en 69 jaar is meeste kwesbaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 20:00:51 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek moes baie onlangs vir 'n prosedure in 'n teater gaan, en 'n voorvereiste vir toelating was 'n Covid19 toets uitslag.

Ek het vooraf seker gemaak ek het die nodige dokumentasie en kom die vereistes na. Dit is mos normale prosedure vir enige interaksie waar jy 'n gunstige uitkoms verlang. Hoe sê hulle - 'n mens maak nie foute nie, jy doen net ervaring op.

My covid19 toets was dat, afgesien van die rukkie se wag in die tou by die "drive through" toets sentrum, hoegenaamd nie 'n onaangename ondervinding nie. Ek het gevind dat dit  baie vinniger en minder lastig of beslommernis was as om jou tande te borsel.

Ek vermoed dat, net soos met personeel wat inspuitings moet doen of bloed moet trek, party uiters bekwaam en professioneel is gegewe pasiente wat nie veeleisend is nie, en ander weet nog nie hoe om dit reg te doen nie.

Almal van ons wat bekwame persone gesien funksioneer het sal waarskynlik met my saamstem.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:34:53 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

My resultaat gekry en is negatief.  Moet erken die gewag vir die uitslag was heeltyd in my gedagtes want Elmarie se Ma is  85 jaar oud en tans by ons.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:44:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My resultaat gekry en is negatief.  Moet erken die gewag vir die uitslag was heeltyd in my gedagtes want Elmarie se Ma is  85 jaar oud en tans by ons.

Wat kos so n toets?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 08:33:22 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geert ek het hier Bo genoem R850 as jou medies dit nie betaal nie.

Ampath is by Grey Owl Drive Thru naby Midstream van die ou JHB pad.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 09:32:50 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Geert ek het hier Bo genoem R850 as jou medies dit nie betaal nie.

Ampath is by Grey Owl Drive Thru naby Midstream van die ou JHB pad.

 

Hier by ons is twee "drive through"  plekke  by Dischem waar die toets deur Lancet gedoen word terwyl jy in jou voertuig bly. Soos Jin noem R850. 

Man van Discovery het op radio gepraat. As jy deur 'n dokter verwys word vir die toets betaal Discovery ongeag positief of negatief. As jy self gaan betaal hulle nie.

Hy het ook verduidelik dat hulle tot sovêr nog fondse het vir al die Covid gevalle waar hulle vir hospitale moet betaal. Daar is nie ander operasies wat nou gedoen word nie so dit kanselleer nou nog uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 23:30:38 pm
Badprop
New Member
44% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 02 May 2016

Julle slaan daai s Nie 'n aangename toets nie het selfs...... Moes die dame komplimenteer dat sy my bloot gestel het aan die onaangenaamste toets in my lewe weet nie of jy wil nies as sy begin nie....... Of  moet wegruk as sy langs jou oog verby beweeg so 'n brandwurm wat gistrand 'n chilli bos gevreet het nie....... Agter jou oog kaste tref die ewige brand jou...... Jou oë traan neus loop......dan.......dan sit jy maar stil en bid dit gaan gou verby.

Ons weet nie wat die waarheid agter die covid is nie..... Sus soos om sonder my trapezium te sleep. Ek waag dit nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 05:35:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink nog steeds dat die regering klomp mediese personeel moes aanstel en oral oor die land covid19 toets stasies opgestel het....soos die bloedbank stasies (tente ens.) Waar jy gratis kan toets sou jy voel jy het simptome of rede het tot kommer. Want daar is bittermin SA'ners wat elke keer R850 beskikbaar het om te toets as jy voel jy het simptome of as jy in aanraking met n positiewe geval was.....veral nou waar baie se inkomstes gesny word agv inperkings. Dink net wat kos dit n normale gesin van 5 om getoets te word...en as jou inkomste reeds só is dat jy dit finansieel netnet maak met n stywe budget.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:47:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Julle slaan daai s Nie 'n aangename toets nie het selfs...... Moes die dame komplimenteer dat sy my bloot gestel het aan die onaangenaamste toets in my lewe weet nie of jy wil nies as sy begin nie....... Of  moet wegruk as sy langs jou oog verby beweeg so 'n brandwurm wat gistrand 'n chilli bos gevreet het nie....... Agter jou oog kaste tref die ewige brand jou...... Jou oë traan neus loop......dan.......dan sit jy maar stil en bid dit gaan gou verby.

Ons weet nie wat die waarheid agter die covid is nie..... Sus soos om sonder my trapezium te sleep. Ek waag dit nie. 

Welkom hier op die forum, nou weet ek ook hoe dit voel Om getoets te wordsealed

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 08:48:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wel ons sit nog in afwagting vir sy uitslag.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 09:28:09 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Ek was gister by die GP vir my 6 maandelikse ondersoek en hernuwing van chroniese medikasie.

Dit lyk eerder soos 'n kampterrein as 'n mediesesentrum by Medipark in Rooihuiskraal. Hulee is 'n "emergency centre" vir Covid 19. Daar is 7 tente in die parkeer area op geslaan wat dien as konsultasiekamers. Indien daar enige vermoede of tekens van die virus is, laat hulole jou nie in die gebou toe nie en word jy na 'n tent verwys.

Indien jy vermoed dat jy die virus onderlede het, moet jy in jou voertuig bly sit waar hulle dan die nodige sal doen.

Alle uitslae is binne 24 uur beskikbaar. Ek het ongelukkig nie gevra wat die kostes verbonde is nie. Sy het net genome dat Lancet 24 uur per dag werk en nie 'n sent wins maak op die toetse nie. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 14:40:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Chris ek het verlede Maandag ook op so n parkeerterrein soos jy beskryf my toets laat doen vir opname in die hospitaal vir n galblaasverwydering. Inderdaad het ek ook so n rilling in my ruggraat gevoel vir sulke onprofessionele prosedures. Nietemin het ek die ongemaklikke toets geslaag. Die grootste gesukkel was om my brein weer teruggeskud te kry daar waar daardie dromstokkie sy gat gelos het. Die galblaas is toe suksesvol verwyder maar toe tel die chirurg iets anders verdags op. Ek moet Dinsdag weer terug vir n verdere operasie. Vanoggend is ek toe weer vir n verdere C-toets voordat ek weer toegelaat kan word. Hierdie  keer gelukkig by n toegeruste laboratorium. Wat n plesier teen die vorige een in die tente dorp. Vyf minute in en uit en my brein is ook nie dermekaar gekrap nie. So dit verskil maar van suster na suster.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 16:11:04 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Bly om te verneem dat die galblaas operasie suksesvol was Piet.

Baie sterkte vir volgende week se operasie. Vertrou dat dit ook suksesvol sal verloop.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 07:57:35 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Uitslag gekry, darm negatief.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 10:56:12 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie Chris. My opvolgoperasie is toe nie Dinsdag gedoen nie. Maandag het een van die vorige week se operasiewonde skielik begin dreineer. Terug dokter toe en hy moes operasie uistel omdat daar n abses gevorm het. Nou moet dit eers genees voordat ek weer die proses moet deurgaan.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 11:18:21 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 989
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Myself, vrou en jongste dogter (26) negatief.

My getroude dogter en kleinseun  is positief. Skoonseun en kleindogter negatief. (Verstaan dit nie aangesien hulle in dieselfde huishouding is)

My seun en skoondogter is ook altwee positief.. Hulle trek bietjie swaar aangesien daar onderliggende siektes is.

Die wag vir die uitslae is nie lekker nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 12:06:44 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ai Hennie jammer om van julle terugslae te hoor. Ja ek stem die ewige gewag vir uitslae mergel n mens totaal uit. Nietemin sterkte vir julle en weet maar net die Groot Meester beheer alles.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 15:24:30 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

My stiefbroer het kanker. Moes vir 5 operasies gaan im die kaap.

Word elke keer getoets. 4 keer negatief. Met 5e operasie positief. Dit in maand en half.

Dit is wraggies onverklaarbaar.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 23:34:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die skool waar my seun is, het hister gesluit weens positiewe gevalle onder personeel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 23:35:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Myself, vrou en jongste dogter (26) negatief.

My getroude dogter en kleinseun  is positief. Skoonseun en kleindogter negatief. (Verstaan dit nie aangesien hulle in dieselfde huishouding is)

My seun en skoondogter is ook altwee positief.. Hulle trek bietjie swaar aangesien daar onderliggende siektes is.

Die wag vir die uitslae is nie lekker nie.

Sterkte Hennie....mag hulle gou gesond word

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 13:45:44 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

https://mybroadband.co.za/news/trending/359497-vaccine-trial-reveals-surprising-information-about-covid-19-in-south-africa.html?source=newsletter

Very concerning!!! Your chances are very high that you could be walking between positive people who don't even know it. Stay home!!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 13:58:54 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 485
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Sterkte Hennie....mag hulle gou gesond word

Second that...sterkte to you Hennie and family...

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 15:02:23 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Second that...sterkte to you Hennie and family...

Strongs to you and your family Hennie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jul 2020 @ 08:08:59 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 989
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Dankie almal. Ons is almal fine. My dogter en kleinseun het gister die "go-ahead" gekry. 

Sal vanoggend weer met seun praat en hoor hoe dit daar gaan.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za