Ek sien daar is paar lede hier wat goed op datum is met wat met die Corona virus gebeur. Nou na CR se planne.....sou julle voorstel om kos voorade bymekaar te maak? Dinge kan so vinnig n wending neem dat fabrieke wat blikkies kos maak noodgedwonge moet toemaak of winkels?
.....of stres ek onnodig?
Ek dink dat mens so koop dat jy nie hoef elke dag winkels toe te hardloop. Brandstof Kan ook n probleem raak.
Ja....dis n groot wêreld poging hierdie. Alles kan eers na normaal terugkeer as elke land in die wêreld 100% seker is hul land is skoon. Nie een land gaan kan bekostig om slap te lê nie
Ek dink regtig nie die lede van hierdie forum hoef hulle te veel te bekommer oor kos voorrade nie. Al wat ek sal oorweeg om te koop is lang lewe melk. Ek vermoed vars melk is die kwesbaarste produk.
Ek voel vir diegene wat elke dag die aand se kos koop voordat hulle in die publieke vervoer klim.
En die met vigs.
En die met tuberkulose.
As ek reg gehoor het het die President vanaand daarna verwys dat hierdie krisis ons as 'n nasie nader aan mekaar kan bring. Gelukkig het die kabinet by monde van die President vanaand die regte geluide gemaak.
Dink julle oorde gaan nou probeer voordeel trek uit die verlengde skool vakansie? Addisionele vakansie dae nou verander vanaf buite seisoen na binne seisoen pryse?
Vir sover dit kos opgaar aangaan sal die toekoms leer as daar nog op die rakke gaan oorbly. Ek dink op die staduim moet ons meer konsentreer op die voorkoming van die virus.
Die ding gaan ook oorde se sg mid seisoen opdinges. Alhoewel die komende vakansie langer is word die Julie ene korter. Dit gaan ;n hengse effek hê op mense wat geboek is vir wat hulle dink skoolvakansie is (Julie) en nou nie meer is nie, of tye rondom die paas naweek wat nie skoolvakansie is nie maar nou wel is...hier lom 'n ding!
Skole is seker voorlopig tot paasnaweek gesluit, maar ek het die gevoel dat die kans dat dit verleng gaan moet word is sterk. Glo nie mens gaan dit kan hok slaan in n maand nie. Maar wie weet....tyd sal sê....hoop ek is verkeerd
The president's speech in a nutshell for those of you who missed it:
2. Limit contact between person
3. Imposing travel ban between high risk countries
5. Reframe all forms of international travel
6. Self isolation and testing on citizens returning from international countries
7. Strengthen screening at airports.
8. SA has 72 ports of entries, 35 will be shut down effective Monday
9. Discourage all national travel.
10. Gatherings of more than 100 people prohibited
11. Small gatherings unavoidable prevention and control needed
12. School closes 18 March till Easter week-end.
13. Visits to all correctional services are suspended for 30 days
Wonder hoe grense vanaf Zimbabwe en ander buurlande hanteer gaan word
Dis n moeilike een hierdie....ook t.o.v kampeer. Om hierdie virus hok te slaan, gaan dit elkeen in die hele wêreld se samewerking vereis. So veel moontlik doen wat moontlik die virus kan laat versprei....dit sal beteken dat mens miskien kamp eers op halt moet sit en so veel moontlik tuis moet bly om te voorkom om virus te versprei. Dit klink seker oorreageer....maar die realiteit is hier
Botswana
Kamp sal ek gaan kamp. Want daar is ek minder blootgestel aan die virus as by die huis en in die stad.
Want ons is maar net om onse ou eie karavaantjie tydens die kamp.
Feit is mens moet maar sover moontlik van ander mense wegbly (1m plus word daar gesê). Ek weet nie wat om te sê rakende kos opgaar nie. Tyd sal maar leer.
Ek eerlike opinie ja dit is ernstig maar ongelukkig is daar nou duisende mense op Fb groepe wat regtig waar mense bang praat Sal net graag wil weet of die wat nou so dreig om hulle vakansies uit te stel werklik geboek het Mensdomis snaaks jy kry die wat genot daaruit put om dinge aan te blaas Wat van alle werksplekke winkelsentrums se toilet geriewe word dit nie ook maar besoek nie So elkeen moet maak soos hy goed dink
Ek stem saam met die manne wat ook bietjie onge-ellie raak oor al die baie opinies en gedagtes. Ek dink die wêreld is nou opinie-versadig. Ek sit met (blêddie duur) vlieg-kaartjies na Portugal aan die einde van Mei om die Cmino te gaan stap en op die oomblik kan ek nie worry nie. As die virus steeds DAN nog lastig is .... dan vat ek my karavaan en gaan sit naby Matjiesfontein op 'n plaas vir 21 dae.
Maar ek is nou darem nie te dom nie, my vraag is : wat dink julle manne, HOE gaan die regering daarin slaag om miljoene plakker-kamp-inwoners te kry om vir EEN EN TWINTIG dae lank in hulle blik-kaaias te sit omdat hulle onder kwarantyn is? ONMOOGENT-BLêDDIE-LIK!
As jy 'n brander van dood wil sien .... Coroma IN 'n plakker-kamp.
Ek dink vars produkte soos vleis, groente en vrugte kan dalk geraak word.
Dit sal interessant wees om te sien watter tariewe die oorde gaan vra vanaf 31 Maart tot 9 April?
Ek stem saam met die manne wat ook bietjie onge-ellie raak oor al die baie opinies en gedagtes. Ek dink die wêreld is nou opinie-versadig. Ek sit met (blêddie duur) vlieg-kaartjies na Portugal aan die einde van Mei om die Cmino te gaan stap en op die oomblik kan ek nie worry nie. As die virus steeds DAN nog lastig is .... dan vat ek my karavaan en gaan sit naby Matjiesfontein op 'n plaas vir 21 dae.
Maar ek is nou darem nie te dom nie, my vraag is : wat dink julle manne, HOE gaan die regering daarin slaag om miljoene plakker-kamp-inwoners te kry om vir EEN EN TWINTIG dae lank in hulle blik-kaaias te sit omdat hulle onder kwarantyn is? ONMOOGENT-BLêDDIE-LIK!
As jy 'n brander van dood wil sien .... Coroma IN 'n plakker-kamp.
Wat jy hier se is baie waar, dit gaan n helske problem wees om daai Corona te beheer in die plakkers gemenskap....
Ek stem saam dit gaan moeilik wees om die mense in hul huise te hou. Die kinders gaan nou wel nie skool toe nie maar hulle gaan nie by die huise sit en niks doen nie.
Hoe gaan jy hulle die hele vakansie van hulle pelle af weghou.
Dis chaos by Makro
Wel as daar nie kos op die rakke gaan wees nie gaan mens 'n ander plan moet maak. brood by die huis bak.
Op 'n ligter nood gaan ek nogal gewig verloor..............
Wat maak jy as werkgewer met reps wat orals gaan deure klop.
Wat maak jou met jou getroue huis hulp wat in jou huis kom werk en jy weet nie wat by hul huis aangaan en hoe verstaan hulle die siekte en higieniese self onderhoud.
Hoe voel jy as werkers om jou elke dag na jou werk toe gaan waar 50 en meer werkers is wat elke dag orals gaan instalasies, en werk gaan doen. Luister graag na jul denke
Die reps moet maar handskoene en gesig maskers dra en dan afstand van ander mense so ver as moontlik hou. Hulle sal maar 'n werks prosedure daar moetstel en mense net op laaste uitweg moet visies besoek.
Sover moontlik moet visies kontak tussen werks mense beperk word. Doen maar wat die gesondheids mense aanbeveel. Sodra iemand verkoue het van ander skei en op sy eie werk waar moontlik.
Mens moet dit seker maar bestuur tot dit so raak dat werk nie meer kan voort gaan nie. Tot dan waar moontlik sal mense seker van hul huis kan werk.
Weet nie "total lock down" van werke dan huise dan omgewings. Sal maar sien.
Dink mense verstaan nie hoekom die 100+ beperking daar is nie (Oostenryk het vanoggend hulle beperking na 5+ aangepas). Waar 'n klomp mense bymekaar is verhoog die risiko om 'n grootmaat oordrag van een positiewe ou na baie mense te kry (groot groepe is ook normaalweg baie naby aan mekaar, bv innie kerk, 'n fliek, of dan skool of universiteits klasse. Dis bekend dat elke positiewe ou gemiddeld 2-3 mense aansteek, wie op hulle beurt weer elkeen 2-3 aansteek. Deur die verbod word die waarskynlikheid beter (dit sê nie dat niemand deur daai positiewe ou aangesteek word nie, maar minder word geraak wat op sy beurt weer tot minder volgende aanstekings lei, ens.). In 'n kamp terrein is dit nie werklik 'n massa byeenkoms nie, selle in 'n hotel. Mense is redelik ver van mekaar af (ja daar is uitsonderings bv innie swembad). Terug na die skole toe...dit bly beter om die kinders nie saam te gooi in 'n skool nie. As hulle by die huis met hulle pelle rondhang bly die risiko vir persoon tot persoon blootstelling steeds minder. Terloops Wits, UCT, UJ en UKZN is met onmiddelike effek gesluit vanoggend, UP se mense verwag 'n aankondiging deur die loop van die dag maar sal waarskynlik ook sluit.
As mens na bv China kyk het daai klomp dit eers probeer wegsteek en ignoreer (volstruis benadering....party mense op die forum doen dit ook?). Toe hulle wakkerskrik was die perd reeds uit die stal. Die Italianers dieselfde....eindresultaat hulle staan nou op byna 25 000 bevestigde gevalle en byna 2000 sterftes met die aantal sterftes oornag alleen byna 400. In hulle geval ook te min te laat, en nou is hulle hele ekonomie in shutdown...so ook nou die Spanjaarde. Ek verkies dat ons eerder oorreageer en vinnig reageer...daarvoor verdien Oom Cyril volpunte. Wat ek dink ook waar is is dat die ding nog nie naby sy einde is nie met groot ekonomiese verliese. Die wat reeds afgetree is moet maar weet hulle is nou sowat 15-20% armer as wat hulle laas week was, die wat nog nie afgetree het nie sal waarskynlik nooit die verliese van die laaste week kan verhaal nie :(
Kook water. Die mense moet die inkopies maar geniet. Dit is maar hoe elke ou dink en hoe hy voel hy moet optree.
Sal maar sien hoe loop dinge. Ek het inelkgeval nie geld om Makro vandag leeg te gaan koop nie. Het net 'n seker budget vir die maand.
Hulle is ook gesluit.
Gaan maar rustig voort. Sit reeds by die huis.
Geert. Die meerderheid skip die grensposte, te veel admin en Lang rye.
Vat Sommer shortcut oor die rivier. 🎵🎼 down south, Hillbrow, prettiest town they have ever seen 🎼🎵
Ek het ook maar paar blikkies kos aangeskaf....mens weet nooit. As dit nie gebruik word nie, kan altyd vir liefdadigheid skenk. Pick n pay by ons het niks toilet papier sedert Vrydag nie.
Sien die Kosibaai grenspos gesluit. Die paar dae by Ponta nou ook daarmee heen. Blykbaar hou hulle jou geld tot jy weer kan kom......
Toilet Papier
Ek wonder hoekom is die produk nou skierlik so in aanvraag ?
Wat het die mense dan tot nou toe gebruik ? Mielie stronke is mos lankal uit die mode ?
Toilet Papier
Ek wonder hoekom is die produk nou skierlik so in aanvraag ?
Wat het die mense dan tot nou toe gebruik ? Mielie stronke is mos lankal uit die mode ?
Ook gesien. Sommige koop n hoop voorraad toilet papier aan, maar geen kos nie. Sonder kos gaan jy nie toilet papier nodig kry nie🤔
Ander vriend het vertel dat daar n geveg tussen mense in n Duitse supermark uitgebreek het toe toiletpapier uit voorraad begin raak. Almal daar het toiletpapier voorraad opgebou omdat hulle bevrees was hulle nie meer sou kry nie of die fabrieke wat dit vervaardig gesluit sou word weens die virus. Die storie het versprei en nou koop almal wereldwyd toiletpapier op. Mense darem. Waar is die dae wat ons koerantpapier in blokkies moes sny en aan n lyntjie in die "longdrop" moes ophang. Ja dit was een van my take om daardie koerant van vandag te versorg. Dit was darem sagter as die mieliestronke.
Toilet Papier
Ek wonder hoekom is die produk nou skierlik so in aanvraag ?
Wat het die mense dan tot nou toe gebruik ? Mielie stronke is mos lankal uit die mode ?
Iemand noem dat dit n ding is wat vanaf Australië kom. Blykbaar voer hulle toilet papier in en met virus wat invoere belemmer het almal voorraad begin opbou. Daai gier blykbaar onnodig oorgewaai omdat ons self vervaardig.
Weet nie of dit waar is nie...maar maak sin
Lyk my hoender is ook op die lys
....en maalvleis
Ons vat dit maar dag tot dag, darm is ek by die huis en kan gou iets gaan kry as dit nodig is.
Het n kamp naweek en week wat kom vir 4 dae.
Sal môre hoor wat sê hulle.
Daar is seker 'n rede waarom Dolphin Holiday Resort nog geen kwotasie vir my gestuur het vir einde April nie.
Lyk my die Corona virus sit nou sommer 'n stop in alle planne. Ek wil nie meer land uit gaan nie ek wil net gaan kamp.
Daar is seker 'n rede waarom Dolphin Holiday Resort nog geen kwotasie vir my gestuur het vir einde April nie.
Lyk my die Corona virus sit nou sommer 'n stop in alle planne. Ek wil nie meer land uit gaan nie ek wil net gaan kamp.
My broer ry eerskomende Vrydag soontoe. Hulle het blykbasr n epos gekry vanaf Dolphin dat alle besprekings normaal voortgaan en dat hul ekstra personeel in hul badkamers geplaas het om te help met ekstra reiniging om virus te bekamp. Miskien moet jy opvolg, want ek kry gewoonlik antwoord binne 3 ure as ek epos stuur. Andersins bel hulle....dan kan jy sommer met hulle gesels oor n gunsteling staanplek
Ja ek sal hulle gas gee vandag. Dis darem regtig swak hulle nie terugkom na mens toe nie.
Dalk van die staanspoor af 'n ander plek kry om te gaan kamp.
Gelees dat Leentjiesklip gesluit is a.g.v virus?
Het nou bevestig die kampe in Dinokeng is oop en aan tot hulle van die Resevaat opdrag kry.
Hou duim vas, blykbaar is daar n oplossing (cure) gevind wat werk.
Hou duim vas, blykbaar is daar n oplossing (cure) gevind wat werk.
Ek voel half of iets verkeerd is, laaste week of so het ons gevalle elke 2de dag verdubbel en na Sondagaand se verandering van 61 na 62 tydens die Prez se toespraak staan die syfers steeds op 62? Iets is nie reg nie...?
Reboot my vorige plasing, sien die getal het nou gespring na 85 waarvan 6 plaaslike transmissie is.