Colin het 'n manier om met goeters by die huis op te daag wat hy gekoop het, meestal gadgets wat ons dan omtrent nooit gebruik nie
Drie weke gelede lê daar weer 4 vars molshope (ja, nog steeds my molle!!) op die grasperk. Die volgende dag kom Colin by die huis met 'n "mole repellent" masjientjie. 'n Pen wat jy in die grond indruk, dit maak 'n geluid wat veronderstel is om die molle weg te jaag. Wel, tot nou toe werk die gadget, nog nie weer 'n nuwe molshoop nie.
Gister ry hy winkel toe om melk te koop. Kom by die huis aan met 'n Defy portable airconditioner. Nogal vir die karavaan, "sodat jy nie meer vir my kan sê dit is te warm om in die somer te gaan kamp nie en ons kan dit sommer in die huis ook gebruik en in die winter as 'n verwarmer". Net 'n rukkie terug het ek op die forum gesê ek glo nie ons sal ooit 'n air conditioner vir ons karavaan kry nie. Daar het julle dit nou, met Colin weet jy nooit..... Ek hoop nie die gadget vat te veel plek op in ons Raventjie nie.
Freda dankie nou kan ek vir Elmarie sê ek is normaal want ek laaik ook om gadgets te koop wat dan nie gebruik word nie.
Geert, dankie vir jou mooi prentjie. Ek glo dit is presies soos ek gaan voel. Ons kry nie so warm hier nie, maar dit gebeur tog. Ek wil bv. nie Addo toe gaan in die somer nie. Daar smelt die teer op die pad as dit regtig warm is. So, nou kan ons maar gaan, want as ons ry om diere te kyk is die lugverkoeler aan en as ons by die kamp is, het ek nou 'n verkoeler. Ook maar lekker as 'n man jou so bederf! Yeah, I love camping, even when it's hot!
Give that man (Colin) a Bells, nou kan julle meer kamp
Grumble grumble.... Use a +-1L hand held spray bottle... keep it in the fridge.... Maak kop en gessiggie deeglik nat.... moerse opkikking!
Gadgets.... You don't know the half of it... Ask Willie....BTW, where IS Willie these days?
Ek wens ekmkon so aircon saamvat
Colin en Freda julle moet dit geniet. Ek het tans ook so Aircon en gebruik hom net gedurende lang kampe. Werk nog aan 'n ander plan ook.
Ek wens my man wil meer gadgets koop, maar hy is 'n suinige engelsman .
Seker maar goed, anders was ons lankal bankrot...
hehehehe weet julle wat werk ook??? vat handoek, maak hom goed nat, vat gewone fan, sit fan aan, trek uit soos die dag wat jy gebore is, lê op bed met fan wat op jou blaas en gooi handdoek oor jou lyfie...... pappie!
En wat dan as jy skielik moet hardloop vir iets..?
Sjoe, dit kan rof raak. Haha.
Gebruik die handoek!
As jy hardloop.....Pasop vir blou kolle op die kniekoppe......
hehehehe weet julle wat werk ook??? vat handoek, maak hom goed nat, vat gewone fan, sit fan aan, trek uit soos die dag wat jy gebore is, lê op bed met fan wat op jou blaas en gooi handdoek oor jou lyfie...... pappie!
Jan, ek kan glad nie meer onthou hoe het ek uitgetrek die dag toe ek gebore is nie......
Grumble grumble.... Use a +-1L hand held spray bottle... keep it in the fridge.... Maak kop en gessiggie deeglik nat.... moerse opkikking!
Gadgets.... You don't know the half of it... Ask Willie....BTW, where IS Willie these days?
Sitnievasnie - Willie is ALWAYS nearby - mostly just watching you guys!!!
Ek glo nie dit sal vir ons nodig wees om die verkoeler in die nag te gebruik nie. Dit is die 12 uur middaghitte en daarna wat my soms onderkry. Veral as dit te warm is vir 'n middagslapie of lees op jou bed.
@Warren, the Master of Gadgets
@Willie, we know you are watching and observing
@Chuck, jy het 'n gelukkige girl
Nico, Colin dink die BTU is 20 000. Ons sal later vm op die houer kan kyk om seker te maak.
Geert, hy weeg 24 kg.
Hy is redelik slank en langerig. Ons is bang dit kan omval in die ry, so Colin het iemand gebel om te hoor of hy dit plat kan neerlê wanneer ons ry en die ou het gesê dis reg, maar as jy by jou kamp kom, sit hom dadelik regop en moet dit vir ten minste 90 minute dan nie aanskakel nie. Ons gaan dit op die sy, direk langs die voetenent van die bed, op 'n mat laat lê. Dan is dit direk waar die wiele van die karavaan is. Ons het gelukkig niks anders binne die karavaan wat swaar is wanneer ons ry nie.
Ons gaan die naweek kamp en gaan dit saamneem. Sal dit dalk nie nodig hê nie want voorspelling vir ons is 18 - 20 grade. Maar Colin wil dit net toets om te sien hoe dit werk, met die uitlaappyp wat moet uitgaan ens.
Ons kry ook vandag ons nuwe shadecloth fronts vir die awning en gaan dit ook die naweek toets.
Die nuwe yskas wat ons 'n paar weke terug moes laat insit, voldoen nie aan al my verwagtinge nie. Dit lyk groter as die ou een, maar is nie. Die rakkies is nie so diep soos die ou yskas nie. Die vriesgedeelte is darem bietjie groter.
Nico, dit is 'n 12 000 BTU
Freda, my raad is moet nie die lugreellaar of die sy laat le nie. Ons het een wat ons jare terug gekoop het vir die vorige woonwa en die handleiding se dit moet regop staan en vervoer word. Dalk is die nuwer modelle anders??
Hendrik, Colin het 'n ou gebel wat professioneel yskaste ens regmaak. Hy se mens kan dit doen, selfs met 'n yskas. Dit moet net lank genoeg staan sodat die olie kan teruggaan in die compressor in voor jy dit aanskakel. Ons wil nie graag iets verkeerd doen nie. Ons is bang as hy regop staan, val hy om en ons wil ook nie te veel swaar goed rondom pak om hom te anker nie, weens die gewig. Ek glo alle handleidings sal seker so se, want dit is natuurlik beter om dit regop te hou. Maar die man was baie seker van sy saak. Wat dink die ander mense?
Wat my ook pla is die monterings (mountings) nie ontwerp is om die motor en kompressor teen 90 grade in plek te hou nie. Nou hang dit aan die monterings en met die skud en stamp van die woonwa gaan dit dalk breek??
Net my mening as leek.
Sien jy nou, Hendrik, die gadgets veroorsaak net probleme. Ek gaan heelpad bekommer wat gebeur in die karavaan
Moenie stress nie Freda. Julle kontak in PE is seker maar reg.
Kan die lugreelaar nie agter in Suzie staangemaak word nie?
Ek glo dit kan. Maar ons wil dit graag in die karavaan los. Dit is bietjie swaar om heeltyd op en af te laai. As ons die dag dit regtig in die huis wil gebruik, kan ons dit inbring. Ons gaan kamp egter gereeld vir naweke in die somer en sal makliker wees as dit sommer in die karavaan bly. Dink jy nie Colin moet dit vas strap op die bed nie, dan skuld alles dalk nie so nie. Of netnou bons dit van die bed af? Colin is juis op die oomblik alweer Builders Warehouse toe, weet nie waarmee hy nou weer gaan terugkom nie. O ja, miskien die hamer.
Nee darem nie Geert. Hy het wel met koeldrank vir die naweek hier aangekom. Jy sien, as hy na 'n supermark gaan koop hy iets wat supermarkte nie verkoop nie. En as hy hardeware winkel toe gaan, koop hy iets wat hulle nie verkoop nie. Hy het 'n aluminium hamer gesien wat hy moontlik gaan koop maar wil eers more by Campworld gaan kyk vir 'n ander een wat op die post genoem was.
Hendrik, Colin het toe besluit om na jou te luister. Hy gaan dit regop laat staan, hy het 2 rekke met hake weerskante. Draai dit om die lugverkoeler en die hake hak hy in by die (stewige) brackets wat die gordynreling hou. Dit staan lekker vas en sal nie omval nie. En dit is nie in die pad nie.
Hendrik, Colin het toe besluit om na jou te luister. Hy gaan dit regop laat staan, hy het 2 rekke met hake weerskante. Draai dit om die lugverkoeler en die hake hak hy in by die (stewige) brackets wat die gordynreling hou. Dit staan lekker vas en sal nie omval nie. En dit is nie in die pad nie.
Ek is bly Colin kon toe 'n plan maak.
Julle gaan daai lugreelaar nog geniet in die wa en in die huis. Ons s'n word nog gereeld gebruik in die kamer.