Ok help, ek soek raad van die wat dit wel gebruik asb.
Ek het nou die kasset weer aangevat om hom behoorlik skoon te maak, ou kom ek agter na hy hoeveel keer gewas en gespoel is daar so bruin harde aanpaksel binne.
Hoe kry jy dit uit ? Ek wil nie swembad suur daar in gooi nie, bang dit beskadig wan die meganismes wat hom oop en toe maak.
Willem ek het myne vir jare met swembad suur uitgespoel. Dit maak hom silverskoon. Soms het ek sommer ook die wap nader getrek. Na ek hom baie goed uitgespoel het het ek sterk chloor gemeng met water in hom laat staan vir 'n ruk. Na dit het ek hom goed drooggemaak en die rubbers met vasiline gesmeer voordat ek hom gebere het. Op sy plek het ek hom altyd in n oop posisie gestoor sodat die rubbers nie platdruk nie. Ek het nooit gesukkel met rubbers wat lek as jy hom gaan leegmaak nie.
Ek dink nie goedverdunde swembadsuur sal skade veroorsaak nie, maar ek sou dit ook eerder maar nie waag nie. Ek stel voor gebruik asyn. Dis 'n matige suur en as jy die sintetiese tipe koop, is dit goedkoop, veral as jy in vyf liter formaat, onder andere by die kooperasies, koop, seker so by R20 vir vyf liter. Dit maak ook stortruite met kalkneerslag mooi skoon en dan asem jy die die skerp suurdampe van die sogenaamde 'scale remover' wat ook maar swael of soutsuur is, in nie. Pasop ook maar vir chloor- dis reageer met sommige tipes plastiek.
Volgens "THETFORD" se web moet ek die goed gebruik.
Ek het ook hulle Jhb. h/kantoor nou gebel en hulle het dit bevestig.
Sal Vrydag by die skou gaan kyk want hulle is ook daar.
Iewers het ek 'n draad gelees van Coke wat dit ook skoonmaak maar het nog nie gebruik nie.
As mens wel swaelsuur gebruik gooi altyd die suur by die water om sterker aan te maak. As jy water by skoon swaelsuur gooi kook en spat dit dadelik soos die swaelsuur reageer en dis baie gevaarlik.
Onthou dit van my skool wetenskap onnie. Always acid to water.
Ek onthou dit weer na ek op 'n aanleg gewerk het waar mens staal plate in 0.16-0.38mm dik teen 'n spoed van 800m/min deur 'n swaelsuur tenk laat beweeg het om dit skoon te vreet voor die plaat geplateer word.
Ek dink nie goedverdunde swembadsuur sal skade veroorsaak nie, maar ek sou dit ook eerder maar nie waag nie. Ek stel voor gebruik asyn. Dis 'n matige suur en as jy die sintetiese tipe koop, is dit goedkoop, veral as jy in vyf liter formaat, onder andere by die kooperasies, koop, seker so by R20 vir vyf liter. Dit maak ook stortruite met kalkneerslag mooi skoon en dan asem jy die die skerp suurdampe van die sogenaamde 'scale remover' wat ook maar swael of soutsuur is, in nie. Pasop ook maar vir chloor- dis reageer met sommige tipes plastiek.
Ek het al asyn met koek soda gebruik om swart aanpaksels op potte en panne af te haal.....miskien kan dit hier ook werk?
Ek maak myne altyd skoon met 'n sterk oplossing chloor water. Werk goed genoeg vir my.
Ek het dan ook sommer bietjie vaselene aan die rubbers gesmeer wat help dat die oop en toemaak meganismes makliker werk.
Iewers het ek 'n draad gelees van Coke wat dit ook skoonmaak maar het nog nie gebruik nie.
As mens wel swaelsuur gebruik gooi altyd die suur by die water om sterker aan te maak. As jy water by skoon swaelsuur gooi kook en spat dit dadelik soos die swaelsuur reageer en dis baie gevaarlik.
Ek gooi dit by my Brannas, ook net n bietjie.........
Gebruik ook Thetford se skoonmaakmiddel. Werk soos 'n bom. Maklik om te gebruik sonder enige nagevolge.

Willem,
Ek sou ook eerder die Thetford produk gebruik. Het onlangs my toilet vervang as gevolg van skade aan die valves en nog meer. Sal net Thetford produkte in hom gebruik.
Die Thetfort toilette is duur en alhoewel daar baie ander rate is waarmee jy kan skoonmaak, sou ek die vervaardiger se voorstel en produk volg.
Enige ander manier se skade sal jy mee sit. Thetford sal nie hulle produk aanbeveel as hy nie die werk kan doen nie. Die Hollanders is darem geloofwaardig.
Sal maar sien, want gister na die eerste 16 ure was hy nie skoon nie. Het toe maar weer (sterker) aangemaak by gegooi, skud hom gereeld en sal hom maar paar dae laatstaan.

Neem in ag hoe lank dit geneem het om hom bruin te kry binne-in.
Dit verg dalk 'n langer periode met die chems.
Ek het besluit om my nuwe potti(e) ten minste elke 3 maande daarmee skoon te maak om die aanpaksel so te keer.
Willem,
Ek sou ook eerder die Thetford produk gebruik. Het onlangs my toilet vervang as gevolg van skade aan die valves en nog meer. Sal net Thetford produkte in hom gebruik.
Die Thetfort toilette is duur en alhoewel daar baie ander rate is waarmee jy kan skoonmaak, sou ek die vervaardiger se voorstel en produk volg.
Enige ander manier se skade sal jy mee sit. Thetford sal nie hulle produk aanbeveel as hy nie die werk kan doen nie. Die Hollanders is darem geloofwaardig.
Hierdie skoonmaak middele was op die skou beskikbaar gewees. By die Thedford porta potties.
Kyk as ek by toilets kom is ek vol draadwerk. Bietjie van die onderwerp af maar nog steeds in die selle rigting.
Ek het regtig n probleem om op n vreemde toilet te sit. Selfs al ruik die ablusies soos n hospitaal vind ek dit nie moontlik net om die toilet ring te gaan sit sonder dat ek dit met dik stukke papier goed af gevee het. En as die plek ruik soos n chemical spill is ek nog meer ontmoedig.
Maak julle die ringe skoon voor op dit sit, wat gebruik julle om dit bruikbaar te maak. Wat gebruik julle as n knal demper of worry n mens nie. Musiek kliphard op jou foon te speel terwyl jy besig is, is een opsie.
Nou bespreek mens nie die tipe ding of doen jy. Wraggies n probleem as jy nie weet wat aanvaarbaar is of nie en in meeste gevalle niks daaraan kan doen want as natuur kliphard kla dan kla hy net om skaam vir die een om kop onderstebo uit te stap. Ek het regtig Al gesien hoe mense uitbars van die lag en pad gee.

Geert. En daai sal ek by Makro kry ?
Hierdie skoonmaak middele was op die skou beskikbaar gewees. By die Thedford porta potties.
Ja, ek het juis daar vir my gekry.
Volgens "THETFORD" se web moet ek die goed gebruik.
Ek het ook hulle Jhb. h/kantoor nou gebel en hulle het dit bevestig.
Sal Vrydag by die skou gaan kyk want hulle is ook daar.
Ek het toe die "THETFORD" se skoonmaak goed gekoop en dit seker vir so 4 dae laat staan waar ek dit gereeld geskud het. Maar die tenk was steeds vol van daai kalkagtige aanpaksels.
Willem ek het myne vir jare met swembad suur uitgespoel. Dit maak hom silverskoon. Soms het ek sommer ook die wap nader getrek. Na ek hom baie goed uitgespoel het het ek sterk chloor gemeng met water in hom laat staan vir 'n ruk. Na dit het ek hom goed drooggemaak en die rubbers met vasiline gesmeer voordat ek hom gebere het. Op sy plek het ek hom altyd in n oop posisie gestoor sodat die rubbers nie platdruk nie. Ek het nooit gesukkel met rubbers wat lek as jy hom gaan leegmaak nie.
Toe het ek maar die swembad suur nader getrek en ek moet sê hy het pragtig skoon gekom. Het hom laat mooi droog word na ek hom eers met "THETFORD" se seep goed gespoel het (die goed skuim vreeslik)
Die rubber bo is nog baie mooi. Ek het toe die binne goed wat beweeg met Silicone gespuit voor ek hom gaan bêre het.
Ek het ook die boonste tenk se uitlaat prop uit getrek en die tenk met die tuinslang mooi uit gespoel. Dit is net 'n gemors want die pyp wat die water pomp loop daar verby en jy kan nie die plek mooi toe plak met plastiek om te verhoed dat water onder op die vloer kom nie. Maar het gewen.
Oor John se vraag ivm die reiniging van openbare toilette: Ek het 'n heel eenvoudige oplossing: 'n klein spuitbotteltjie met brandspiritus. Spuit op en vee met toiletpapier af. Die winkels wat plastiekprodukte verkoop het gewoonlik sulke botteltjies en dis klein genoeg om in jou broeksak te dra. Die toilet ruik natuurlik na brandspiritus en ek het al gewonder of ander toiletbesoekers dink iemand ry die bloutrein.