English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 286
topics: 4 360
replies: 29 238
views: 17 320 166
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 441
replies: 161
views: 17 249 731
topics: 12
replies: 12
views: 940
ATKV Natalia Beach Resort
KwaZulu-Natal, Illovo Beach
111
Total Ratings: 111
110   
1
Rated: 05 Aug 2019
Type of Resort:
Family with children: 1
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Changing of rates.

replies: 34
views: 6532
13 Nov 2013 @ 06:53:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Gedurende Mei maand het ek 'n bespreking gemaak by ATKV Natalia en dit tenvolle vooruit betaal vir die tydperk 25 April 2014 tot 03 Mei 2014. Hulle het my bedank vir die betaling en ingelig van die jaarlikse tarief verhoging wat sou kom.

In die week het ek toevallig verneem dat Natalia se bestuur besluit het om die betrokke tydperk te klassifiseer as binne seisoen. Dis nie 'n tarief verhoging nie, Dis 'n Tarief Aanpassing. 'n Verskil van R908 tot oor die R3000 vir dieselfde tydperk.

Is daar 'n ander oord wat iemand sal aanbeveel, watbuite seisoen tariewe hef gedurende die tydperk. Ek is oop vir voorstelle.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 07:02:59 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Dit is swak van hulle as mens betaal het en dit ten volle en dan nog die aanpassing ook wil he.
Is dit nie ook die tyd wat die kampe terief verhogins het nie. Sien hulle gaan hulself nog uit die mark prys.
Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 07:08:05 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Leon,

Ek beantwoord nie jou vraag nie. Maar, wou net sê -

DIT IS ONAANVAARBAAR!

As hulle vir jou gekwoteer het en jy het ten volle betaal, moet hulle die diens lewer. Dit gaan nie oor hoeveel nie, maar die beginsel. Met ander woorde, volgens hulle, kan hulle 'n plek adverteer vir R10 per dag en as jy daar kom sê hulle maar net SORRY dis nou R2000 per dag!

Ander gaan dalk nie met my saam stem nie - maar, dis die tipe optrede waar ek onmiddelik so 'n plek op my "swartlys" plaas, ongeag enige agtergrond waarvan ek nie bewus is nie. Dis vir my dieselfde as jy by 'n winkel in stap - dis so eenvoudig - jy betaal die "rak prys"- niks meer nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 07:44:13 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4064
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Thats really shocking from them - I would definetly demand a full refund and interest. 

How can they quote a price you pay in full then turn around and say now we want more.

It's like buying a car and when you come collect then the dealer says there is the car but the wheels were not included in the priceYell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 08:12:31 am
AndreT
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 6 years

Begin vir my klink of die oorde nou die dam onder die eend begin uitruk. Ek was bespreek vir 20 tot 23 Maart omdat dit n langnaweek is by Klubamigos. Ek meen dit is net mooi 4 maande voor ons wou gaan kamp daar, en hulle vereeis n volle betaling met bespreking. nie die standaard 50% nie, maar die volle bedrag. Ek het maar besluit om liewer iets anders te soek, veral na die paar insidente wat genoem word op die form oor klubamigos, waar dit klink of die oord eintlik kleinlik kan raak met julle kliente

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 08:12:51 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

EK het by Eiland bespreek en dadelik betaal vir Des. ek hoop nie hulle doen dieselfde met my nie hulle is ook ATKV, sal maar wag en sien.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 08:30:27 am
AndreT
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 6 years

jammer, korreksie, nie al die oorde nie, net van hulle. @Leon Coetzee, hulle moet jou bespreking nakom, veral omdat jy alreeds voluit betaal het. Hulle het te laat agtergekom dat daai tydperk nie n skoolvakansie is nie, maar die skole maak wel vir 3 dae toe omdat daar twee publieke vakansie dae in daai week val. So dit is dus hoekom hulle nou dwars trek en dit n binne seisoen bespreking probeer maak. Ek sou voet by stuk gehou het as ek jy was.

 

Ek sou dit n stap verder gevat het as ek jy was. Kontak die hoof van oorde by ATKV, sy naam is Schalk Cilliers. Ek is seker dit kan dan in n japtrap uitgesorteer wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 09:33:16 am
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

Is there an " auto translate" ? ...maybe more people can then help you ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 11:06:47 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Leon

laasjaar dieselfde probleem gehad by Eiland. Omdat 1 Mei in die middel vd week was is hele week geklasifisseer as "hoog seisoen"

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 11:21:44 am
AndrewPhilip (sadly leaving SA)
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 09 Sep 2009
Experience: 35 years

I work in the travel industry, and I can tell you that to change the cost AFTER full payment has bveen recieved is unacceptable and not standard practice.

If you have only paid a deposit, different story! All my invoices and suppliers state clearly that the price is subject to change until paid in full. Once fully paid, it's locked down.

I would take it further.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 12:50:52 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Agree with Andrew - I may be stuborn - even if they have that clause after full payment, if I have paid, I HAVE PAID AT THE TIME OF THE AGREEMENT!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 13:03:06 pm
Anonymous

Ek sal ook nie meer betaal nie, ek vra per e-pos kwotasie en betaal volprys, as hulle dan verander "Tuff  S&^T"

Sodra ek by ontvangs stop, vat ek my kwotasie, besprekings No, en bewys van betaling.

Veral ATKV. Leon jy behoort dit met ATKV Bestuur op te neem, hulle gaan so lede verloor.

Leon, dis meer as 300%, totaal onaanvaarbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 15:15:36 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Goed. Ek het intussen my misnoe uitgespreek vir die verandering van die tariewe. Die dame wat my en 'n maat van my se bespreking hanteer, het my E-pos aangestuur na die bestuur van ATKV Natalia. Sy het genoem dat hulle binne kort vir my terugvoer sal gee.

Ek glo en vertrou dat hulle die probleempie sommer gou sal uitsorteer. Ek het nog nooit voorheen 'n pyn gehad met enige besprekings by die ATKV se oorde nie.

Hoop en vertrou dat ek 'n goed gunstige antwoord sal kry. Kom ons wag en kyk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 15:45:29 pm
AndreT
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 6 years

@Leon

Hoop jy kry n positiewe uitkoms. ATKV Natalia is n puik oord. Ons was Junie maand daar gewees, en ons het dit terdee geniet. Die oord bestuur is baie bekwaam. Daar was n insident waar n moerse groot boom tak afgebreek en op n tent kampeerder se kar geval het, dit was vroeg die sondag oggend. Dit het gelukkig die tent net net misgeval, maar ooo wee.....moerse tak...die kar se windskerm was daarmee heen, en dit het omtrent 8 van ons gevat om die boom tak te verwyder, en dit na die oord bestuur blitsig daar was om die grootste en ergste takke wat van dei groot tak uitgesteek het te verwyder met n ketting saag.

 

Maar die oord het gehelp om die windskerm van die voertuig te vervang, en dit in my boeke gaan baie ver! Hulle was soos blits daar om te help, en ek moet se, dit was nogals die entertainment van die dag gewees, met almal wat kommentaar gelewer het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 16:02:31 pm
Anonymous

Andre gelukkig, ek neem aan, is niemand beseer nie.

Dit is hoe ek atkv ken 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2013 @ 16:55:34 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4064
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

@ Leon

Hope thay resolve this in your favour.  Let us know what happens

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2013 @ 08:20:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Nog niks terugvoer gekry nie. Sal mre hulle kontak dan is dit darem 3 dae wat hulle gehad het om 'n beslissing te maak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2013 @ 08:55:31 am
Anonymous

Sterkte ou vriend, dis erg iriterend as mens so moet sit en wag vir iemand wat nie horlosies dra nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2013 @ 12:57:06 pm
AndreT
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 6 years

@Johann, ja nee, gelukkig is niemand beseer gewees nie, behalwe die voertuig. Maar kom ek se jou, het daai moerse boomtak n meter verder na regs geval het was daar groot drama gewees, want hy sou presies op die mense se tent geval het, hulle was in die tent toe dit gebeur het, en hulle het n baba/kleueter by hulle gehad. Dankie tog die boom het die voertuig getref, dit kan altyd herstel word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Nov 2013 @ 07:16:08 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Jammer ...... dis waar ek vol KALK (sonder 'n L) is.

Terwyl jy sit en wag vir 'n antwoord, is ander beskikbare plekke wat ek dalk sou oorweeg besig om vol te raak. Vir my is dit iets wat onmiddelik reg gestel moet word, wanneer dit onder hulle aandag gebring is en dan bedoel ek dit moet reg gestel word vir alle ander soortgelyke besprekings - sommige mense bly maar net stil en betaal!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2013 @ 06:34:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Did not get an aswer yet. Contacted the resort yesterday. I was informed that management was not available lastweek and that I can expect an answer by this Friday. So lets see if I do get that answer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 12:28:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Daar dit nou! ! ! Ek het sopas 'n oproep van ATKV Natalia se bestuurder ontvang waarin hy ons mee deel dat ons die Verhoogde Tariewe sal moet betaal. Dit is nie hy wat die tariewe verhoog het nie maar wel die ATKV se bestuur as geheel. Dit wil vir my voorkom dat dit nie net ATKV Natalia se vooraf besprekings is wat hier deur geraak word nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 13:08:45 pm
Anonymous

Dis een oord wat my nooit sal sien nie, Ek is lid van ATKV, hierdie voorval kan negatiewe invloed op toekomstige planne van my kant af inhou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 13:39:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Ek is ook mee gedeel dat al is dit ATKV wat die tydperk as seisoen tyd geklasifiseer het ek steeds die kanselasie fooi sal moet betaal.

En dit is WAARVOOR ons Afrikaanse Taal en Kultuur Vereninging staan. Wil net kyk wat my mede forum lede se insette is, dan sal ek die draad se link vir die bestuur van Natalia aanstuur net sodat hulle kan sien wat die algemene kampeerder van hul besluit dink.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 13:49:22 pm
Anonymous

Dit is die regte ding Leon.

Wat my betref stuur dit, as hulle ATKV so wil bemark (bevark) gaan ek vir een net ondersteun as ek nerens anders reg kom nie, want met hul prys nou, is hulle minder mededingend ook nog.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 13:53:27 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Ek moet net die volgende onder U aandag bring. Ek het 'n E-pos van die bestuurder Natalia ontvang wat hy bogenoemde bevestig met die verandering dat Natalia my volle deposito sal terug betaal.

Dis darem 'n lig puntjie op die hele afvre.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2013 @ 14:49:59 pm
AndrewPhilip (sadly leaving SA)
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1421
Joined: 09 Sep 2009
Experience: 35 years

Except that you now have to try find space somewhere nice...at the last minute! Grr!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2013 @ 07:14:18 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Nou het julle dit:

ATKV = Algemene Totalle K@k Vakansieplek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2013 @ 07:21:41 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4064
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Nou het julle dit:

ATKV = Algemene Totalle K@k Vakansieplek

LOL

I have not renewed my membership with them this year - I was getting SMS's from them requesting my fees. Now I have blocked their number - no more SMS's from them. They have seen the last of me Yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2013 @ 07:27:51 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4064
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Leon

 

There are plenty of other excellent resorts out there go to one of them. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2013 @ 07:33:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Dr Drake dit is darem nie so erg nie.

Ek is al lank 'n lid van ATKV en het altyd die kampe by die oorde geniet. Ek is net ongelukkig dat ATKV besluit het HULLE maak die einde April Seisoen tyd wat Amptelik, nie eintlik seisoen tyd is nie. Die skole sluit ongeveer drie weke voor die tyd slegs vir 'n week (Amptelike seisoen tyd) Daarna is dit Paasnaweek, dan eers in die volgende week na Paasnaweek is dit vryheidsdag op 27 April (Sondag met Maandag dan ook 'n vakansie dag en werkersdag 01 Mei (die donderdag) Nie amptelike seisoen tyd nie.

Skynbaar bepaal ATKV wat is die land se seisoentye en skool vakansie dae. Dit daargelaat.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2013 @ 07:48:32 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Dis jou reg om so te glo, Leon. Vir my bly dit "onaanvaarbaar". Ongelukkig sal ek nie sê ek sal nooit soentoe gaan nie - ek het punte stelsel by The Holiday Club en verstaan die oord is ook op hulle lys. Maar, ek waarborg jou dat ek ATKV as laaste hoop op my lys plaas! 

Ongelukkig is dit ook so - net een slegte ervaring en is alles bederf. Ek sien dieselfde met TransMagalies - daar was 'n skietery waarvan ek nie geweet het nie - plek is nou Silwervis - was daar, was baie tevrede en kan aanbeveel - maar ander hou vol hulle sal nie soentoe gaan nie agv die skietery - ek vra nog die vraag "Watter beheer het 'n oord eienaar as ek 'n vuurwapen uit haal en begin skiet?" Teen die tyd wat hulle kan optree is dit reeds gedoen en te laat om te keer!

Kyk net na die praktiese implikasies - sou iemand daar aan kom en kry die nuus, sal hulle beslis nie gelukkig wees nie.

Dit hand seker van almal af om self te besluit tot hoe lank voor die tyd kan 'n oord die tarief verander. In my boeke, as jy ten volle betaal het, is die transaksie afgehandel!

Groete

David

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2013 @ 10:10:47 am
Lou&Zel
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 170
Joined: 21 Oct 2013
Hi everyone. As nice as it looks, I will not support these guys. In my book it is the same mentality as etoll. It seems that as consumers we are being bullied and forget that we actually have a say as to where we spend our hard earned money. There is another group where I have only had nothing but brilliant service. At a fantastic price. I would rather support these guys who actually have my best interests at heart. My 2c.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2013 @ 13:12:08 pm
Anonymous

Very unfortunate this puts a damper on ATKV, but I will still go to Buffelspoort and Kleinkariba occasionally.

However Leon, I agree with you - dont let this just die a silent death.

I hope you get good support from all.

Ek ondersteun jou met met die idee van (as dit kan) forward die draad aan ATKV

Soos David se TOTAAL ONAANVAARBAAR.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2013 @ 11:48:41 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ek is nou seker so 15jaar lid by die ATKV het hierdie topic deurgelees dis jammer ATKV gaan hierdeur lede verloor. Ek stem 100% hulle nie meer goedkoop nie my 2c
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required