English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 913
topics: 418
replies: 4 067
views: 1 484 463
Talk about the current road conditions throughout the country

Centurion en die baie reen

replies: 11
views: 308
09 Dec 2019 @ 12:56:20 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Om 09h00 was daar reeds 8 strate gesluit en in die Centurion Lake Hotel kon nood personeel nie by iemand wat aandag nodig het uitkom nie. Motors is oorstroom tot by hul vensters.

Hierdie foto is blykbaar by die Protea Hotel geneem langs die hoof Mall.

In die 4 ways area was 1 slaggat verantwoordelik vir meer as 20 voertuie se skade tydens die oggens spits verkeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:06:54 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Danie, dink dis die Centurion Lake Hotel (dink die het nou 'n ander naam), dws dis die ene aan die invloeikant van die toegeslikte meer (teenaan Lenchen Ln) en word elke liewe keer oorstroom as die Hennops afkom. Die gebou aan die linkerkant was die ou Korrelbed Reaktor kantore (ek het lank daar gewerk), en ek dink die se parkeerkelder is nou ook onder water. Die Protea Hotel is aan die uitvloeikant van die meer en word gewoonlik nie te veel geraak deur oorstromings nie

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:22:22 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 996
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Daai hotel het gereeld oorstomings.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:27:13 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sien julle die voertuie wat onder en voor die afdak in Danie se foto staan. Dis nou net bokant die rooi gedeelte in die foto.

Ek het 'n video gekry waar 2 van daai voertuie deur die water weggsleur word in die rivier af.  So die water is steeds besig om te styg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:30:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daai hotel het gereeld oorstomings.

Daar is verskeie videos van karre wat met die water mee gesleur is.....karre wat voor die hotel parkeer was is onder water. Nou wonder ek....het daai mense nog nooit na al hierdie jare geleer dat as daar swaar reens is dat hierdie areas onder water is nie? Gaste is verstaanbaar, maar die personeel van hotel behoort seker nadat dit so hard vanoggend gereen het besef het dit gaan weer oorspoel en dan die gaste waarsku en gevaar areas afsper wat moontlik deur water oorstroom kan word.

 

So terloops....wat het geword van daai manne wat daar oorkant die krieket veld bly langs die rivier wat bottels ensovoorts bymekaar maak?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:41:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hulle is met hulle bottels die rivier af.  White river rafting het hulle gesê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 13:57:24 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Daar is verskeie videos van karre wat met die water mee gesleur is.....karre wat voor die hotel parkeer was is onder water. Nou wonder ek....het daai mense nog nooit na al hierdie jare geleer dat as daar swaar reens is dat hierdie areas onder water is nie? Gaste is verstaanbaar, maar die personeel van hotel behoort seker nadat dit so hard vanoggend gereen het besef het dit gaan weer oorspoel en dan die gaste waarsku en gevaar areas afsper wat moontlik deur water oorstroom kan word.

 

So terloops....wat het geword van daai manne wat daar oorkant die krieket veld bly langs die rivier wat bottels ensovoorts bymekaar maak?

Dalk werk die bostelegram beter as FB, nuus kanale, sosiale media en radio en dalk minder fake nuus.

Hul kyk na hulself en beweeg weg.

Mens kan nie glo dat die Hotel nie hul mense kan waarsku soos Geert hierin noem nie. Ek verneem 'n klomp was huur motors so dit is dan toeriste wat nie sal weet wat gebeur as dit so aanmekaar reen nie. Die huurmotors is volgens 'n lid v d CPF met wie ek gesels het en dis waar ek die 1e gehoor het van die skade en ook fotos op sy foon gekyk.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 14:50:27 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Die naam is nou Centurion Hotel.   Ek dink dat wie ookal die eienaar is, is bitter spyt dat die hotel daar gebou is.     Van verkoop kan hulle ook vergeet want wie sal nou 'n rampgebied wil koop.  

Daar is 'n video want vanuit die Gautrein geskiet is wat wys hoe wyd die water deur daardie area vloei.  Baie skade.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 15:40:58 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

We have just seen on the news how the river has flooded Mamelodi, those poor shack dwellers have similar problems to the Wealthy owners of of the hotel.They all built in the flood plain and thought they were getting a bargain. The shack dwellers have unfortunately lost everything, the hotel owners are  most likely insured. The staff of the hotel may however also sit with a problem.

Nature does not take sides!!!!!!.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 16:10:00 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Die oop stuk grond reg langs die Hotel word deur Avis gebruik om hul vlootvoertuie te parkeer. Die voertuie is dus nie die van gaste wat in die Hotel tuis gaan nie.

Daar is twee videos wat ek gesien het waar een voertuig tot teen die devilsfork heining vas spoel en die ander motor verby die heining in die straat af spoel.

Die Stadsraad het destyds fouteer om bouplanne vir die oprigting van die Hotel goed te keur. Hy is basies op die vloedlyn gebou.   

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 19:50:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het van gister middag 4uur tot vandag 4uur 110mm gemeet.

Staan nou op 205mm hier by my van laasweek.

Was 12h00 by Wierdabrug waar hy ook begin oorloop het.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 20:50:44 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek weet nie waar orals langs die hotel het motors weggespoel maar 1 v d gaste in die hotel wat van Durban afkomstig is se huur kar het wel weggespoel volgens 'n onderhoud op radio. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za