English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 440
Total Replies: 251 883
Total Views: 83 201 338
topics: 238
replies: 3 744
views: 93 406
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Cassette Toilet

replies: 42
views: 547
17 Feb 2020 @ 05:14:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die cassette toilets wat in karavane gebruik word.....is dit baie werk om dit te onderhou en skoon te maak? Of is dit op die ou einde minder werk om maar die ablusie geriewe van die kamp te gebruik? Is daar verskillende cassette stelsels waar die een meer werk is as die ander, of werk almal maar dieselfde?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 07:13:07 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1473
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Geert, we have a 'built-in' Thetford toilet and it is very easy to maintain and clean. We only use it for No.1's. It is so handy at night and well worth emptying it every 3rd day or so. (Depends on the amount of beer consumed!)

It is a 20litre unit with about 30 odd litres in the water tank. 

When we get back home, I normally leave it for a day or two to dissolve the paper even more, then just flush it down the toilet, rinse, dry & put away.

I imagine the portable ones are just as easy to operate.

Well worth it in my opinion, especially as we get older.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 07:15:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geert die antwoord hang eintlik af van die individu.  As die persoon of sy gade baie in die nag moet opstaan dan is die gebruik van so toilet baie voordelig.  Ek self sal nie dat vrou in die middernag alleen moet stap na die ablusie blok toe nie.  Dit is nou maar net nie veilig nie.  So ons gebruik al so toilet in die karavaan sedert ons die eerste Penta al gekoop het.  Vir ons is die voordele legio teen oor die enkele nadeel van skoon maak.

Daar is basies twee tipes cassette toilette wat in die kamp omgewing gebruik word:

  • Een wat skoon water tank bo het  wat jy gebruik om die toilet te spoel na die swart water tank onder wat dan later leeggemaak moet word.  Meeste van die volle "portable" toilette werk op die manier. Die chemikalië wat in die gebruik word, is nie French drain vriendelik nie.  Dis nou die spreek woordelik blou en pienk spoel middels.  Dus moet dit slegs op aangewysde plekke leeggemaak word.
  • Dan is daar die nuutste tipe wat "Bio friendly" is.  Die is die meer gemonteerde tipe toilet in die karavaan waar water van die karavaan se stoor tank gepomp word om die toilet te spoel.  Dus is daar nie addisionele chemikalië wat in die spoel water gebruik word nie net die Bio friendly sakkie wat in die swart water tank gegooi word.

Laasgenoemde sakkie chemicalië kan ook in die dubbel kassette stelsel gebruik word.

Dan moet ek met alle eerlikheid by noem dat die nadeel van die skoon maak van die swart water is eintlik nie 'n nadeel nie.  Want oor die jare heen het ek nog nooit myself bemors met die leegmaak van die swartwater tank nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 08:53:04 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Gebruik dit al jare as ons nuwe karavaan koop kyk ons eers na die toilet en shower.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 09:19:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geert, we have a 'built-in' Thetford toilet and it is very easy to maintain and clean. We only use it for No.1's. It is so handy at night and well worth emptying it every 3rd day or so. (Depends on the amount of beer consumed!)

It is a 20litre unit with about 30 odd litres in the water tank. 

When we get back home, I normally leave it for a day or two to dissolve the paper even more, then just flush it down the toilet, rinse, dry & put away.

I imagine the portable ones are just as easy to operate.

Well worth it in my opinion, especially as we get older.

We also use it just for No 1's.  My wife place the small bit of toilet paper in a small bin with plastic bag next to the toilet.  This she discards each morning. So we do not have the paper issue to deal with.

Thus we use the normal toilet paper, not the special ones that dissolve easily as it is not deposited in the cassette.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 09:45:01 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Ons het die draagbare Porta Potti met die blou water bo en die groen water onder.
Hy werk lekker vir nommer 1 gevalle, veral waar jy oorval word deur daai 6 de glas brannas hier 2 uur die oggend...
Ek maak hom leeg by die kamp en maak hom skoon en droog by die huis.
Sal hom nie gebruik as daar n privaat ablusie is nie en glad nie vir nommer 2 gevalle nie.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 09:45:27 am
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Ek stem saam dat daar baie meer voordele as nadele is. Veral op afgeleë kampe waar daar slegte of geen ablusie geriewe is nie. Baie kampe het nou spesiale plekke waar jy jou chemiese toilet kan leegmaak en skoonmaak.

Goeie belegging vir al ons senior manne.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 09:55:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek stem saam dat daar baie meer voordele as nadele is. Veral op afgeleë kampe waar daar slegte of geen ablusie geriewe is nie. Baie kampe het nou spesiale plekke waar jy jou chemiese toilet kan leegmaak en skoonmaak.

Goeie belegging vir al ons senior manne.......

Ons het selfs gevind met die besige tyd op die paaie tydens vakansie seisoene is dit baie gemakliker vir Ma om die toilet in die wa te gebruik as om by die 1 Stop se toilet ry te gaan staan.  Vir ons mans is dit nie 'n probleem nie maar die dames kant van sake is nie altyd so lekker nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 10:06:52 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Leon. Jy het my nou regtig n baie goeie idee gegee. Vroutjie kla altyd Langs die pad oor vuil toilets Lang rye. Problem solved !! 

๐Ÿ™ Jy,s n champ ๐Ÿ‘

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 11:15:48 am
Jakes
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 30 May 2016
Experience: 26 years

[

Ons het selfs gevind met die besige tyd op die paaie tydens vakansie seisoene is dit baie gemakliker vir Ma om die toilet in die wa te gebruik as om by die 1 Stop se toilet ry te gaan staan.  Vir ons mans is dit nie 'n probleem nie maar die dames kant van sake is nie altyd so lekker nie.

Kan nie glo dat ek nog nie daaraan gedink het nie ! My vrou sien nie weer n publieke badkamer nie.

Dankie vir die idee. Wys jou, man moet maar jou ore (en oe) oophou!

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:21:18 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Alles wat hier bo genoem is kan ek beaam.

Ek gebruik nie juis die cassette toilet nie want vir n' man is no 1 baia makliker. Vir vroulief in die nag en as die geriewe ver is, is dit wonderlik. Ons gebruik die kamp se ablussie net vir no 2. Ons stort, borsel tande en alles verder in die exclusive se vol badkaamer. Net ons voete loop daar!

n' Mede kamper by Riviersig kom toe eendag met n' geselsie met die stelling dat ons baia vuil mense is want hy kamp langs die badkaamer en hy sien ons nooit badkamer toe gaan nie.....ha ha. As ek my no 2 vroeg in die ogend doen slaap hy seeker nog ha ha!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2020 @ 12:24:22 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons het tot n' Thedford Porta Pottie in die Penta gehad. Dit werk net so goed soos die ingeboude een in die Exclusive se badkamer. Vroulief gebruik dit ook baia liewer as die publieke toilete by die garage one stops. In Mosambiek is dit lewens gevaarlik om die garages se publieke toilete te gruik :) :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 08:29:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het ook die Thedford PP in die Penta gehad.  Het hom gehou en gebruik hom tans saam met die  Tente.

Het so 3 jaar terug net die kosertina hand pompie vervang want die het stukkend geraak.  Wel mens kan dit seker verwag oor die jare se gebruik.  Het om saam met ons eerste Penta in 1997 gekry.

Nee wat dis maar 'n feit soos 'n koeie die PP maak die lewe net makliker tydens kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 13:19:54 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het ons PP so twee maande terug verkoop. Het R900 vir hom gekry.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 15:02:26 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ons het selfs gevind met die besige tyd op die paaie tydens vakansie seisoene is dit baie gemakliker vir Ma om die toilet in die wa te gebruik as om by die 1 Stop se toilet ry te gaan staan.  Vir ons mans is dit nie 'n probleem nie maar die dames kant van sake is nie altyd so lekker nie.

Briljant, pleks het ek met die idee voorendag gekom het voor Valentines day, dink die Tannie sou my in n heel ander lig gesien het.

Ai tog!

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 20:45:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons het selfs gevind met die besige tyd op die paaie tydens vakansie seisoene is dit baie gemakliker vir Ma om die toilet in die wa te gebruik as om by die 1 Stop se toilet ry te gaan staan.  Vir ons mans is dit nie 'n probleem nie maar die dames kant van sake is nie altyd so lekker nie.

Het met die explorer gereeld by n garage gestaan dat die Girl eers die porte Porte gebruik. 

In Mozambique het hy agter in die bak saam gery.

Nou met die classique is dit tot my voordeel ook.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2020 @ 22:06:12 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Het jare lank gesweer ek slaap nie met 'n (chemiese) long drop innie wa nie. Maar soos mens ouer word begin daai ablusie loop ding 'n issue raak, eers gaan jy en 30 minute later moet jy eskort duty trek om SWAMBO te beveilig as sy wil gaan. Laaste 2 jaar maar ingegee in die long drop idee, en nooit weer terug gekyk nie. Geen probleem om skoon te hou nie (maar soos seker almal SLEGS vir No 1!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2020 @ 12:54:18 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

In Mozambique het hy agter in die bak saam gery.

Jin, het sy nie om gegee om agter op die bak saake te verig nie?surprised

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 06:43:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

We also use it just for No 1's.  My wife place the small bit of toilet paper in a small bin with plastic bag next to the toilet.  This she discards each morning. So we do not have the paper issue to deal with.

Thus we use the normal toilet paper, not the special ones that dissolve easily as it is not deposited in the cassette.

So mens mag nie normale toilet papier in PP gebruik nie? Koop mens hierdie spesiale papier dan by Outdoor Warehouse en daai tipe winkels?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:24:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy kan die normale toilet papier gebruik as jy wil.  Dit neem net so effe langer om die cassete uit te spoel want jy wil tog al die paier uit hê.

Die bio degrade-able papier maak dit net makliker.  Onthou daar is 'n float met bewegende dele aan die binne kant en die papier haak gewoonlik daaraan vas.  Dit gebeur dan nie met die bio papier nie.

Soos ek genoem het Lindy sit die papier klaar in 'n asblikkie langs die toilet.  Dit werk 100% vir die gemaklike en vinnige skoonmaak.  Dis maar hoe ons dit doen en dit werk puik vir ons.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:27:11 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Daar leer ek weer iets, biodegradable toilet papier!

Ek neem aan mens koop dit by buitelewe winkels?

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 12:34:03 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Die Thrdford toilet papier breek net makliker in water op. Ons gebruik gewone single ply toilet papier en dit kom gewoonlik alles uit as die tenk leeg gemaak word. Ek spoel ook die tenk met vars water om moontelike laaste stukkies papier uit te kry. Dit werk goed vir ons. Ek dink nie Ria sal te vinde wees om gebruikte toilet papier in die asblikkie langs die toilet te gooi nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 12:50:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daar leer ek weer iets, biodegradable toilet papier!

Ek neem aan mens koop dit by buitelewe winkels?

Ja Outdoor Warehouse het dit.  Ook by van die Campworld handelaars gesien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:08:44 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Leon, hoe veel kos dit? Seeker heelwat duurder as Twinsaver of Baby Soft single ply. Hulle kos so R3.25 per roll. Onthou ons kamp vir maande....

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:10:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja dit is aansienlik duurder.  My siening is ek wil so min as moontlik vir iets betaal wat ek weet ek gaan deur my gat trek............................laughinglaughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:12:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is ook 'n produk van Thedford.  Gewoonlik naby die PP chemikalie en produkte.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:35:22 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het so n' roll papier saam met my Thedford PP gekry. Ek moet se, die papier verdwyn in die water. Waneer jy die tenk leeg maak is daar is geen sienbaare stukkies nie. Maar die doeltrefentheid bly die selfdelaughinglaughing

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:40:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja wel so kry elke ou maar 'n oplossing wat vir homself werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:41:56 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek het ook gemerk nou dat ons lekker kniediep is dat gewone toilet papier baie lank vat om op te breuk in daai onderste kan.

En dit is maar n grillerige spul as jy uitgooi en een sliert hak vas en tref jou op die knieg, die blote gedagte is grrrrrrrr.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:46:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het ook gemerk nou dat ons lekker kniediep is dat gewone toilet papier baie lank vat om op te breuk in daai onderste kan.

En dit is maar n grillerige spul as jy uitgooi en een sliert hak vas en tref jou op die knieg, die blote gedagte is grrrrrrrr.

Ma moet maar minder papier gebruik op 'n slag..................laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 13:52:15 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ma moet maar minder papier gebruik op 'n slag..................laughinglaughing

Bygese, dit was ook my eerste keer met daai kontrapsie, nogal onhandig gewees!tongue-out

Die ander ding wat nogal pla, miskien doe ek iets verkeerd, as jy die toilet trek (onthou alles nr 1'ns) dan is dit asof die onderste bak gas opbou en n hoorbare shuz geluid maak met n gepaardgaande paar druppels.

Wie het dit ookal beleef, miskien gooi ek te veel juice in of iets.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 14:21:05 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Ons gebruik mr loo se toilet cemicals in die tank onder. Gewoone toilet papier geen problem en kos my R195.00 vir 20L. werk ook in noodgeval vir nr2

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 14:42:09 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1466
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

My ergste was toe n' vriendin van my vrou saam met ons gekamp het vir so 5 dae. Ek het op dag een (groot vout) vir haar verduidelik dat as die rooi liggie aankom moet sy my se, en sy mag nie meer die toilet gebruik nie. Op dag 4 se my vrou vir my dat die vol lig aan is. Haar vriendin het niks van dag een onhou nie en dood gewoon die toilet aanhou gebruik. Die uriene vlak was halfpad op in die bak bo die tenk. Nou hoe kan die onderste kaset uitgehaal word sonder om n' gemors te maak. Onmoontelik!!! Ek en my vrou het die heele kaset kompartement met domestos en pine-jell uit gewas....grrrrr!!

Vriendin se toe "dit was seeker ek, sorry". Maar sy is altyd welkom.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb 2020 @ 07:18:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sou dit vir haar gelos het om skoon te maak.  Volgende keer sal sy twee keer dink of eerder die pad vat ablusie toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 18:14:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Leon, hoe veel kos dit? Seeker heelwat duurder as Twinsaver of Baby Soft single ply. Hulle kos so R3.25 per roll. Onthou ons kamp vir maande....

Vandag op skou by Camp and Climb se stalletjie gesien....R39 vir 2x rolle

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 20:10:35 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1204
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Nee wat.  Manne en Vroue moet bykom.   In Griekeland se eilande en Rusland se bote moet mens AL jou papier in 'n houer of sakkie deponeer.   Jy het moeilikheid as jy papier in die toilet afspoel.  Mense wat hieroor kla is te gerieflik en moet bykom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 07:52:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As mens so die toilet / Porta potti gebruik langs die pad......mors hy nie as die wa ry en rond skud nie? Of is hy sò ontwerp dat hy nie met skud kan lek nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 08:23:59 am
Jaques82
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 29 Jan 2019
Experience: 28 years

Daar is 'n handvatsel wat jy skuif dan seel die tenk tussen die bak en die tenk met n deurtjie so niks kan splash of mors buite die tenk nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 10:07:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is 'n handvatsel wat jy skuif dan seel die tenk tussen die bak en die tenk met n deurtjie so niks kan splash of mors buite die tenk nie.

Dankie Jaques....waardeer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 23:21:39 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die is nou nie n Thedford maar werk soos n bom

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 07:22:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vir interesantheid....wat kos dit omtrent aan chemikalie vir n gewone naweek en hoeveel tyd spandeer mens ongeveer per naweek aan so n tipe toilet om hom reg te laat funksioneer?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 07:50:35 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Vir interesantheid....wat kos dit omtrent aan chemikalie vir n gewone naweek en hoeveel tyd spandeer mens ongeveer per naweek aan so n tipe toilet om hom reg te laat funksioneer?

Dit hang af watter chemikalië jy gebruik:

Met die blou en pienk chemikalië is jou uitgawe eintlik dubbel.  Want jy gooi 'n seker maat lekker ruik spoel middel in die boonste spoel tank,  Dan 'n maat blou afbreek chemikalië in die opvang tank.

Die chemicalië in meer as genoeg vir die gebruik van die PP oor 'n naweek.  Die los staande een wat ons in die Penta gebruik het, het so 4 dae gehou dan is die opgaar tank vol en is dit nodig vir skoonmaak en nuwe chemicalie.

So afhangende hoeveel jy kamp in 'n jaar gaan die 750ml bottels jou 'n hele paar maande hou.

ONTHOU die chemikaliê is nie french drain friendelik nie en kan net op seker plekke by oorde leeggemaak word.

Met die eco friendly sakkie tipe Chemicalie is die uitgawe so effe minder.  Hier gooi jy net een sakkie in die opgaar tenk en spoel met gewone skoon water.  Die sakkie hou dan tot jy die opgaar tank moet gaan leeg maak.

Hierdie chemicalië is "french drain" friendelik en sal nie die organismes daarin dood maak nie. Dus kan jy dit in 'n toilet in die ablussies gaan leeg maak.  Daar is 10 sakkies dink ek in 'n pak.  Dus gekoppel aan naweek kampe basies 10 kampe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 22:13:31 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ons het ook die Thedford pp en ma is nou baie lief vir my want sy hoef nie meer in die nagte ablusie toe te loop nie en ek hoef nie meer saam te loop in die nag nie. Verder het ons ook n goeie ooreenkoms die nommer 1 tenk maak ek skoon en die nommer 2 tenk maak sy skoon.

Maar ek het nou so pas weer iets nuuts geleer omtrent die gebruik op die pad want die garage toilet hygiene is nie altyd op standaard nie en ma kla ook daaroor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za