Ek het gisteraand karavaan resies gaan kyk. Hulle stamp mekaar se karavane en voertuie en die laaste een wat nog kan ry is die wenner. Nogals fun gewees...😎
Iemand vir karavaan spares? ? ?
Ai maak my hart seer veral ten opsigte van twee van die karavane.
Die pienk geverfde Gazelle en die Jurgens Palma met dubbel aste. Skaars karavane daai.
Hierdie is seker nou weer 'n belaglikheid wat van Amerika af oor gewaai het. Hoe kan 'n mens soveel genot vind om iets bruikbaars so te verniel ?
Ai dat mens so iets vir plesier kan doen. Geert en glo dis seker lekker fun om te sien maar tog 'n knop in die keel.
Moes GROOT sports gewees het Geert. Mal oor stampkarre gewees in my jonger dae.
Dit kom van Top Gear!
Jeremy end sy trawante hou mos nie van karavane nie.
Ek weet van heelwat motorfietse wat ek so sou kon opf..,.....oeter!......,.l!!!
Dink dit gaan somtyds erger op ons paaie soos die mense oor langnaweke jaag om by hul bestemmings te kom.
Elke mens se smaak verskil maar as dit kom by vermaak.
Verseker nie my "cup of tea" nie.
In my opinie. AAKLIG om so te mors. Ai ai.
That's very cool... thanks for sharing.
Dit gaan hullle 'n paar dae vat om daai baan weer skoon te kry.
Al daai gemors weg ry.
Dit gaan al lank so aan by Mahem. Het in 1990 ook gaan kyk.
Hoogtepunt van die aand.
Toe ek klein was, het ons twee buurseuntjies gehad wat elke keer as hulle speelgoed gekry het, dit met 'n baksteen platgeslaan het en met die resultaat kom spog het. Ek kon dit nooit verstaan nie- ek het nou nog enkele van my speelgoedkarretjies. Hulle was egter klein seuntjies. Ek kan nog minder verstaan hoe mense wat soos volwassenes lyk, hulle speelgoed so wil vernietig- moet iets iewers los hê
Ek glo darem vas dat daai ou waens buite ekonomiese herstel was te tye van die wedren.
Kan nie glo dis al 4 jaar terug nie. As dit bietjie warmer word wil ek weer gaan loer