English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 681
Total Views: 83 243 715
topics: 11 569
replies: 139 147
views: 39 339 971
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Caravan & Outdoor

replies: 12
views: 331
3 days ago @ 10:26:09 am
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 31 years

Het iemand dalk enige nuus oor die nuutste Caravan & Otdoor tydskrif. niemand reageer op my e-posse nie in verband met die volgende uitgawe. Geen mens weet wanneer hy weer gaan verskyn nie en hulle is tjoepstil. As intekenaar wil ek graag weet waar ek staan. Die laaste uitgawe was Unie/Julie. K het ingeteken vir 'n uitgawe elke maand. Beteken dit dan dat hulle my 12 uitgawes gaan gee, maak nie saak wanneer hulle uitgereik gaan word nie.

Weg Sleep word darem gereeld elke 2 maande uitgereik. Het ons die einde gesien van Caravan & Outdoor? Dit sal jammer wees.

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 11:54:31 am
MariusRix
New Member
88% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 28 Oct 2013
Experience: 19 years

Hi Great White!  Ongelukkig voel die redaksie 'n vy vir sy intekenare.  Hulle stuur dit dan met die verspreider, volgende maand weer iemand anders en so ploeter hulle voort.  Ek het jare gelede in Ladybrand gewoon en was ook 'n sogenaamde intekenaar.  Daai tydskrifte het soos breiwerk daar aangekom - knit one, slip one.   Ek was in verbinding met die redakteur, wat maar tiperend heuning om die mond gesmeer het met "hy was al in Ladybrand en dis so mooi daar".  Partykeer is die posdiens skuldig, maar dit bly swak van die redaksie om nie te reageer op jou navraag nie.  Sterkte!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 20:20:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het Februarie ingeteken. Moes elke keer agter hulle aanbel om te hoor waar my 2 of 3 eksemplare is. Laaste een wat verskyn het, het hulle nie afgelewer nie....by navraag sê hulle toe ek moet online lees. Ek het gesê ek lees nie online tydskrifte nie, so as hulle nie harde kopie gaan lewer nie, soek ek n refund. Hulle het toe ingestem om refund te gee, maar het die verskoning dat hulle nie elke dag op kantoor is nie....so kan bietjie langer neem. Ek wag al meer as 2 weke....weer eposse gestuur....geen reaksie....lyk my hulle werk nooit meer nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 09:20:21 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 852
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Dit is 'n tragedie dat besighede so op tree

More dan huil hulle die klantel het verdwyn...nie hulle skuld nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 11:33:37 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Hierdie hele krapperigheid kom al n lang pad. Kyk na die onderwerp "What is your thoughts about this" van April 2007". Daar was nog n onsmaaklikheid van COL later waar daar ook beswaar gemaak is deur Mnr Castle oor die aanhaal van een van ons lede oor die vrystelling van n nuwe model karavaan. As ek reg onthou was COL nie aangehaal toe die berig hier deur n lid gekwoteer was nie. Groot besware van kopiereg ens as my geheue my nie in die steek laat nie.

Sulke kwetserigheid word deur lesers onthou en eendag maar eendag het jy weer daardie lojale klient nodig wat intussen aanbeweeg het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 12:34:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9753
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hy was altyd hier by die SPAR naby my op die rak.

Het gister gevra vir hom, wel seker maar tevrede wees met haar antwoord........

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 18:20:45 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Sien vandag die ou engelse tydskrif "Getaway" op die rak vir R42.95. Helfte goedkoper as die Weg of Wegsleep. Hoekom sou dit vwees? Was of word ons uitgebuit met die afrikaanse tydskrifte ? Steeds oorleef die Getaway. Ek het die engelse weergawe van C&OL gelees so ek sal regkom met die Getaway teen helfte van die prys.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
2 days ago @ 21:27:17 pm
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 31 years

Goeie naand almal. Dankie vir al die teruvoer. Dit is duidelik ons word uitgebuit en COL gee niks om nie bly doodstil

Dieselfde word ondervind by ons Media 24 waar ons R109 per mand betaal vir verskeie publikasies en koerante. Die aantal is verminder en n hele paar tydskrifte verskyn nou elke 2 maande en nie elke maand nie. Dit kos nog steeds R109 per maand!!!!!!

HOEKOM????

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 10:06:33 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek reken dat die R99.00 wat ek maandeliks vir Netwerk24 betaal, absoluut elke sent werd is. Ek lees my daaglikse koerant (Die Burger) elke oggend saam met my koffie - en Sondae die Rapport. Dan het ek toegang tot Weg/Wegry & Sleep en Landbouweekblad - die 2 tydskrifte wat ek gereeld lees. My vrou lees graag Sarie. Dan het ons ook toegang tot Huisgenoot (waarna ons selde kyk) en ander tydskrifte en koerante.

Toe Die Burger nog daagliks by my afgelewer is, was die maandelikse koste reeds meer as R180 per maand. Gesien in die lig van die ander genoemde publikasies se pryse, is R99 per maand 'n moerske "bargain".

Net my opinie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 20:42:48 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years
  • Ek stem -  net die rapport alleen is ver meer as r109 per maand en daar is beslis iets vir elkeen se smaak.    Al die provinsies se koerante elke dag, rapport huisgenoot sarie kuier landbouweekblad tv gids weg sleep kamp finansies baba en ten minste 2 storieboeke bv tans Fiela se kind of dieper as bloed en n luisterboek word elke maand opgelaai.   Dis n groot besparing vir boekwurms en die hele gesin het n keuse.  
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 21:12:44 pm
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 31 years

Naand,

Ek stem saam dat dit groot waarde vir geld is. Net jammer ons kry nou jaarliks minder tydskrifte vir dieselfde geld

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
yesterday @ 21:36:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek stem saam....R99 is cheap, maar ek lees nie tydskrifte en koerante online nie. Daarom het ek vir die duurder opsie gegaan....harde kopie wat ek nie kry nie.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
today @ 06:15:27 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 990
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek stem saam....R99 is cheap, maar ek lees nie tydskrifte en koerante online nie. Daarom het ek vir die duurder opsie gegaan....harde kopie wat ek nie kry nie.

 

Lyk my dit was 'n "harde" les. Ek is ook 'n intekenaar @R99 pm en dit doen dit vir my. Geniet ook eerder om 'n boek in die hand te hou, maar dit was maar nou my keuse. Ek sal maar hou by my weermag boeke (hardeband) wat ek verslind.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za