Sprite Swing 2013.Die kondensor ("grid")agter die koelkas het in 3 jr so geroes dat dit gas begin lek het en koelkas nie meer werk nie.
Voordat die nuwe kondensor geïnstalleer is in 2016 het ek die hele kondensor gespuit met Tectyl 506. Die pypies en die drade.
Lekker taai. 6 jr later is daar nog geen roes nie. Ek weet dit is wetenskaplik nie korrek nie aangesien die hitte nie so maklik ontsnap deur die tectyl nie. Maar die kompressor hardloop nog!
Klaasvakie, daai Tectyl is goeie goed hoor! Het hom self lank gebruik met groot sukses. Hy stop en verhoed enige roes.
Gawe idee. Ek wonder net of dit bedoel is om roes te verhoed of om roes wat reeds gevorm het, te neutraliseer. Ek ken nie die spesifieke produk nie, so ek wil graag weet.
Nee Fred, die Tectyl keer roes 100% so pypies roes nie en kry dus nie gate nie. Die nuwe kondensor het net n dun lagie swart verf opgehad. So, sprei verkieslik voor roes begin.
Waar kry ‘n mens dit te koop?
Sprite Swing 2013.Die kondensor ("grid")agter die koelkas het in 3 jr so geroes dat dit gas begin lek het en koelkas nie meer werk nie.
Voordat die nuwe kondensor geïnstalleer is in 2016 het ek die hele kondensor gespuit met Tectyl 506. Die pypies en die drade.
Lekker taai. 6 jr later is daar nog geen roes nie. Ek weet dit is wetenskaplik nie korrek nie aangesien die hitte nie so maklik ontsnap deur die tectyl nie. Maar die kompressor hardloop nog!
Julle moet meer gereeld kamp....
Ek het lanklaas gekoop maar probeer die motor plekke soos midas. ATLAS AVIATION maak of versprei hom. Tot so n paar jaar terug het Toyota die motor deure aan die binne gespuit daarmee. N vriend van my spuit sy onderstel na n trip Henties toe. Natuurlik moet die sout eers afgespuit word. Dit is lekker vloeibaar en dring in al die gleuwe in
Dit los n effe wasagtige laag as dit droog is. Maak skoon met terpentyn.
Ons by die see ken hom.
Dankie.
I see that they also sell a stone chip spray. They are based in Boksburg and Delmas and also sell online.
Sal dit werk ook om die Aircon se grit voor ook te behandel. Roes het al hier begin vat?