English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 531
Total Replies: 252 828
Total Views: 83 250 342
topics: 11 577
replies: 139 238
views: 39 343 418
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Cape st Francis-Whats it like?

replies: 6
views: 5909
21 Apr 2004
Anonymous
Have searched the archives and only found an old post from Aug 2003, so here goes again. Any comments on the Cape St Francis resort as listed in the Top 100 resorts? The rates seem a bit high but we have nonetheless booked there for December 2004 for a extended period. Is it worth the money? Any comments?

CATs
Live Life at a Gallop-Colt Rodeo!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2004
Anonymous
Ons het die kamp besoek November 2003. Het werklik nie 'n goeie tyd gehad nie. Moes R100 deposito betaal vir hek sleutels en ablusie sleutels. Daar was nie eers 'n hek nie. Die ablusie blokke het heel naweek oopgestaan. Daar is nie veel skadu nie. Die gras is vol duwweltjies. Jy kan nie in die see direk voor die kamp swem nie. Die Vrydag nag het hulle by die retaurant 'n helse party gehou tot 3 uur die oggend. As dit kampers was, kon 'n mens dit nog verstaan, maar die oord self. Ons kan nie regtig die wind skuld gee nie, maar dit het heel naweek gewaai. Die omgeweing daar is natuurlik pragtig. Ander mense wat ons ken het het natuurlik die ander dag 'n lieflike naweek daar gehad. In elk geval dit was ons ondervinding. Ek glo nie die oord regverdig die tot 100 nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2004
Anonymous
Ek kan net be-aam wat Tinus se, ons was 2 maande gelede op 'n Oos-Kaap toer en het niks vooraf gebespreek nie. Die beplanning was Cape St Francis vir 2 dae, volgens ons bure wat 'n huis daar besit is die kamp beter as die op Jeffreys. Maar die beste toets was, toe ons daar aanland om my vrou en skoonma deur die kamp te stuur vir 'n evaluasie, hulle het dit 'n 0/10 gegee. Ons is toe na Jeffrey Bay Caravan Park, baie mooi en die moeite werd, direk op die see. Enigste probleem wat die vrouens gehad het was dat ons ver van die ablusie was, daar is twee blokke, maar net die een het was geriewe. Die feit dat hulle op die see is stel 'n veiligheid probleem vir diefstal, maar ek dink Desember sal baie vol wees, wat dalk die misdaat sal verminder. Daar is twee oorde op Jeffreys, ken nie die ander een nie, maar dink nie ek sal daar bly nie. 2 Maande gelede was daar 3 karavane by Cape St Francis, 40 by JeffreyBay KP and 1 by die ander Jeffrey KP.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2004
Anonymous
We were at Cape St Francis over the Easter Weekend and have been there before. To get the most out of the resort you would need to take stands 2, 2a or 2b - they have views looking across the bay towards the lighthouse which is great even for us who live at the coast, but they are battered by the wind as they are completely exposed. However, we vowed not to go back as a result of the ablutions which are extremely run down and have been for the last three years.

We have just returned from Plettenberg Bay's Aventura Keurbooms this weekend (which is not in the top 100, but could easily be placed top 10 as far as I am concerned) - it really is a lovely park with lots of things for the kids to do and neat and clean ablutions, it is situated along the Keurbooms River and is probably 5 km from the beach. It is only about 100km west of Cape St Francis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2004
Anonymous
Cats

Natures Valley Rest Camp is wonderlik stil (in die woud) en die lagoon is ideaal vir die kinders. Groot uitegestrekte strand en ongelooflike natuurskoon. Naby Monkey land en nuwe volpark wat Desember 2004 oopmaak. Daar is ongelukkig nie krag nie, maar die res maak op daarvoor. Aventura naby Plet is pragtig teen die rivier. Ons het ook 'n lieflike tyd gehad by Keurbooms Lagoon. Net voor Plet van PE se kant. Ook by lagoon en baie om te doen in omgewing. Nog 'n lekker plek is Lake Brenton by Knysna. Pragtige uitsig oor Knysna meer. Ongelukkig moet jy ry see toe. Fasiliteite uitstekend.

Groetnis

Tinus
PE
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2004
Anonymous
Middag Cats
St Francis Baai wat teenaan Cape St Francis l is natuurlik pragtig met al die huise so langs die kanale. Ek dink daar is ook 'n restaurant op die strand. Daar is ook geweldig baie ontwikkeling aan die gang by Port St Francis. Jy is ook natuurlik baie naby aan Oesterbaai wie se karavaan park onlangs 'n 5 gradering gekry het.(30km) Sien uit om te hoor wat jul ervaring was.
Tinus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2004
Rika
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 01 Jan 2007
Ek was in Maart by Tsitsikamma Nasionale Park. Ek het nou wel nie gekamp nie, maar dink dat die park een van die mooiste is waar ek al was. Die hele plek is net ongelooflik. Die kampeerplekke is teen die see met netjiese gras en die ablusie geriewe is baie skoon en ek sal dit vir enigiemand aanbeveel.
Groete,
Rika
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za