Wat is die verskil tussen Canvas en Polyester ripstop? Wat is die beter materiaal vir n dome tent?
Wat is die verskil tussen Canvas en Polyester ripstop? Wat is die beter materiaal vir n dome tent?
My Maat, ek dink polyester rip stop. Dit is ligter en net so sterk of sterker en ..... well beter
Net, die gevoel van die materiaal is plastiekerig!
Wat will jy maak jy Geert?
Die materiaal van Jurgens se tent dakke is ook beskikbaar by Hyfords Trading. That is the winner.
Watter een is meer son bestand?
Watter een se stiksel nate is meer water bestand?
Watter een is meer brand bestand?
Wanneer dit vlam vat, gee enige een van die twee 'n dodelike gif gas af soos die goedkoop ingevoerde nylon tente?
My Maat, ek dink polyester rip stop. Dit is ligter en net so sterk of sterker en ..... well beter
Net, die gevoel van die materiaal is plastiekerig!
Wat will jy maak jy Geert?
Nee...ek wil niks maak nie. Ek het n opsie om n dome tent wat van polyester ripstop materiaal gemaak is te koop teen n goeie prys. Nou wonder ek maar net hoe vergelyk dit met canvas. Soos jy noem.....heelwat ligter en tentsak heelwat kleiner teenoor canvas tent.
So wil eintlik weet wat sou die beter keuse wees.....n canvas dome tent of n dome tent wat van polyester ripstop gemaak is
Geert, Ek het nie antwoorde vir jou oor die eienskappe van ripstop nie. Beide katoen en die kunsvesel het uitstaande kenmerke wat die ander nie het nie. Ripstop is byvoorbeeld 100% waterdig terwyl katoenseil na 'n ruk se gebruik weer dig gemaak moet word. Ek weet net ek verkies katoenseil. Dit voel net vir my meer kwaliteit as die ripstop . Dit is heelwat duurder as ripstop en dit is waarskynlik die rede waarom meeste karavaantente deesdae van ripstop gemaak is. Ongelukkig maak Skipper deesdae ook hulle tente daarvan. Myne is nog regte katoenseil.
As ek jy was, en ek het die tent nodig, sou ek dit neem. 'n Bargain is 'n bargain en ripstop is nie minderwaardig nie.
ek verkies die RIPSTOP
Kan hom redelik droog kry as jy op pak en sal nie so maklik mif soos katoenstof nie
hy sal ook maklikker hanteer as dit klam is
RIPSTOP lek nie deur as jy aan hom raak in die reen nie
my 2c
As dit winderig of koud is, soos by die see, dan verkies ek seil, maar dit maak die tent swaar.
Vir n vinnige naweek in n rustige omgewing is Nylon baie lekker. Lig en maklik om op te slaan.
As jy baie lank staan begin nylon verkleur en naderhand skeur en lek.
Persoonlik verkies ek "canvas" . Hy is stewiger en koeler en baie meer duursaam.
Geert, Ek het nie antwoorde vir jou oor die eienskappe van ripstop nie. Beide katoen en die kunsvesel het uitstaande kenmerke wat die ander nie het nie. Ripstop is byvoorbeeld 100% waterdig terwyl katoenseil na 'n ruk se gebruik weer dig gemaak moet word. Ek weet net ek verkies katoenseil. Dit voel net vir my meer kwaliteit as die ripstop . Dit is heelwat duurder as ripstop en dit is waarskynlik die rede waarom meeste karavaantente deesdae van ripstop gemaak is. Ongelukkig maak Skipper deesdae ook hulle tente daarvan. Myne is nog regte katoenseil.
As ek jy was, en ek het die tent nodig, sou ek dit neem. 'n Bargain is 'n bargain en ripstop is nie minderwaardig nie.
Vandag met n verskaffer gepraat. Hulle het vreeslik lank verduidelik, maar dit kom daarop neer dat hulle ripstop maak omdat katoen te duur is. So jou katoen tent is eintlik n duursame tent.
Get the canvas ripstop over the polyester anytime. Polyester after a while leaks. We have had both from Howling moon. Our Skipper is cotton canvas of a thicker good quality and is even more waterproof.
Ek het n 3x3 ripstop dome tent wat ek vir vinnige wegbreke gebruik saam met n 3x3 gazebo. Baie happy met hom, baie sterk, ligter om te vervoer, waterdig en raak gouer droog. Partykeer gebruik ek die dining shelter/kitchen tent saam met die dome tent ook. Sal nie n fout maak nie. My seun het ook twee ripstop dome tente en ook happy daarmee. Vir langer staan gebruik ek die karavaan.