English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 085
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 633
Share all those nice recipes with everybody...

Cadac cast iron grill

replies: 25
views: 515
04 Aug 2018 @ 07:56:42 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

More almal.

Wat is tog die truuk om ñ stuk vleis op daai ronde giet yster plaat van Cadac, wat ñ man op die gas gebruik, gaar te maak? Liewe aarde ek kan net nie die truuk vang nie, het gisteraand weer probeer maar ek is seker dat selfs conveyer belt sagter en beter sou proe as daai steak, plus die stemmetjie in my kop het vir my gewaarsku dat 2 min noodles makliker en beter sal wees om te maak. Gee raad asb manne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 08:28:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het nie n gietyster plaat nie...so het nie ondervinding nie, maar sou sê braai vleis op die hoogste hitte in die kortste tyd

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 08:34:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek gebruik soms n vurk en steek die vleis vol gaatjies. Dan strooi ek van Robertson's spices se "meat tenderizer" op....maak dit nat met brandewyn en vryf dit met jou vingers in die vleis in....dan op hoë hitte

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 08:47:06 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Op Google sê hulle net hoe om eiers en bacon op die ding te maak, ek kan nie sien dat mens so swaar ding moet saam sleep as al wat jy op hom kan maak, bacon en eiers is nie, my buurman het ook sy plaat vir my gegee, hy het net gesê " I have no use for it, only used it once" so ek dink selfs hy het met die ding gesukkel. Ek het warm en vinnig probeer, maar opgeeindig om ñ nuwe tiepe materiaal wat taaier is as conveyer belt te vervaardig uit steak nogals ( moet dit eintlik pattenteer). So ek dink as ek dit weer oor my hart kan kry om so lekker vleisie op te neuk, gaan ek dit die keer laag en stadig probeer en as dit dan nie werk nie skenk ek die goed aan my vyande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 08:48:39 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Dankie Relaxed camper, sal dit verseker probeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 08:57:05 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Is jy seker jy het met goed-rypgemaakte steak begin? Ek het ook een van daardie plate gehad. Dit maak steak perfek gaar (op die riffelkant).  Maar dit moet "well matured steak" (minstens 28 dae) wees - soos met enige steak.

Die enigste rede hoekom ek dit nie meer gebruik nie is omdat dit so 'n swaar item is en gevolglik moeilik om te vervoer, te verpak en skoon te maak. Ek gebruik nou 'n kleiner gietyster riffelpannetjie wat ek sommer op 'n "Cadac cooker"-plaatjie gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 16:32:32 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Ek gebruik myne so gereeld en ook op n oop flam vuur

Gebruik goeie vleis

Maak daai cast iron mooi warm

Sit die rump of t been skyf op 

Time hom so 8 minute per kant afgangend van die snit dikte

haal die vleisie af om te rus

sout en peper of wat ookal na smaak

Geniet dit is die gewig werd

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 20:22:11 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

My vrou slaan my nek raak as ek so 28 dae oue steak vir haar gee, sy sal sê daai steak moes al begrawe gewees het, maar ek weer sal hom probeer soos julle manne sê, ek moet die ding bemeester, nes ek nog die Weber moet bemeester en nog ñ wilde rivier Forel moet vang in ñ yskoue berg stroom en nog ñ Tiervis moet aankeer. Blikkies maar ek het nog baie om te doen in hierdie een leeftyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 09:07:04 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Jy moet darem ook nou nie jou stuk steak vir 28 dae in jou yskas laat lê nadat jy dit by die slagter gekoop het nie (tensy dit vakuumverpak is) - dan sal jou vrou jou dalk wil m0€r oor die reuk in die yskas. Nee - jou slagter moes die karkas laat hang het in 'n koelkamer vir 28 dae.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 09:54:29 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2005
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Jy moet darem ook nou nie jou stuk steak vir 28 dae in jou yskas laat lê nadat jy dit by die slagter gekoop het nie (tensy dit vakuumverpak is) - dan sal jou vrou jou dalk wil m0€r oor die reuk in die yskas. Nee - jou slagter moes die karkas laat hang het in 'n koelkamer vir 28 dae.

Neem my nou terug na die ou dae toe ons nog in Nelspruit gebly het en vakansie in Blythdale gehou het. Tussen Pongola en Mtubatuba het die karkasse so onder die boom gehang en dan is die vleis wat die plaaslike mense wou hê afgesny. 

Lekker "ryp" geword. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 10:52:55 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Jan - Laat my dink aan wat my ma jare gelede vertel het van 'n besoek aan die wildtuin voordat daar ordentlike goed beskikbaar was om vleis koel te hou tydens vervoer. Hulle het iewers by 'n slaghuis, oppad wildtuin toe, skaaptjops gekoop. By gebrek aan koelgeriewe, het sy dit goedgedink om die vleis in 'n drukkoker te plaas (verbeel jou - oppad wildtuin toe met 'n drukkoker!) en toegepak met 'n kombers of twee. By die wildtuin aangekom, het die vleis toe so 'n groenerige kleur en taamlik benoude reuk. Sy vra toe een van die skoonmakers of hy dit sal weggooi op 'n geskikte plek, want sy wou dit nie sommer in 'n asblik gooi nie. Later die dag toe sien hulle dat die skoonmakers heerlik sit en smul aan dié tjops wat hulle gebraai het. En nie een van hulle (die eters) het iets oorgekom nie.

Dit het my menige keer laat wonder of ons nie deesdae onnodig vol twak is met ons uitermate higiëniese vereistes en standaarde nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
05 Aug 2018 @ 17:27:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

More almal.

Wat is tog die truuk om ñ stuk vleis op daai ronde giet yster plaat van Cadac, wat ñ man op die gas gebruik, gaar te maak? Liewe aarde ek kan net nie die truuk vang nie, het gisteraand weer probeer maar ek is seker dat selfs conveyer belt sagter en beter sou proe as daai steak, plus die stemmetjie in my kop het vir my gewaarsku dat 2 min noodles makliker en beter sal wees om te maak. Gee raad asb manne.

Toemaar, ek het ook geen liefde vir daai plate nie.

Ek braai eerder oor oop kole.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 17:42:13 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 176
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Chris Ja ek het n ewige geveg hier by die huis oor die bb date Myns insiens gooi mense kos te maklik weg wat die datum bereik alhoewel die produk nog goed is vir n langer tyd

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 19:01:14 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Chuck ek stem saam oor die oop vuur braai, maar na laas naweek se potjie is my hout nie weer aan gevul nie en nou Vrydag wat verby is kom ek by die huis aan en ek ruik iets is verkeerd, die kos potte prut nie, ek vra toe my Eva wat sal die rede wees hiervoor? Sy reken my dat sy genoeg gehad het en ek nou maar iets moet maak, ek sê toe dat ek nie kan glo dat daar nie meer disipliene in my huis houding is nie, maar ek word net die pak steaks gewys en sy gaan sit soos een van daai klomp wat die grond wil hê en verroer nie ñ vinger verder nie, dis toe dat ek sien die hout is klaar en ek gaan gas en daai cast iron moet gebruik, die res ken julle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 19:16:57 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Ek onthou my pa my vertel het van die cole fridge wat hulle daai jare by sy oupa se cabin op Danabaai gehad het, my oupa grootjie het oesters gesteek om dan op gevlieg te word na die Carlton hotel hier in Johannesburg. Die kontrapsie was glo ñ kas van draad met die cole tussen nog ñ kas draad in gepak en dan met water nat gegooi en die luggie wat daar deur getrek het, het glo die skaap koud gehou vir die naweek, maar my pa sê teen Sondag was daar ook al ñ klankie en ñ mens moes hol, na die laaste ete, vir die troon voor die terug tog Mosselbaai toe aangevat word. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 06:24:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het nie n gietyster plaat nie...so het nie ondervinding nie, maar sou sê braai vleis op die hoogste hitte in die kortste tyd

Stem saam. Baie warm plaat. Enige stukkie steak werk dan mooi. Pas gekoop of "ou" steak.

Ek hou ook daarvan om die vleis vooraf te spice.

Plaas op die warm plaat riffel kant. (1 Min) Net om te seel.

Draai om en seel ook die anderkant en braai verder tot jou med, med rear of welldone.

Ek hou daarvan om my steak direk van die warm plaat of vuur af te eet.

Hoekom die Riffel kant????????   Dit hou die vleis opgelig uit die sous uit want die vog maak die vleis taai. As jy een of twee stukkies vleis op die plaat het, nie 'n probleem nie, maar meer stukke vleis maak meer vog.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 09:22:07 am
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Dankie manne, maar ek dink ek is genees van daai plaat, ek sal hom nog een keer probeer soos julle voorstel maar as dit weer flop, dan word daai plate deur stopers.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 10:49:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dankie manne, maar ek dink ek is genees van daai plaat, ek sal hom nog een keer probeer soos julle voorstel maar as dit weer flop, dan word daai plate deur stopers.

Ons het Saterdag 'n week of twee terug weer die Hotrock ding gedoen. Sien draad hier op die forum. Dit werk basies op dieselfde manier met die verskil elke ou het sy eie plaatjie waarop jy jou vleisie "Tan".

Het dit terdee geniet.

Seël net die vleis albei kante vinning om dit vogtig binne te hou en braai tot jou manier van gaar. Moenie dit nie in die sous laat gaar kook nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 12:43:31 pm
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Ockert, vleis is soos vroumense.....hanteer met finese.

die gasplaat werk vir my soos 'n bom. Jy kan as jy wil, vleis so bietjie laat lê in soyasous en dan as jy dit uithaal olyfolie opsmeer. maak gasplaat vrek warm (soos Leon hierbo gesê het) en sit steak op vir 3 minute aan een kant en draai na 3 minute om aan braai anderkant. moenie gasplaat so vol oophou nie. bring sy vlam af na so halfpad. vleis sal so medium rare wees.

Ooookkk, as jy jou vleis opgesit het drink een langglas brandwyn // whisky (soos 'n ou want laasnaweek laas iets gebruik het en lus is vir drink - so medium spoed) dan is jou vleis so medium / well en nog pink binne. drink twee brandewyne en die vleis is well done. drie brannas en dan hou jy maar aan drink en gooi vleis weg!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 12:48:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ockert, vleis is soos vroumense.....hanteer met finese.

die gasplaat werk vir my soos 'n bom. Jy kan as jy wil, vleis so bietjie laat lê in soyasous en dan as jy dit uithaal olyfolie opsmeer. maak gasplaat vrek warm (soos Leon hierbo gesê het) en sit steak op vir 3 minute aan een kant en draai na 3 minute om aan braai anderkant. moenie gasplaat so vol oophou nie. bring sy vlam af na so halfpad. vleis sal so medium rare wees.

Ooookkk, as jy jou vleis opgesit het drink een langglas brandwyn // whisky (soos 'n ou want laasnaweek laas iets gebruik het en lus is vir drink - so medium spoed) dan is jou vleis so medium / well en nog pink binne. drink twee brandewyne en die vleis is well done. drie brannas en dan hou jy maar aan drink en gooi vleis weg!laughing

Na 3 brannas + kan jy skoen sole maak van vleiscool

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 13:05:30 pm
Ockert
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 107
Joined: 26 May 2017

Hehehe, dankie vir die raad manne, julle is duidelik kenners, daai brannas een van Jan moet ek vir my broer verduidelik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 13:48:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja kyk daar is manne wat net glo in gooi.

Brannas doppe en hout op die vuur. Hulle kom nooit tot die eintlike braai van die vleis nie.

Ha Ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2018 @ 20:51:55 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years

Nou laat julle kenners my terugdink toe brannas en vleis goedkoop was,praat van so 50jr terug, toe ek nog my dop vinnig kon afgooi en dan aandag aan die kosgoed en meisies gee.Man dit was nou aangename dae,min sorge behalwe wanneer maak ons weer so.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2018 @ 06:01:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja nogal die jare het ek myself net verstom by braai geleenthede hoe van my pelle verander nagelang die braai aand al hoe later word.

Ek het nooit van daai spesifieke voggies gevat nie so nog altyd was ek bewus van my eie doen en late.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2018 @ 06:08:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja kyk daar is manne wat net glo in gooi.

Brannas doppe en hout op die vuur. Hulle kom nooit tot die eintlike braai van die vleis nie.

Ha Ha ha

Leon wrote: "Ja nogal die jare het ek myself net verstom by braai geleenthede hoe van my pelle verander nagelang die braai aand al hoe later word."

Het jy geweet

n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy baie slim is na ‘n paar doppe! cool

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2018 @ 06:29:05 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Leon wrote: "Ja nogal die jare het ek myself net verstom by braai geleenthede hoe van my pelle verander nagelang die braai aand al hoe later word."

Het jy geweet

n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy baie slim is na ‘n paar doppe! cool

Lekker lag ek nou vir daai redenasie.

@Leon, oormatige voggies en braai loop ook nie lekker. Braai maar eers klaar en kuier daarna as jy wil. Ek het in elk geval 'n reeling dat ek nie sommer na 19:00 'n drankie meer vat nie.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required