English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 959
Total Views: 83 204 494
topics: 992
replies: 14 068
views: 3 256 097
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Cadac Safire gas heater

replies: 16
views: 251
28 Jan 2020 @ 13:57:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Werk hierdie verwarmer lekker vir die winter maande? Is hy swaar op gas? Sal julle dit kan aanbeveel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:17:26 pm
Anonymous

Hy is nogals redelik swaar op die gas verbruik en is ook geneig om 'n gas reuk te gee as jy hom binne die huis in 'n kleinerige vertrek gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:37:25 pm
Anonymous

Geert, ek het 2.

Eerste een gekoop in middel 70tigs vir die reuse bedrag van omtrent R18.99, en nog een in middel 80tigs gekoop teen vreeslike prys van R65.00 (ek het nog albei se bokse waarin hulle gestoor word, met pryse op!) 

Albei is nog elke winter in gebruik, en ek het getoets tussen hierdie tipe verwarmers, en die trollie tipe met die keramiek elemente. 

As mens bietjie moeite doen en navrae doen, en op die pamfletjies lees,  is almal se gasverbruik gram/uur ens beskikbaar, en die Safire se verbruik is volgens my eie toetse die laagste.

Alle gasverwarmers gee maar die verbrandingsreuk af, en mens maak voorsiening vir vars ventilasie om lug skoon te hou.

Dit is ons ondervinding oor ongeveer 45 jaar. Ons het dit ook in tent gebruik toe ons nog gekamp het, en selfs die wa binne vinnig warm gemaak in die winter!

Ek het ook die gevoel gekry dat die Safire se "uitstralings-hitte" wyer dek en warmer is as die keramiek-tipe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:51:43 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Is dit nie 'n bitter gevaarlike verwarmer nie? 

Enige element wat warm maak is seker gevaarlik, maar hierdie gasverwarmer (ek glo hy is baie effektief) lyk net vir my meer gevaarlik as ander modelle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:53:58 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Verskoon my vraag/opmerking hierbo, maar ons maak maar vuur op die braai en gooi dit dood as ons gaan slaap binnetoe gaan. Daar gebruik ons maar 'n kombers om ons knus en warm te hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 14:59:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Verskoon my vraag/opmerking hierbo, maar ons maak maar vuur op die braai en gooi dit dood as ons gaan slaap binnetoe gaan. Daar gebruik ons maar 'n kombers om ons knus en warm te hou.

Ek wil hom nie binne karavaan gebruik nie. Soms as ons buite braai, dan kry vrou koud....wil hom dan sommer langs haar sit. Binne gebruik ons fan heater

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 15:02:18 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1578
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Ek gebruik die elektriese blaas tipe Die woonwa is in n japtrap lekker warm

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 15:02:46 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ek wil hom nie binne karavaan gebruik nie. Soms as ons buite braai, dan kry vrou koud....wil hom dan sommer langs haar sit. Binne gebruik ons fan heater

Wat van die blik houer met paar kole onder die stoel om die boude warm te hou en 'n lekker whiskey vir die maag. Balaklawa of beanie vir die ore!

Gasverwarmer.....nee

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 16:08:51 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1308
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

My skoon ouers het n soortgelyke gas verwarmer gebruik vandat ek hul dogter leer ken het tot hul afsterwe. Geen probleme gehad nie. Huidiglik gebruik ons die keramiek een ook vir jare. Hy is swaar op gas indien aldrie stawe verhit word. Ons verhit slegs een en kom lank met die gas uit. 

Geert vir jou gebruik sou daardie een op foto uitstekend werk. Selfde tipe as as die wat in eetplekke gebruik word. Hulle sin is net n meer moderne afwerking. Selfde hoender, jy braai hom net anders.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 18:27:21 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Gebruik van ons s'n was oorspronklik vir die tent buite die karavaan. Werk egter so goed dat die dingetjie nou by die huis gebruik word (sitkamer terwyl ons TV kyk) en dan verskuif word karavaan toe sou (SOU!!) ons gaan kamp in die winter. Hoogs aan te bevele en maar soos enige gas of verwarmer toestel moet jy maar versigtig wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 19:47:51 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die Safire vir die tent en 'n klein blaas verwarmer vir die woonwa het ons verblyf in Drakensville en die Oos Vrystaat deur die winter gerieflik gemaak. Hulle bly in woonwa.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 21:19:07 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Geert ek sal dit nooit doen. Na n paar keer se rond dra lek gas en ek glo geen oop vlam naby jou karavaan wat nog van binne n karavaan. n klein fan heater is meer as voldoende en het so Al baie koue nagte getrotseer. 

Ek het nog nooit eens my stoof in die karavaan gebruik.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 22:38:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert ek sal dit nooit doen. Na n paar keer se rond dra lek gas en ek glo geen oop vlam naby jou karavaan wat nog van binne n karavaan. n klein fan heater is meer as voldoende en het so Al baie koue nagte getrotseer. 

Ek het nog nooit eens my stoof in die karavaan gebruik.

 

Wil buite gebruik

Ek wil hom nie binne karavaan gebruik nie. Soms as ons buite braai, dan kry vrou koud....wil hom dan sommer langs haar sit. Binne gebruik ons fan heater

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 06:15:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geert, ek het 2.

Eerste een gekoop in middel 70tigs vir die reuse bedrag van omtrent R18.99, en nog een in middel 80tigs gekoop teen vreeslike prys van R65.00 (ek het nog albei se bokse waarin hulle gestoor word, met pryse op!) 

Albei is nog elke winter in gebruik, en ek het getoets tussen hierdie tipe verwarmers, en die trollie tipe met die keramiek elemente. 

As mens bietjie moeite doen en navrae doen, en op die pamfletjies lees,  is almal se gasverbruik gram/uur ens beskikbaar, en die Safire se verbruik is volgens my eie toetse die laagste.

Alle gasverwarmers gee maar die verbrandingsreuk af, en mens maak voorsiening vir vars ventilasie om lug skoon te hou.

Dit is ons ondervinding oor ongeveer 45 jaar. Ons het dit ook in tent gebruik toe ons nog gekamp het, en selfs die wa binne vinnig warm gemaak in die winter!

Ek het ook die gevoel gekry dat die Safire se "uitstralings-hitte" wyer dek en warmer is as die keramiek-tipe.

Ek kan dieselfde sê van die verwarmer.  Ons het dit in die weermag gebruik in tente.  Ek het presies so een en dan nog 'n baie ouer een wat ek van my Pa ge-erf het.  Die se gas element lyk soos 'n kersboom.

Beide werk puik, veral as die Agter skerm netjies blink gevryf is.  Die weerkaatsing van die hitte is dan op sy beste.

Ek het nog nooit die gas verbruik probeer bepaal nie maar ek gebruik eerder diè gas verwarmer as die een wat 2 keramiek panele het.

Soos met enige verwarmer moet mens maar versigtig wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 13:06:05 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Gebruik dit al jare met geen probleem nie as dit te koud raak in die huis gaan haal ek een in die karavaan

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 15:40:51 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Gebruik dit al jare met geen probleem nie as dit te koud raak in die huis gaan haal ek een in die karavaan

Word dit so koud in Phalaborwa?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 06:30:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Word dit so koud in Phalaborwa?

25 grade is vir hulle koud .............................................. laughinglaughingtongue-outtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za