English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 503
Total Replies: 234 912
Total Views: 82 549 839
topics: 144
replies: 2 213
views: 51 994
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

C.I Escape 2 wiellaer nommers?

replies: 18
views: 203
13 May 2019 @ 14:19:49 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Goeie middag almal.

Ek het 'n spaar stel wiellaers maar kan nie onthou of dit vir die karavaan of my vorige Jurgens Esprit is nie.

Geen inligting sover gekry op die internet nie. Weet iemand wat is die nommers. Ek het albei, binne en buite asook die olie seel.

Dankie.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 15:18:05 pm
Anonymous

Jan, VW Golf bearings is presies dieselfde.

Ek het 2x stelle Golf bearings gehad en toe ek my Swift se bearings wou vervang toe sien ek, ek spaar geld omrede dit nie nodig was om te koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 16:29:51 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Dankie D.K.

Ja ek het nie 'n Golf nie maar ek sal soek op die net of ek enige no's van S.k... kan opspoor aangesien ek net wil weet of die stel gaan werk op myne ek gaan nie die goed oopmaak en rondkrap net om 'n no te kry nie aangesien die laers 100% reg is. Spaar stel is ek onseker oor vir watter van die klomp waens ek gebruik het dit aangekoop het.

Dankie sal kyk op die net of die no's ooreenkom.

Groete.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 16:33:37 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Dankie D.K
Is dit die Golf 1 - 6 model? Hulle het verskil van die oues tot nou volgens die internet.
Weereens dankie vir die hulp.
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 17:35:16 pm
Anonymous

Dankie D.K
Is dit die Golf 1 - 6 model? Hulle het verskil van die oues tot nou volgens die internet.
Weereens dankie vir die hulp.
Jan, dit is die Golf 1.

Jy kan net Bearing Man (BMG) kontak en hulle sal jou die part nommer gee.

Kontak BMG in JHB, 620-1622 en vra vir Gonnie of Chervin.

Jy kan noem Dennis by Surtees het jou verwys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 17:57:56 pm
Anonymous

Jan, dit is die Golf 1.

Jy kan net Bearing Man (BMG) kontak en hulle sal jou die part nommer gee.

Kontak BMG in JHB, 620-1622 en vra vir Gonnie of Chervin.

Jy kan noem Dennis by Surtees het jou verwys.

Alternatief, as jy my die dimensies verskaf, kan ek sê of dit hulle is of nie.

Meet die volgende:

Inner Bearing:

- od van die Cup asook die breedte.

- id van die Cone.

Outer Bearing:

- od van die Cup asook die breedte.

- id van die Cone.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 18:07:51 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie dankie DK.

Sal hoor hier by B.M in Alberton. Lyk my ek sal maar (onnodiglik) die laers moet uithaal. Nee wat hulle is O.K.

Gaan hulle net so los en daai pakkie saam ry en hoop ek gebruik hul nooit! 😅

Lekker aand en dankie vir die terugvoer. Waardeer!

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 19:07:09 pm

Gou naslaan werk gedoen.

Inner bearing Cup = od: 50 x B 10, Cone id = 28

Outer bearing Cup = od: 40 x B 10, Cone id = 17

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 19:46:30 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie baie dankie DK vir daai grootes en mates! Nou kan ek die vernier uitpluk en die spaarstel meet.

Ek het hoog en laag gesoek op die net vir die as se laer groote maar dit was seker daai jare n groot geheim!😂

Baie dankie dit help my baie en word opreg waardeer. 

Rustige nag.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 19:51:54 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Die manne op die forum wat so help is wonderlik. Altyd onbaatsugtige en vriendelike hulp.

Ek soek op verkeerde plekke op die net en kyk net hoe gou het DK dit deurgegee..

Julle kennis is goud werd. Dankie.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 19:56:33 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dennis, nou waar het jy dit gekry ?

Of is dit 'n stasdsgeheim ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 20:08:01 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

@WilSur.

DK het my ook onmiddelik met n diagram van 'n Chargemaster uithelp en dit persoonlik ge e - mail. 

Wonderlike kennis bank hier op die forum. Wow!

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 20:10:35 pm
Anonymous

Dennis, nou waar het jy dit gekry ?

Of is dit 'n stasdsgeheim ?

Tegniese kennis wat vasbyt in my agterkoplaughing.

Waarvoor jy geleer het, deel jy, maar jou kennis bly ń geheim.

Groot woorde gewees van my lektor, om jou kennis te deel, maar hou die res vir jouself.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 20:18:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

👍👍👍😃

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 20:19:52 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Baie wyse woorde DK en ek is bly dat jy bereid is om daai kennis met ons te deel!

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 20:44:03 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 495
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Hierdie is die inligting wat ek vir wheel bearings het (by Kennis karavane gekry):

11949/10 & 67048/10

Oil seal: 42x62x07 or 42x62x08

For all CI caravans with 14" wheels.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 21:09:55 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Dankie ook Johan.
Sekerlik gaan daai no's handig te pas kom vir mense wat hier lees. 
Myne het nog die '13 wieletjies op. Sal kyk na die no op die laer want die Esprit het "14 op gehad.
Sal laat weet wie se watter laers ek so lekker saamry! 😁

Groete.
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2019 @ 21:37:44 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2048
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

So n spaar stel bearings kan n verneuk spil wees. Deur die jare wat ek ek met aste deurmekaar is het ek geleer om liewer die ou bearings af te trek en die nommer op hulle double check en gebruik om dit te vervang al ken ek die nommers uit my kop uit. Vervaardigers kan maklik begin chop en change as n batch aste moet afgelewer word en daar is n vooraad probleem. Ek vat die bearings  en seel nommer van wat ek uit haal en vervang dit daar mee.

Ander belangrike ding. Betaal vir n welbekende ordentlike bearing en seel. Onbekende en fong kong bearings kan jou duur te staan kos.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2019 @ 06:48:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So n spaar stel bearings kan n verneuk spil wees. Deur die jare wat ek ek met aste deurmekaar is het ek geleer om liewer die ou bearings af te trek en die nommer op hulle double check en gebruik om dit te vervang al ken ek die nommers uit my kop uit. Vervaardigers kan maklik begin chop en change as n batch aste moet afgelewer word en daar is n vooraad probleem. Ek vat die bearings  en seel nommer van wat ek uit haal en vervang dit daar mee.

Ander belangrike ding. Betaal vir n welbekende ordentlike bearing en seel. Onbekende en fong kong bearings kan jou duur te staan kos.

Ditto.

Dis baie werk om die bearings uit te haal, maar so weet ek hulle is mooi reg en die olie seel pas perfek.

Ek hou ook gewoonlik van die oues as 'n nood stel. Dan is die nommers geredelik beskikbaar.  Moes ook papier by sit waar op staan boot of karavaan. Anders het ek gesit met die probleem wat Jan nou het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required