English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 238
Total Replies: 248 938
Total Views: 83 116 098
topics: 11 388
replies: 136 647
views: 39 268 667
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Buying a discontinued vehicle new?

replies: 21
views: 427
02 May 2020 @ 09:44:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sal julle dit kan aanbeveel om n motor aan te koop wat binne die volgende maand discontinued gaan word? Gaan herverkoop waarde skerp daal? Gaan 2de handse aanvraag verdwyn?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 09:45:35 am

Ek verwys nou hier spesifiek na die Toyota Etios. Kan mens maar koop, of liewers na iets anders kyk? Parte in toekoms?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 10:05:08 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 629
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Toyota was en is nog altyd bekend vir ssy goeie tweeddehandsewaarde. Gaan kyk maar na vc. die Tazz en ander ou modelle wat van die mark verdwyn het.

Parte is ook nog vrylik beskikbaar.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 11:38:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Alle parte moet vir minimum nog10jr beskikbaar wees.

So sy dienste gaan normaal voort. Kan nog 20jr op die pad wees.

As jy hom kry vir n goeie prys, gaan vir dit.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 11:50:05 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1048
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

You can’t go wrong with any Toyota, even if it’s about to be discontinued. Not the cheapest, most powerful, most technologically advanced, most exiting, but they just keep going.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 15:08:59 pm
JJS
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 24 Dec 2019

The retail value will always enable you to buy another vehicle irrespective of the year model. You will never go wrong with Toyota. My favourite!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2020 @ 17:51:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

The retail value will always enable you to buy another vehicle irrespective of the year model. You will never go wrong with Toyota. My favourite!!!

Jy kan enige tyd by my n whiskey kom drink.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2020 @ 08:40:00 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Op die oomblik verkoop voertuie waarskynlik baie swak en in die volgende maande sal dit so voortduur.  Die vervaardigers en handelaars is dus desperaat om van voorraad ontslae te raak veral as daar nuwe modelle aan die kom is.  Kontantvloei is ook vir hulle 'n groot probleem en hulle sal graag hulle voorraad wil verdiskonteer om lopende uitgawes te dek.  'n Desperate verkoper is een wat bereid sal wees  om sy prys af te bring.  Ek het dit nog nie gesien nie, maar ek glo baie groot afslae sal aangebied word en ek dink 'n persoon wat kan koop, sal dalk nog verdere kortings kan beding.  Dit is natuurlik 'n slegte tyd om nou nuwe modelle op die mark te bring, maar dit is oor 'n lang tydperk beplan en kan nie nou gestop word nie, maar dis beslis nie in die maatskappye se voordeel nie.

As ek oorweeg het om 'n nuwe voertuig te koop, sou ek beslis nou soek vir 'n winskopie en ek glo ek sal dit kry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2020 @ 10:02:42 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1176
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

My seun het jare gelede 'n nuwe SEAT Ibiza gekoop, 1.9liter diesel wat ongelooflike krag het. Was baie in sy skik daarmee. Paar maande later onttrek SEAT uit Suid Afrika uit. Baie ongelukkig wou Seun toe van die motortjie ontslae raak, maar die inruilprys was basies niks. Hy het toe maar die ding behou. Paar probleme gehad met die turbo (dink hy het so 5 opgeblaas, want kyk, die mannetjie kan ry, en die SEAT is tog te gewillig ...)

Nou het die karretjie bykans 400 000 kms (!!!) gedoen, loop nog 'n vuil vale uit 'n bos uit, en hy het al 'n paar aanbiedinge gekry om die voertuigie te laat gaan, maar nee - nou is hy heel gelukkig. Gelukkig pas baie VW Polo parte, maar hy is nou heel bly dat hy nie destyds verkoop het nie.

Dus, koop maar met 'n geruste hart ... bly egter weg van die sogenaamde "Fly-by-nights" Sjinese wat, met geen werklike verteenwoordiging in SA nie, net so 'n vinnige draai hier kom maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2020 @ 11:38:01 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die SEAT was mos maar 'n Volkswagen wat uit Spanje kom.  Jare gelede het hulle ook 'n Fiat 125 onder die SEAT naam in Spanje bemark.  Ek glo nie hy het Suid-Afrika toe gekom nie.  Die Fiat 125 en 124 word so terloops nog in die Oos-Europese lande verkoop maar onder hulle eie name, ek dink onder ander as Lada's.  Ek het in Hongarye in 'n  Opel Corsa gery onder so 'n Oos-Europese naam.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2020 @ 07:26:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15972
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Alle parte moet vir minimum nog10jr beskikbaar wees.

So sy dienste gaan normaal voort. Kan nog 20jr op die pad wees.

As jy hom kry vir n goeie prys, gaan vir dit.

Volgens wet is dit soos JIN se.  Parte sal nog vir 10 jaar beskikbaar wees.  As jy hom dus teen goeie prys kry sal die 2de handse waarde vermindering nie so baie wees nie.

Ek sal ook so iets oorweeg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2020 @ 13:07:31 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1176
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Fred, ja, ek is terdeë bewus van die verbintenis tussen VW en SEAT. Dit was eintlik 'n "oepsie" van VW om die SEAT te bemark as 'n duurder weergawe van sekere VW produkte - wat uiteindelik tot hulle nadeel gestrek het.

Feit bly staan, die SEAT se onttrekking uit RSA het tot groot vermindering van diesulke motors gelei, wat, soos reeds genoem, Seun oortuig het om tog maar die dingetjie te hou.

Interessant genoeg het VWSA die eerste Polo's hier in Suid Afrika bemark as iets unieks, aangesien die enjins ter plaatse nie dieselfde was as oorsee nie, en dié hier was dus "Suiwer SA". Groot was my verbasing toe ek in België dieselfde motors sien (self een gehuur) wat absoluut ooreengestem het met die plaaslik. My navrae by VW oor die "unieke SA motortjie" het nie juis reaksie uitgelok nie ....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2020 @ 13:20:28 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, ons word maar soms met 'n kluitjie in die riet gestuur.  Miskien het VW geredeneer ons s'n is regterstuur wat dit anders as die Belgiese een maak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2020 @ 14:51:59 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 309
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

My seun het jare gelede 'n nuwe SEAT Ibiza gekoop, 1.9liter diesel wat ongelooflike krag het. Was baie in sy skik daarmee. Paar maande later onttrek SEAT uit Suid Afrika uit. Baie ongelukkig wou Seun toe van die motortjie ontslae raak, maar die inruilprys was basies niks. Hy het toe maar die ding behou. Paar probleme gehad met die turbo (dink hy het so 5 opgeblaas, want kyk, die mannetjie kan ry, en die SEAT is tog te gewillig ...)

Nou het die karretjie bykans 400 000 kms (!!!) gedoen, loop nog 'n vuil vale uit 'n bos uit, en hy het al 'n paar aanbiedinge gekry om die voertuigie te laat gaan, maar nee - nou is hy heel gelukkig. Gelukkig pas baie VW Polo parte, maar hy is nou heel bly dat hy nie destyds verkoop het nie.

Dus, koop maar met 'n geruste hart ... bly egter weg van die sogenaamde "Fly-by-nights" Sjinese wat, met geen werklike verteenwoordiging in SA nie, net so 'n vinnige draai hier kom maak.

Ek het destyds die Seat Leon FR gekoop. Hy het die Golf GTi se engin en ratkas gehad. Was baie tevrede en het nog steeds 'n goeie inruil gekry ondanks die feit dat Seat onttrek het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 07:57:37 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 770
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Sal julle dit kan aanbeveel om n motor aan te koop wat binne die volgende maand discontinued gaan word? Gaan herverkoop waarde skerp daal? Gaan 2de handse aanvraag verdwyn?

Ek sou dit doen. Die kar se waarde gaan nie so baie val oor  dit "end of line" is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 08:41:03 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek lees nou op Internet voertuigverkope vir April was maar 1.6% van wat dit in April verlede jaar was.  Slegs 574 voertuie is verkoop teenoor 41 duisend voertuie verlede April. Passasiersvoertuie het nog slegter gedoen met net 105 voertuie of 0.6% van April verlede April se verkope.   Dit ondersteun my argument dat daar yslike winskopies is vir mense wat nou kan koop.  Ek wens amper ek het nou nodig gehad om te koop, en natuurlik dat ek die geld gehad het om dit te doen.

Ek kry egter die ouens wat hulle voertuie wil verkoop uiters jammer want tensy hulle uiters lae pryse vra, gaan hulle nie 'n mark vind nie.  Ek wonder of daar verlede maand enige nuwe karavane verkoop is, want ek dink die vraag daarna sal nog laer as vir ander voertuie wees.  'n Sedan of 'n bakkie is 'n noodsaaklikheid, 'n karavaan 'n luuksheid.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 11:27:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het met verkoopspersoon gesels. Hulle mag blykbaar net nuwe karre aan essential besighede verkoop sedert gister. Ek dink dinge is ook maar soms bietjie vaag, want gister was hulle nog bereid om 2de handse karre te verkoop, maar het toe laat gister briewe gekry dat dit direk gestaak moet word en net nuwe karre verkoop mag word aan essential besighede. Essential kan mens seker ook na privaat sektor strek.....iemand se kar wat onklaar geraak het is seker ook maar noodsaaklik as hy dit moet gebruik om kos aan te koop of wat ook al....mens benodig maar vervoer. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 11:51:01 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Geert, hoe die verkoop van karre 'n virusgevaar inhou, is 'n raaisel.  Dit vererger egter die bedryf se probleme en dit sal nog meer druk op hulle plaas om voorraad te skuif sodra hulle weer mag handel dryf. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 11:59:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis lyk my ook n hele proses.....dis nie net van koop nie. Alles word basies oor die internet gedoen.....aansoek en koop, dan word aansoek om te koop na fabrikaat se hoofkantoor gestuur, waar hulle blykbaar toestemming by regering moet kry om te verkoop. As dit alles goedgekeur is, mag jy ook nie self jou voertuig haal nie......agentskap moet dit self by jou huis kom aflewer

Hierdie is info wat deur handelaar aan my oorgedra is.....een man se woord

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 13:19:40 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit klink aanvaaarbaar.  Tensy jy dringendheid kan aanvoer, sal jy seker maar moet wag tot voertuigverkope ook ontperk is. Kan jy met die verkoopsman onderhandel oor die prys?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 13:37:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Nie werklik nie. Kry maar die standaard 4% afslag....as jy meer vra, sê hulle hul maak maar 6% profyt. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2020 @ 15:30:04 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink hulle gaan nog van plan verander, miskien nie die handelaars nie, maar wel die fabrieke.  Dis net nie finansieël die moeite werd om met voorraad se sit waarin waarde is wat nie ontsluit kan word nie.  Ek skat daar is duisende sulke voertuie op die maatskappy se persele.  Maatskappye soos Glen Anil en Corlett Drive Estates het al ondergegaan met positiewe balansstate maar 'n tekort aan kontant.  Dit is beter om sulke voorraad onder kosprys in kontant om te sit as om bankrot te raak.  Sekere oorhoofse en lopende kostes bly maar aanloop en die kontant word beslis al minder.  Laat ons maar kyk wat gebeur oor 'n paar maande as verkope steeds minimaal bly. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za