Ek het hierdie grappie op 'n ander forum gesien en kan dus nie daarvoor krediet neem nie. Die meeste van ons wat egter al te doen gekry het met ouens wat jou afsny as jy van baan wil verwissel, of met iemand wat voor jou insny en rem, kan hiermee identifiseer.
Die ou kom by sy pêlle en sê: "Ek het vandag 'n bumper sticker gesien wat lees: Ek is 'n veearts - Ek ry soos 'n dier! Toe besef ek daar is vrek baie ginekoloë op die pad!"
Wragties, die laaste deel is nie 'n grap nie, dis die waarheid.
Dan voel mens jy wil daai handjie af kap
Ek hoor hulle gaan almal hemel toe. Hulle laat baie mense bid.
Die beste is maar om te ontspan want so maak hulle ons dood deur bloeddruk in die rooi te druk. Hoe se die jonges" Drink a chill pil" haha
As hulle daar bo kom hoef hulle nie in die tou te staan hulle kan die tou sommer bypass want hulle het dit regekry om meer ouens te laat bid as enege leraar
Hier in Nigerie is dit so erg dat hulle die kant spieels moet inslaan voor by die bottelnek wat die indrukkery veroorsaak.
Ek tense my self op en sê dan vir myself jy maak jou self net siek.
Moet myself nog net so vêr kry om nie eers op te tense nie. (Gaan maar sokkol sokkol)