English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 484
Total Views: 83 105 295
topics: 213
replies: 3 472
views: 86 271
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Buite kombuis - Palma

replies: 4
views: 175
19 Mar 2020 @ 11:17:23 am
PhilipO
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 05 Dec 2018
Experience: 47 years

Ons beplan 'n buite kombuis vir die 2000 model Palma. Die beplanning is gedoen van wat beoog word maar verneem ons van moontlike struikelblokke en verneem of daar inligting/raat beskikbaar is vir so 'n projek tussen ons kampvriende ipv om dit na die woonwa werkswinkels te neem. 

Philip in Onrusrivier

Baie lekker om saam met kampeerders te kuier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 13:53:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Phillip

Ek het altyd geglo n buite kombuis is ideaal.....maar wat is n ideale buite kombuis? Ek het n Splash en n Swing gehad met buite kombuiste wat vir my "ideaal" gelyk het, maar op die ou einde was dit nie eintlik so nie. Ons het nie een keer die gas stoof in beide karavane gebruik nie. Ons het nog nooit van daai buite wasbak in beide karavane gebruik nie. Ons het 3x die microwave in 5 jaar gebruik. Op die ou einde was ons buite kombuis basies n kas wat jy jou eetgerei van buite af kan kry en die paneel wat oopmaak was maar n werksblad....die res binne wit olifante. 

Mense kampeer verskillend, maar vra jouself eers af wat wil jy doen by die buitekombuis voor jy 1000de spandeer aan veranderings. Wil jy kos op n stoof gaarmaak teen jou karavaan of wil jy rond kan beweeg waar n snappy Chef of gasbottel beter opsie gaan wees. Wil jy skottelgoed in n wasbak teen die karavaan was of gaan losstaande eenheid vir jou beter werk. Hoe baie gebruik jy mikrogolf dat hy ideaal buite vir bereik heeltyd moet wees. By my het ek die wasbak en stoof uitgehaal vir ekstra pak spasie. Ons het die microwave gebruik om goed binne te bêre aangesien ons dit nie gebruik het nie.

Gaan luister bietjie buite hoeveel mense se buite stowe nog nooit gebruik is nie en hoe bittermin mense gebruik werklik daai wasbak buite. By aankoop het dit altyd baie aantreklik vir my gelyk.....maar op die ou einde was dit by my wit olifante. 

Maar soos genoem....elkeen kampeer op sy eie manier, maar vra jouself eers hierdie vrae af

Sterkte....hou ons op hoogte van verwikkelinge

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 15:54:41 pm
PhilipO
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 05 Dec 2018
Experience: 47 years

Dankie vir die siening Geert.

Ons het woonwa-kamp gedoen vanaf 1974 tot 1998 en wraggies weer begin woonwa soek vier jaar gelede toe ons besluit om saam met ons vriende in Onrusrivier en Hermanus, waar ons bly, bietjie weg te kom na kampe toe ipv chalets.

Ons kry 'n 2000 Palma in 'n baie goeie toestand en koop dit vir 'n baie billike bedrag om te "toets" of ons nog wil kamp. Na twee kampe byt die gogga weer soos in 1974!! Het toe oorweeg om 'n nuwer wa te koop maar toe ons sien watter goeie kwaliteit wa ons het en dat ons eerder meer wil rondry het ons begin verander aan die wa.

Die gasstoof en opwasbak word uitgehaal want ons kook nie in die wa nie - slegs koffie maak soggens en dan tent toe. Bring krag-en herlaaipunte aan en die badkamer blad en wasbak word oorgedoen. Watertenk 60L onder die bed. Buite is 'n oond(met plate), Mr.Stove, urn en losstaande wasbakke en 'n griddle op 'n langtafel teen die wa. Dit werk vir ons maar die uithaal en inpak is lastig en wil ek dit net inbou om van buite oop te maak en te gebruik.

Ons behou die kaste binne en gebruik slegs 'n bietjie diepte vir die oond en draai die mikrogolf oond net om en sak bietjie later. Binne kan ons steeds van die kassies ook nog gebruik maar nou van weerskante af indien nodig of skei dit af vir stoorplek. Dus is dit net die nuwe deure buite en bietjie laaitjies wat gedoen moet word en natuurlik baie tyd waarvan ons genoeg het. 

Hierdie veranderinge doen ek self dus gaan dit net die materiaal kos en dalk "raat" om op bedag te wees wanneer oopgesny word.

Philip

 

   

Baie lekker om saam met kampeerders te kuier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 17:43:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met die explorer het die buite kombuis 💯 vir ons gewerk.

Nou met die classique is also binne en gebruik ons dit nie.

Het ook nog nie by gekoop vir buite nie, was die skottel goed by ablusie en maak ontbyt op die braaipan buite.

Snappychef of mikrogolf nog nie gebruik nie, of skottel goed binne gewas nie.

Ons praat om dit aante skaf maar dit te duur en vat plek.

Tans kom ons reg.

Maar dis jou besluit.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 11:25:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons het nooit die stoof en wasbak vir skottelgoed binne die karavaan gebruik nie.  Nou dat ons die stoof aan die buite kant hetas ook die opwas gerief alles gemonteer in 'n laai is dit die beste ding ooit.

Die warm en koue water kom van die wa se geyser af.  Die twee burner gas stoof werk vinnig vir 'n koffietjie langs die pad of 'n klein ontbyt.

Die microgolf oond is in die deur van die karavaan.  Ons gebruik dit nogal om vinnig rys te maak of selfs die kits kosse soos pasta en kerrie en rys op Vrydae as ons laat eers van die huis af weg kom met 'n kamp.  Dan maak ma al die kossie warm terwyl ek die rally afrond.

So ek stem die kombuis binne nie 'n aangewese keuse nie maar die kombuis en opwas soos ons Maia sin werk puik vir ons.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za