Can anyone give reasonably up to date feedback, please?
I came accross this park while looking for somewhere my cats could accompany us and found out of season pensioner rates to be very low with good view over the sea.
I appreciate it is a municipal park. Ablution requirement will be mainly for washing as we have portable toilet, in need, even if it means emptying daily.
It is also within easy reach of parkruns and myruns.
Nog nie van hom gehoor nie.
Ons het nog nie daar gekamp nie, maar ken die plek. Dis amper reg langs Buffelsbaai karavaanpark langs die pad na Buffelsbaai, teen 'n heuwel. Die staanplekke is hoog op op terrasse sodat elke staanplek 'n baie mooi uitsig oor die see het. Ons het in die ablusies gaan kyk en die lyk heel aanvaarbaar. Daar is gewoonlik heelwat minder kampeerders as op Buffelsbaai wat ons as 'n baie aangename en goed onderhoue kamp beskou. Buffelsbaai behoort ook aan die munisipaliteit maar is verhuur aan privaat mense. As julle katte daar kan hê, wil ek raai dis dalk ook aan privaat mense verhuur want munisipale kampe laat gewoonlik nie troeteldiere toe nie. Al sou Buffelskop wel nog deur die munisipaliteit bestuur word, is munisipale kampe in die Suidkaap oor die algeneem in 'n goeie toestand.
Ek sal nie oorweeg om lank daar te staan nie maar vir kortstaan is dit dalk 'n opsie. Omdat die kamp hoog geleë is, dink ek die wind, wat maar altyd 'n faktor by die see is, kan dalk daar 'n probleem wees, erger as by sy buurkamp.
Dankie Fred.
Ek het reeds navraag gedoen by Knysna munisipaliteit en laat katte toe.
Ek is tog bly oor ablusies al is dit nie belangrik nie.
My seun is in Mosselbaai vir was geriewe indien nodig en het ons twee portapotti en sal daagliks leeg maak as ons moet.
Ongelukkig kan ons nie by my seun staan nie en soek dis net plek waar ons "mag" staan.
Hulle kwoteer my vir twee pensionarisse R90 per aand gedurende Mei of Junie. Ons oorweeg 7 tot 10 dae.
Ek twyfel of ek beter sal kry.
Geniet dit, die ligging is puik en die koste is uiters goed. Die windseisoen in die Kaap is amper verby so dalk waai julle nie van die bult af nie😬🤣. Ons was laas op Buffelsbaai die slag to die bosse gebrand het- ons het die oggend vertrek terug Pietersburg toe en was net betyds om nog verby Sedgefield te kon ry. Daar is of was 'n mooi bospaadjie op Buffelsbaai waar die bosse ook glo gebrand het, maar dis darem 'n paar jaar gelede so dalk lyk dit nou al weer beter.
Ja wat ek is juis nou by Buffelsbaai, en het verlede week deur die Buffelskop Park gestap. Die ablusies is baie mooi, en basies elke staanplek het mooi uitsig. Daar was so 10 staanplekke vol laas week. Ek het hom al gesien dat daar niemand is nie, die Buffelsbaai park is meer gewild.
Dit blyk dat die wind daar bo nie erger is as onder langs die see nie, altans toe ons daar gestap het was die wind lig, terwyl dit meer gestoot het toe ons onder kom.
Ek dink dis 'n lekker plek, maar jy het 'n groot waarskynlikheid om stoksielalleen daar te kamp buite seisoen. As dit jou nie pla nie dan is dit 'n bargain.

Dki