English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 917
topics: 600
replies: 3 874
views: 3 352 232
Share all those nice recipes with everybody...

Brood op die vuur

replies: 33
views: 9585
21 Sep 2015 @ 07:38:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek hou daarvan om n brood op die vuur saam met braaivleis gaar te maak. Wat ek gewoonlik doen is om deeg in die pan te sit en dan bruin suiker bo oor te strooi of marmite bo op te smeer. Het van julle nog lekker idees wat ek kan probeer met die brood?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:10:02 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Daar is soveel idees wat jy met deeg of sells gewone brood op die vuur kan doen dat eke glo dat hierdie spasie te klein gaan wees

Kom ons hoor wat sê die manne en moet nie die dames vergeet nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:13:58 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

My eerste gunsteling is ń gewone rooster brooding in ń toeknyp rooster op die vuur

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:38:48 am
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Hierdie een is baie lekker, veral vir die kinders wat van Piza hou.
Koop brood deeg by supermark bakafdeling.
Rol deeg uit tot so 2cm dik en so groot soos n dubbel piza.
Smeer tamatie smoor op die basis. strooi stukkies olywe, beacon, oorskiet boerewors,
net wat julle wil. Oreganum. swart peper, Mozerella kaas ens.
As jy klaar is, rol dan die deeg op soos n rolkoek. Sny in skywe en pak die sirkels in n platboom swartpot, maak toe en laat dit rys .
Onthou om die pot se bodem en kante met olie te smeer.
Nadat dit weer lekker gerys het, plaas in die vuur met kole op die deksel.
Onthou om die hitte reg te beheer, anders brand hy.
Ek belowe jou, daar gaan niks oorbly nie
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:40:31 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
n Braai broodjie is altyd lekker, maar dit gee my n weldige sooibrand.
Drink maar n Black Lable in die brood se plek.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:48:56 am
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Hier is nog een.
Kry van dielelfde brooddeeg.
Rol die deeg in die palm van jou hand tot bolletjies, n bietjie groter as n gholfbal.
Plaas dit in n gesmeerde swart platboom pot. Pak die bolletjies in die rondte, beginnende aan die buitekant en werk na binne toe tot in die middel.
Maak die pot toe en laat dit rys.
Na so 45 min, neem n pakkie potato wedge geurselsout van jou smaak en strooi dit bo oor die deeg. Neem dan n houertjie room (250ml) teen kamer temperatuur en gooi dit oor die deeg.
Plaas dan die pot op die kole met kole op die deksel. Reguleer die hitte en bak tot gaar. Die brood is lekkerder as koek
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 09:56:13 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Laat ek julle vertel. Proteine en stysel verteer verskillende tye en dis ongesond. Moet dit nie saam eet en verwag jy gaan nie sooibrand kry nie.
Met n koue enetjie daarby, dan gis dit behoorlik. Maar wie gee om. Lekkerste ding wat daar is ,,, pap en n vet skapie , ribbrtjie of tjoppie.

Wit brood, eenkant gebotter. Dun uie en appelkooskonfyt. Botterkant buite in n toeklap rooster. Gebraai, probeer gerus.
Ons gaan nie praat van sooibrand nie, dis die "bonus"
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 11:18:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Hier is nog een.
Kry van dielelfde brooddeeg.
Rol die deeg in die palm van jou hand tot bolletjies, n bietjie groter as n gholfbal.
Plaas dit in n gesmeerde swart platboom pot. Pak die bolletjies in die rondte, beginnende aan die buitekant en werk na binne toe tot in die middel.
Maak die pot toe en laat dit rys.
Na so 45 min, neem n pakkie potato wedge geurselsout van jou smaak en strooi dit bo oor die deeg. Neem dan n houertjie room (250ml) teen kamer temperatuur en gooi dit oor die deeg.
Plaas dan die pot op die kole met kole op die deksel. Reguleer die hitte en bak tot gaar. Die brood is lekkerder as koek

Hierdie klink heerlik...volgende op my lys.....Dankie Pieter!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 11:55:51 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Brood rolletjies van pieter gaan ek ook traai. Ek lees dis lekker. Wat van n biekie bruinsuiker liggies bo-oor dan die room.
Gaan sommer nou my platboom uithaal en inpak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 12:10:37 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

1) Vat 'n hamburger bun, sny hom deur en hol die deeg uit. Vul die bun helvdes of met creamy mushrooms of sweetcorn en rasper kaas bo oor draai hulle dan in voelie toe en plaas op die rooster. Hou op die rooster tot dat kaas gesmeld het.

2) Maak 'n bakkie uit voelie skep 'n homp magerien in sny ham in .5cm blokies en sit in die voelie sit baby shrimps ook in, kerf gras ui (spring onion) op en voeg by sny tamaties ook in(jy kan eenige souterag heid by voeg) ek sit sout, swart peper, braai spesiry en sweet chilie sous in maak voelie toe en laat dit een kant prut dit maak 'n lekker sous vir brrod , artepels en selfs pap.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 13:39:59 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Fred sit Klink lekker gaan proebeer

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 13:42:47 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Johan. Ek het al suiker ook gedoen. Net so lekker. Dit hang af of jy wil gaan vir soet of sout. Bietjie gesnipperde uie en knoffel met soutigheid bo op, net so lekker. Dit hang af hoe jy voel die oggend as jy opstaan???!!
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 13:45:06 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Wat vir my ook ń gunsteling is die Jan Braai pizza for die vuur gaan hom die naweek weer by Bloekompoort  maak

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 13:52:01 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Wat ook baie lekker is, is roosterkoek. Ek maak hom met vetkoek deeg deel dit op in hand grootes en sit hom op die rooster op medium vuur. Hou hulle dop, sodrae hulle begun bruin word draai  om. Ek tik met my vinger nael op hulle en hullemaak so 'n klop geluid wannier hy gaar is.

Baie lekker met botter (nie margerien) en appekoos of vye konfyt. 

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 14:29:04 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ons het by pnp twee pizzas gekoop. N spinasie en n bacon ,, gaan hulle ala jan braai, toebroodjie maak ve die naweek. Ander ontbyt is egte beef boelie beef, nie meat ene nie, hyt runners in. Meng dit metblikkie indian tomato mix. Green peppers in ringe met eier in op die paella pan. Toast en walla.
Maar pieter se beskuitbolletjie broodjie gaan saam met die braai. Kannie wag nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 14:47:09 pm
Witwillie
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 15 Dec 2014
Experience: 19 years
Geert, ek gaan jou plan probeer die naweek by Thaba Monate.
my eie bed in die vreemde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 14:54:06 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Pieter se een met die opgerolde deeg in skywe gesny klink baie lekker.  Ek wil dit probeer.  Pieter, ek neem aan dit moet net 'n enkellaag gepak word.  Pas die vol pak deeg  op die bodem van 'n groot platboompot?  Ek wil dit met spinasie, kaas & baie knoffel vul.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 16:33:52 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Koop die brooddeeg by die bakker. So n kilogram. Rol dit op soos n swiss roll en sny in wiele. Pak net n enkellaag en laat dit rys. Ek gebruik nie die skilferkors deeg nie. Ek weet nie of jy dit bedoel het nie?

Pieter se een met die opgerolde deeg in skywe gesny klink baie lekker.  Ek wil dit probeer.  Pieter, ek neem aan dit moet net 'n enkellaag gepak word.  Pas die vol pak deeg  op die bodem van 'n groot platboompot?  Ek wil dit met spinasie, kaas & baie knoffel vul.

Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 16:45:11 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dankie Pieter.  Nee, ek weet dit is die vars deeg wat jy in 'n plastieksak koop.  Wou net seker maak of dit net 'n enkellaag moet wees en vul die pak die bodem van jou pot sonder dat daar oorbly?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 18:09:46 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Yip n Kg deeg genoeg om die boom vol te maak. Druk hom maar in. Hy rys in elkgeval so ineen dat hy aan die einde nie meer soos wiele lyk nie. Jou kombinasie sal ook lekker wees. Baie kaas en knoffel. Geniet dit en laat weet wat julle dink daarvan.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 18:22:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Gelukkig is dit lang naweek...kan sommer altwee van Pieter se resepte probeer😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 18:25:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

1) Vat 'n hamburger bun, sny hom deur en hol die deeg uit. Vul die bun helvdes of met creamy mushrooms of sweetcorn en rasper kaas bo oor draai hulle dan in voelie toe en plaas op die rooster. Hou op die rooster tot dat kaas gesmeld het.

2) Maak 'n bakkie uit voelie skep 'n homp magerien in sny ham in .5cm blokies en sit in die voelie sit baby shrimps ook in, kerf gras ui (spring onion) op en voeg by sny tamaties ook in(jy kan eenige souterag heid by voeg) ek sit sout, swart peper, braai spesiry en sweet chilie sous in maak voelie toe en laat dit een kant prut dit maak 'n lekker sous vir brrod , artepels en selfs pap.  


Daai een met creamy mushrooms en kaas lyk heerlik...sommer paar lekker idees...dankie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 19:41:21 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Kompie blink idees, gaan almal probeer. Daai bolletjies in die pot, is al gedoen, heerlik.
Net daai hitte beheer is n bliksem. Wat ek hier by my kamp het, is so 1/3de van n 220l drom met n deksel op. Dit kom op n driepoot op die kole, dan die pot op ietsie om van die bodem te lig. Kole bo-op, lekker oond.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 20:17:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Daar is min dinge wat so lekker is as n vars warm brood😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 20:18:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
n Braai broodjie is altyd lekker, maar dit gee my n weldige sooibrand.
Drink maar n Black Lable in die brood se plek.

Eet rennies....dis die enigste sweet wat my nie sooibrand gee nie😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 20:23:52 pm
Anonymous

Nou is ek so honger, ek kan 'n brood opeet.laughing

Gaan hierdie respete slaafs kopie en eet tot eerste een omval.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Sep 2015 @ 22:12:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Hier is nog een.
Kry van dielelfde brooddeeg.
Rol die deeg in die palm van jou hand tot bolletjies, n bietjie groter as n gholfbal.
Plaas dit in n gesmeerde swart platboom pot. Pak die bolletjies in die rondte, beginnende aan die buitekant en werk na binne toe tot in die middel.
Maak die pot toe en laat dit rys.
Na so 45 min, neem n pakkie potato wedge geurselsout van jou smaak en strooi dit bo oor die deeg. Neem dan n houertjie room (250ml) teen kamer temperatuur en gooi dit oor die deeg.
Plaas dan die pot op die kole met kole op die deksel. Reguleer die hitte en bak tot gaar. Die brood is lekkerder as koek

Pieter. Hoe lank hou jy hierdie resep in die kole en hoe lank....maar dieselfde as gewone brood?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2015 @ 01:50:14 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Kyk nou is ek honger
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2015 @ 03:28:53 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Self net die plain garlic roosterkoeke wat jy klaar Koop op die vuur

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2015 @ 08:21:52 am
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Geert die brood vat so n bietjie langer as n gewone brood omrede jy nog room ook ingegooi het. so ook die Piza brood met al sy vulsels. Die deeg is dus taamlik vogtig. Die hitte onder moet normaalweg wees wat jy vir brood gebruik. Na so 45 min toets ek hom maar met n pen, dan is hy klaar gerys en behoort hy nie plat te val as jy die deksel lig nie. Dis maar soos enige potbrood. Partykeer loop dinge ook maar skeef en dan brand hy as die hitte te erg is
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2015 @ 09:09:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dankie Pieter waardeer...gaan hom op braaidag probeer😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2015 @ 18:38:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Pieter. Het toe daai een met room en potato bake gedoen....was baie lekker! Brood was baie vinnig opge-eet😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 21:57:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gister n lekker biltong broodjie gemaak.....heerlik gewees met jam

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 21:59:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jin (Chuck Norris) se brood...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za