Broadwater River Estate - Douglas, Nood-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord
Ontspan by die kalmerende water en luister na die geroep van die visarend. Geniet ook ‘n glasie vonkelwyn onder die glans van die sterre. Broadwater is ‘n 4-ster, privaat rivier-oord aan die oewer van die Vaalrivier, naby Kimberley en Douglas. Elk van die 10 kampeerplekke het ‘n eie badkamer (bad en stort), opwasgeriewe en ‘n kragpunt. Die meeste kampeerplekke het skadu en grens aan die rivier-oewer met sy 30km visvang-water en ‘n groot verskeidenheid voëls. Gelukkige besoekers mag selfs die Vaalrivier se eie ‘Groot 5’ sien: Die Otter, die visarend, die reuse-visvanger, die reuse-reier en die waterlikkewaan. Ook gelisensieerde restaurant, kiosk en speelterrein.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Baie baie mooi.
Sal daar uitkom verseker.
Oulike plek. Nog nooit daar gekamp nie, maar saam met kliënte in hul restaurant gaan eet. Laasgenoemde was uitstekend, maar my indrukke van die oord was ook baie goed.
Dink ons moet daar aan ry en oorbly.
Sal maar hoor wat sê Leon.
Moet mos gaan waar die Sensation kan in.