English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 155
Total Views: 82 384 661
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 646
Share all those nice recipes with everybody...

Brekkie op die vuur

replies: 2
views: 3596
28 Sep 2016 @ 19:45:57 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Julle moet net nie die vrou se nuwe muffin pannetjie gebruik op die kole nie want dan soek iemand moeilikheid, gaan koop een om op die kole te kan gebruik
lekker kole Of gebruik die oond
6 tot 8 eiers afhangend hoeveel muffin gaatjies jy wil vol maak geklits.
sout en peper na smaak
1 of 2fyn gekapte ui
1 klein pakkie fyn gekapte sampioene
1 fyn gekapte green pepper
Paar stukkies ham of 1 pakkie spek fyn gekap
1 Koppie gerasperde kaas
1 blik perskes in stukke.
Braai die uie, greenpepper en sampioene tot net gaar en gooi in nbak en laat afkoel
Braai die spek tot net gaar en laat ook afkoel
Gooi nou al die bestanddele behalwe die kaas en perskes saam en roer goed deur.
Sprei die muffin pannetjie met kook en sprei sodat dei muffin nie vassit in die pannetjie nie.
Gooi die mengsel in die pannetjie so driekwart vol.
Hou van dei holtes in die pannetjie oop. Gooi nou die stukkies perskes daarin en strooi n bietjie suiker oor
en bak saam met die muffins indie pannetjie.
bak nou die muffins op dei vuur of in dei oond op 160g C tot eiers gestol het gooi nou die kaas oor en bak tto die kaas gesmelt het. haal af van die vuur of kole of oond. Wag so n minuut en maak dei muffins versigtg los langs dei kante van die pannetjies en plaas in bord en skep die lekker warm perskes saam in dei bord en geniet saam met die muffin.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 20:03:43 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Herman, dit klink heerlik MAAR jy maak darem baie skottelgoed met die resepte.  Dis hoekom mens eerder net braai of 'n paellapan van Cadac gebruik vir die ontbyt,

groete

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2016 @ 21:02:11 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Butts ja n mens gebruik maar n paar skottelgoed om kos mee te maak maar ek gee nie om nie want kos maak is altyd n hoe sal n mens se om jouself te onttress sit rustig en maak n lekker potjie ervaar jy daardie lekker kalmte en rustigheid. Hierdie resep gebruik jy net een muffin pannetjie en miskien n pan om die ander goed in te braai. Dink net hoe gaan jou shares klim as jy nou so n brekkie vir die vrou voorsit. Hahaha
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required