Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21200 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17198 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5606 |
Bostoe | 5371 |
HM | 4790 |
BrianB | 4786 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3170 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1620 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1123 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 986 |
Gerden | 921 |
Chris Centurion | 790 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 580 |
Douglas Green | 567 |
Andrew | 509 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 360 |
survivalist | 343 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |





Brandstof - km per litter
Ek weet die onderwerb is al n paar keer bespreek. Maar ek het bitjie track verloor oor wat is nou n standard brandstof vebruik moet wees met of sonder die karavaan.
Ek het die 2l bi turbo Ford Ranger en het die trip KNP toe tussen 7.7 tot 8.4 km per liter gekry met die karavaan. Dis volgens die blikbrein.
In die KNP, waar n mens so tussen 30 en 40 km per uur ry (wild kyk), het ek sonder die karavaan verwag om so ongeveer 13 km op n liter te kry. Maar, ek het net 8.4 km per litter gekry teen ongeveer 30 tot 40 km per uur wild kyk. Ek kan onthou dat ek met die 200 Land Cruiser 4.5 diesel ongeveer 10 km per litter / die Jeep Grand Cherokee v6 diesel 14 km per liter en die Pajero 13 km per liter gekry het as ek wild kyk. Dit laat my wonder hoekom die Ranger 2l bi turbo swarder is op brandstof as ek wild kyk?
Ek hoor graag van julle wat julle brandstof verbruik is as julle sleep en ook as julle wild kyk teen 30 to 40 km per uur.

Ek werk altyd brandstof verbruik (of ek nou met my Touareg/Audi/Jimny) ry as 10 l/100 km (of dan 10 km/liter)
As ek beter doen, goed, as dit erger is, dem ......
Ons moderner voertuie is beslis swaarder op brandstof wanneer mens stadiger ry - in die wildresevate toer jy in elk geval teen 'n baie lae spoed, en, boonop alles in 1e (of hopelik 2e rat). Jy ry dus vér onder die wringkrag kurwe, so jou masjien sukkel om die krag te kan lewer .... en dit VREET brandstof! Ek het al tot 17 l/100 km gedoen .... en dit teen 5 - 8 km/u luierspoed, terwyl ons ons nekke rek om beter te kan sien.
NS ... Teen 30 - 40 km/u ry jy die meeste besienswaardighede in elk geval misð! Vergeet dit om brandstof in die wildtuin te probeer bespaar ... dit werk nie. Geniet eerder die uitkyk!
(Interessant genoeg is ons meeste petrol voertuie se beste verbruik so teen +/- 3000 opm, terwyl Diesel so 1500+ opm is.)
Interesant.....ek gaan dophou wat hier gesê word. Ek het laasjaar 2.2 Ranger volgemaak net voor ons in KNP gegaan het. Met n vol tank wys cruise range gewoonlik nie meer as 650-750km nie. Met die 3 weke stadig ry in wildtuin het die cruise range aansienlik gestyg. Die dag toe ons uitry, het ons volgemaak by Berg en Dal, en die cruise range het oor die 1000km gewys, wat hy nog nooit in sy lewe gewys het nie. So daar moes seker n groot besparing in KNP wees, maar ek het nooit fisies die km met liter en blikbrein uitgewerk nie. Tuis gekom, het die kar se computer gemiddelde verbruik heelwat minder weer gewys.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek kan nie presiese syfers onthou nie, maar het al gesê dat my 2003 KZTE Prado nie van stadig ry in die wildtuin hou nie. Na n week se rondry is die blikbrein branstof verbruik gewoonlik ook hoër as toe ons daar aangekom het.
Volgende week weer daar en sal bietjie syfers kyk.
Hallo Herman,ons het met my seun se Pajero sport tussen 10 en11L/km gery en die Vito het tussen 9 en 10L/km gegee,ons afleiding is ook dat die diesel voertuie nie op sy optimum kurwe kan funksioneer nie.Groetnis
Ek dink die rede vir die hoë verbruik teen 'n lae spoed is bloot omdat daar in 'n lae rat gery word. 'n Gedeelte van die krag wat ontwikkel word, gaan net om die masjien te laat draai en as daar stadig gery word, is die aftstand wat gery word vir 'n rekere aantal omwentelings, eenvoudig baie laer as wanneer daar in 'n hoë rat gery word. Daar word dus relatief meer brandstof per kilometer gebruik om die enjin te laat draai as in 'n hoër rat. Ek sien dit ook op my kar se blikbrein. Elke keer as die ratkas (outomaties) oorskakel na 'n hoër rat, daal die verbruik. Die wringkragkurwe speel ook natuurlik 'n rol maar ek dink 'n mindere een.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het die Ranger 2.2 auto en het in die wildtuin op 'n keer oor die 14 km/l gekry. Die rekenaar het ook, soos bo deur Luhman genoem, getoon dat ek oor die 1000 km kan kry.
My verbruik tydens die vakansie vanaf Wes-Kaap na Kruger was soos volg: My totale gemiddelde verbruik met en sonder sleep oor 5600 km was 9.68 km/l. Die verbruik tydens sleep met die Bushlapa was ongeveer 3680 km teen 8.6 km/l.
Vind die 2.2 Ranger ryers nie ook dat die Auto Ratkas in die KNP ligter op brandstof is as die handrat 2.2 model nie.
Ek kan nou nie meer die 2.2 6 spoed se verbruik onthou nie, maar met die auto was die verbruik aansienlik beter.
Ek kry 6km/L wanneer ek my exclusive sleep met my Fortuner 4.0 v6 teen 100km/h.
Gewone petrol verbruik in die dorp 6km/L, oop pad teen 120-130 kry ek 9.5 km/L, teen 80km kry ek so 13km/L.
Vandag terug gekom van Kruger af.
Met Ford Ranger 2.2 auto ons Classique gesleep van Durban na Kruger.
Van Durban tot by Ermelo op die Ford se instrument 12.4l/100km en van Ermelo na Nelspruit op na 13.1l/100km met wind van skuins voor.
Het die instrument net so gelos en op die vierde dag in die Kruger afgekom na 7.3l/100km met spoed tussen 20-25km per uur.
Sleep van Kruger na Durban (instrument steed gelos) het dit opgegaan na 10.1l/100km.
My sleep spoed tussen 95-100km/uur.
Soos Geert het ek ook gevind dat as ek sleep en volmaak kan ek tussen 630-700 km per tenk kry op die Ford se aanwysing. Gewoonlik so by die 900km sonder sleep.
Met ons volmaak in Skukuza voor ons terugkeer het die aanwysing 998km gewys.
Het dit nog nooit voorheen gekry nie. Het juis vir Elmarie gesê ek gaan terug teen 30km sleep en brandstof spaar. ðð
Ek het nou al soveel statistieke van brandstof-verbruik gehoor dat ek heeltemal deurmekaar is. Ek kry glad nie wat julle ouens kry nie.
Johan ek het nog NOOIT 9,5km/l met my Fortuner V6 gekry nie. Nie eens sonder n karavaan nie.
Jan, my Mercedes gee my 6,5l/100 km, hoe de duiwel kry jy 10l/100 km?
Johanvr, jy sê jy kry ook 9km/l met jou V6. Ek het dit nog nooit gekry nie, en ek ry regtig versigtig.
Iewers doen ek iets verkeerd. Ek ry my V6 op sy maksimum wringkrag, 2500 revs. Ek laat my motor se revs nooit afgaan na 1000 nie. Ek gaan beslis nie graag bo 3000 revs nie. 3000 revs is 80km/uur en dis gewoonlik my spoed teen passe uit.
You'll never never know if you never never go
Danie nou is ek deurmekaar.
As jou Mercedes slegs 6.5l/100km verbruik is hy mos baie ligter as my Ford wat 10 liter nodig het om 100km te ry.ð
Onthou ek lees slegs die Ford se rekenaar en niks is uitgewerk nie.
Hierdie onderwerp is al heelwat bespreek op die forum. Soos iemand tereg gese het ek haal aan " ek moet met my voertuig in n mynskag af jaag om sekere ouens se brandstof verbruik te probeer kry". Dit se alles.
Dit hang baia van ry gewoontes, terrain, wat gesleep word, spoed, pad oppervlak en weers omstadighede af.
In die wildtuin het ek al 6.2L/100km gekry op een ogend rit op teer met Å effense afdraaide all die pad. Dit was tussen Punda Maria en Babalala en ek het 48km/uur gery sonder die woonwa. Die selfde pad met die Exclusive het ek 9.2L/100km gekry. Van Malelane tot in Pretoria met sleep teen 100km/uur met Å wind skins van agter het ek so 14L/100km gekry. Die selfde pad met die wind van voor kry ek so 16L/100km. Tussen Gariep Dam en Aldam met die wind van voor het ek 19L/100km gekry.
As my steun my Ford Fiesta ry kry hy 7L/100km in die stad. As ek hom ry kry ek 6L/100km. Hy ry rukkierig en trap die sous tussen stoppe.
Groete,
Paul
Ek het vergeet. Die brandstof wat jy ingooi het ook Å impak. Ek kry die beste verbruik met Sasol Diesel.
Daai 6.2L/100km tussen Punda en Babalala het ek Å foto van die rekenaar skerem geneem. Dit is uitsonderlik en niks om te gebruik as Å voorbeeld van die Pajero 3.2 DID sê verbruik nie. Die selfde dag en die selfde pad weer terug, Babalala na Punda, het ek 7.8L/100km gekry. Dit was nou weer effens opdraant terug en wind van voor.
Groete,
Paul
Brandstof verbruik onderwerpe is vir my seker die oninteressantste wat op 'n forum bespreek kan word, want ek weet nog voordat ek daaraan begin lees dat my ervaring daarvan net weer herhaal gaan word, naamlik dat daar gespog gaan word en dat ek weer swakker brandstof verbruik as soortgelyke voertuie gaan kry.
Ek maak die tenk elke keer tot oorlopens toe vol, gevolglik vergelyk ek altyd akkurate inname. Ons het vroëer jare gereeld saam met drie ander karavane getoer, waartydens verbruik nie verbloem kan word nie. Daar kon ek sien dat elke ou wat verbruik uitwerk betref sy vrou op die spreekwoordelike eie manier soen.
Ek vertrou ook nie brandstof verbruik rekenaar inligting of brandstof tenk naald aanduidings nie. Ek beskou dit as 'n naastenby aanduiding, nie soos inligting van 'n GPS nie.
Die enigste moontlike waarde wat ek tot hierdie gesprek kan voeg is dat wanneer ek sleep my verbruik met die outomatiese ratkas tot op 'n punt beter word hoe vinniger ek ry, want ek kan net self na 'n laer rat oorskakel terwyl die ratkas besluit wanneer hoër geskakel moet word, gevolglik sleep ek gereeld, afhangende van omstandighede, in 'n laer rat as wat ek sou indien dit 'n handrat was. Terloops, ek praat van 'n diesel.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old ââ¬â one is old because one stopped playing.
Ek dink nie die draad gaan soseer oor mense wat brag oor brandstof verbruik nie, maar meer die interesantheid van verskil in brandstof verbruik in die KNP waar mens gewoonlik gemiddeld miskien 35-40km/h ry. Wil voorkom of sommige voertuie swaarder is op brandstof en die ander weer ligter op daai spoed. Piet Ford kla inteendeel oor sy swak brandstof verbruik as hy stadig ry. Sou interesant wees om die rede agter dit te weet.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ


Ek weet die onderwerb is al n paar keer bespreek. Maar ek het bitjie track verloor oor wat is nou n standard brandstof vebruik moet wees met of sonder die karavaan.
Ek het die 2l bi turbo Ford Ranger en het die trip KNP toe tussen 7.7 tot 8.4 km per liter gekry met die karavaan. Dis volgens die blikbrein.
In die KNP, waar n mens so tussen 30 en 40 km per uur ry (wild kyk), het ek sonder die karavaan verwag om so ongeveer 13 km op n liter te kry. Maar, ek het net 8.4 km per litter gekry teen ongeveer 30 tot 40 km per uur wild kyk. Ek kan onthou dat ek met die 200 Land Cruiser 4.5 diesel ongeveer 10 km per litter / die Jeep Grand Cherokee v6 diesel 14 km per liter en die Pajero 13 km per liter gekry het as ek wild kyk. Dit laat my wonder hoekom die Ranger 2l bi turbo swarder is op brandstof as ek wild kyk?
Ek hoor graag van julle wat julle brandstof verbruik is as julle sleep en ook as julle wild kyk teen 30 to 40 km per uur.

My ondervinding in die wildtuin is die volgende.
Die spoed beheer op 40 km/uur gestel en gevind my brandstof verbruik is die beste in 3de volgens die rekenaar. Dit is met 'n petrol engine.
Dalk moe jy 'n laer rat probeer.
The Happy Campers.
Ek het Å artiekel op die Australiaanse Pajero klub forum gelees waar, met bewyse die Pajero automaties Diesel kar in Sport Mode, manual rat selekteer, koeler en meer doeltreffend in 4de rat sleep as in 5de rat. Sonder sleep is 5de rat in Sport mode die mees doeltreffende.
Ek stem saam met Geert. Ons brag nie. Ek sê maar net wat my ondervinding is. Ek is eintelik meer bekommerde/geintereseerd in die EGT van die engine waneer ek sleep as die brandstof verbruik.
Groete,
Paul
Dit is interesant wat almal hier se. Ek bring die ranger op tot so 35 km/uur en sit dan die spoedbeheer aan. Dit doen ek gewoonlik op die teerpad in die KNP. Dit hang af van die omgewing. As dit mooi oop vlaktes is dan is die spoed beheer op 35km/h. Ek kan so laag gaan as 31km/h op die spoedbeheer ry. Ry net tot 45km/h as dit nou nodig begin raak om by n bakamer te kom.
Op die grondpad ry ek gewoonlik so 25 to 30 km sonder die spoedbeheer. Dit is met die verskillende spoed wat ek gery het waar ek gemiddeld 8.4 km /l gekry het na ongeveer 550 km se ry in die park. Ek het niks myself uitgewerk nie. Ek het dit op die blikbrein gesien toe ek weer volmaak op Pretoriuskop vir die trip huistoe.
