Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21736 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17538 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5963 |
Bostoe | 5431 |
BrianB | 5074 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2411 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1948 |
Swanie | 1848 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1729 |
steamer | 1686 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1660 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1444 |
George | 1196 |
Louvan | 1175 |
RichardJ | 1088 |
Gerden | 1050 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 827 |
JohanMarais | 811 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 657 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 417 |
Andre Smit | 414 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 373 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
1Pierre2 | 324 |
RD | 319 |
Izak | 307 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Brandstof brandstof brandstof
'n Mens is skoon radeloos met die brandstof-ding in ons land. Ek hoor nou op die radio dat daar is op die oomblik n OORverhaling van R2 per liter omdat die Rand verbeter het en omdat oliepryse NIE soos verwag gegroei het nie. En waar los dit ons manne wat 12maande vooruit moet beplan? Omdat die slim manne absoluut oortuig was dat petrol binne twee maand R35 per km gaan kos het ek begin om my 7-weke toer te kanselleer. Ek sien ATKV vat R90 kansellasie-fooi. SANparke gee jou al jou geld terug, of hou dit krediet op jou kliëntenommer.
En die vraag is nou, wat moet ons doen in die plek van ons droomvakansie? Ek staar elke dag na my karavaan wat hier langs my kamer staan en ek stap verby die boswa wat in die motorhuis staan en my hart BLOEI!
Julle boggers daar bo in Gauteng is gelukkig om n tenk-vol vêr van die parke te wees. My broer woon op Mookgopong, ek verkoop wraggies my huis en gaan koop vir my n groot huis daar vir 33% van die prys en kuier soos julle dit doen. Ek weet net nie of ek na 72 jaar die Kaap sal kan groet nie.
You'll never never know if you never never go
Where in the cape are you......
two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
So 20 jaar gelede het my werk gevra of ek sal belang stel om Kaap toe verplaas te word. Ek en die familie is Kaap toe vir die week om na huis te gaan kyk en skole te besoek. Toe ek vir die eerste keer n braai kamer sien en vra hoekom........en hoor dit is vir daardie weer en / of wind het ek begin worrie. Pryse van huise was net te duur, ens. Ons het besluit ons bly waar ons is.
As ek toe geweet het hoe drasties dinge in die land gaan verander, sou ek die aanbod toe aanvaar het.
Maar jy is reg, ons is redelik naby aan baie van die plekke
Met die dinge van Denel het ek en my vrou basie als verloor behalwe die huis. Ek ry rond met 'n 1200cc Mahindra KUV wat my seun vir my vrou gekoop het. Ons kry 14,5 Km/l met die karretjie.
Ja ek het my droom Wa en Sleepvoertuig verloor maar in tussen met die verkoop van dit kon ek my huis klaar betaal en sit ek tans nie met die twee wit olifante nie. Ek noem dit wit olifante want met die huidige petrol pryse sou hulle in elkgeval net hier by die huis gestaan het.
Duidelik het die liewe Vader geweet wat sou kom en het hy eintlik dubbel na my omgesien.
1. Huis is klaar betaal en het ek in die omstandigheid nog 'n dak oor my kop.
2. Ek het nie tans iets wat in die erf staan wat ek glad nie kan gebruik nie.
Die KUV is bietjie klein vir kamp en het nie veel pak spasie nie. Maar ek glo en vertrou ek sal weer eendag kan gaan kamp al is dit net met die Tent en Gazebo
HY SAL VOORSIEN AS DIT SY WIL IS. Die Liewe Vader het so na my omgesien dat ek nog goeie gesondheid het, elkedag nog eet en elke aand warm slaap sedert die 2 jaar + wat ons salaris uitdaagings het.
Intussen pla die hoe petrol prys nie veel nie want ons is maar net dalk werk toe en Chekkers toe en terug.
Sterkte met die kamp beplanning ek kan verstaan deesdae kan 'n kort naweek 'n aardige bedraggie kos
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek dink ons Pretorianers is geseend om Dinokeng en al die oorde om Brits by ons te hê. Maar bygesê....daar is ook baie oorde in die Kaap, Natal wat ek graag sal wil besoek, maar te ver is vir my. Mens raak seker te gewoond aan plekke in mens se omgewing en wil dan elders gaan
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ek doen my beplanning asvolg .Ek doen geen toere meer, is klaar met dit .Ek doen 2 kampe per jaar .Die een is n maand en 2 weke wat ek by die see kamp .Die ander een is 4 tot 5 maande lank wat ek gedurende die wintermaande in die Bosveld spandeer.Ek ry ook gladnie baie rond, as ek daar is ,net die absoluute nodige ritte .Ek probeer eenmaal n maand na groot winkels toe gaan ,ook net as dit absoluut nodig is , verder koop ek daaglikse benodige by die oorde se winkels ,want dit is nie soveel duurder brandstof is duurder ,as wat jy daar meer betaal .Wanneer ek sleep probeer ek om tussen 90 en 100km per uur tesleep ,want dit is waar my voertuig die mees ekonomiese loop, tov brandstof .
Ek is steeds van mening dat dit onwys is om op hierdie stadium langtermynbeplanning te doen. Die slim manne is g'n oortuig van enigiets nie, netsoos ek en jy. Hulle probeer maar net sin maak van 'n situasie en die moontlkike uitkoms voorspel. Of die oorlog vinnig gaan eindig of nie en wat die gevolge gaan wees as dit wel vroeg eindig of lank aanhou, weet niemand nie. Jy kan ook nie regtig uit die geskiedenis probeer voorspel nie want daar is te veel veranderlikes. Ons weet wel dat die ekonomie nie gedurende 'n oorlog tot stilstand kom nie en dat daar mense en maatskappye en lande is wat stinkryk word uit 'n oorlog. Daar is ook mense, maatskappye en lande wat finansiël en andersins gebreek word. Die beste is om, soos die finansiële mense sê, nou op jou hande te sit en niks te doen nie want jy weet eenvoudig nie wat om te verwag nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
En moenie die fout maak om te dink dit is net brandstof wat 'n probleem gaan wees nie. Ons het werklik geen idee wat gaan gebeur nie, miskien nie veel nie of miskien dramaties baie. Onder andere kan voedsel en skoon drinkwater in gedrang kom al sal ons hopelik in geval van uitbreiding van die oorlog, nie in die voorste linies staan nie. Selfs dit is nie 'n sekerheid nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Almal uitstekende kommentaar, baie dankie manne. Ek is bly daar is ander wat soos ek dink. Ek het ook tot die gevolgtrekking gekom dat minder beter is, het die vakansie-huis verkoop en is besig om my kantoorgebou ook te verkoop. Het n pragtige kantoor by die huis ingerig. As ek geseënd bly met goeie gesondheid sal ek maar vir eers die naweek-kamp ding doen na plekkies hier naby. As ek klaar is met my Kgalagadi-toer in Augustus sal die bodswa seker op dun ys wees.
You'll never never know if you never never go
Ek is steeds van mening dat dit onwys is om op hierdie stadium langtermynbeplanning te doen. Die slim manne is g'n oortuig van enigiets nie, netsoos ek en jy. Hulle probeer maar net sin maak van 'n situasie en die moontlkike uitkoms voorspel. Of die oorlog vinnig gaan eindig of nie en wat die gevolge gaan wees as dit wel vroeg eindig of lank aanhou, weet niemand nie. Jy kan ook nie regtig uit die geskiedenis probeer voorspel nie want daar is te veel veranderlikes. Ons weet wel dat die ekonomie nie gedurende 'n oorlog tot stilstand kom nie en dat daar mense en maatskappye en lande is wat stinkryk word uit 'n oorlog. Daar is ook mense, maatskappye en lande wat finansiël en andersins gebreek word. Die beste is om, soos die finansiële mense sê, nou op jou hande te sit en niks te doen nie want jy weet eenvoudig nie wat om te verwag nie.
Terwyl ons besig is met die onderwerp, is my vrou en ek langtermyners (Permies) waarvan ons Å hoof basis het naamlik Klipspringer.
Ons is slegs 6km buite Modimolle waarvan omliggende oorde Å "Hane tree" vanaf ons is.
- Weesgeeus = 12km.
- Mphetsi-Mphetsie = 20km.
- Modimolle vakansie oord (Voorheen die Tempel) = 3km.
- Naboomspruit = 36km.
- Klein Kariba en Maroele Oasis = 24km.
- Mabalingwe = 40km.
En so kan ek aangaan met Bosveld oorde naby ons.
Daar is baie omliggende oorde soos bv: ABBA ens.. wat ook baie naby is.
Gevolgtrekking:- Ons het Å verskeidenheid om van te kies daarom het ek Å ruim tent aangeskaf en los die wa by ons hoof basis: Klipspringer.
Ons het oor die algemeen 2x/week dorp toe gegaan en dit nou afgeskaal na 1x/week agv die brandstof prys. Ons dae is nou Woensdae vir die pensionaris afslag by verkeie inkopie instansies.
Ons betaal slegs R2000/maand met eletrisiteit en water ingesluit wat ons bykans in die omgewing van R12000-00 bespaar in vergelyking met normale lewe by die huis in Å woonbuurt.
Het ons lang toer wat n sirkel roete sou wees na die weskus gekanselleer.
Tans net kort wegbreek, pensionaris week en naweek kampe.
Is reeds besig met n pensioenaris week met die lang naweek.
Darm net 90km van die huis af.
Al weer oppad iewers heen.
Terwyl ons besig is met die onderwerp, is my vrou en ek langtermyners (Permies) waarvan ons ń hoof basis het naamlik Klipspringer.
Ons is slegs 6km buite Modimolle waarvan omliggende oorde ń "Hane tree" vanaf ons is.
- Weesgeeus = 12km.
- Mphetsi-Mphetsie = 20km.
- Modimolle vakansie oord (Voorheen die Tempel) = 3km.
- Naboomspruit = 36km.
- Klein Kariba en Maroele Oasis = 24km.
- Mabalingwe = 40km.
En so kan ek aangaan met Bosveld oorde naby ons.
Daar is baie omliggende oorde soos bv: ABBA ens.. wat ook baie naby is.
Gevolgtrekking:- Ons het ń verskeidenheid om van te kies daarom het ek ń ruim tent aangeskaf en los die wa by ons hoof basis: Klipspringer.
Ons het oor die algemeen 2x/week dorp toe gegaan en dit nou afgeskaal na 1x/week agv die brandstof prys. Ons dae is nou Woensdae vir die pensionaris afslag by verkeie inkopie instansies.
Ons betaal slegs R2000/maand met eletrisiteit en water ingesluit wat ons bykans in die omgewing van R12000-00 bespaar in vergelyking met normale lewe by die huis in ń woonbuurt.
Dit is nie Å "Voetsek" gaste plaas/oord nie en is uiters netjies en veilig, slegs veral dat jy op en wakker moet wees vir sekere reptiele en scorpions, daarom het ek my eie slangvanger gemaak omrede ons teen die Waterberg staan.
(Terloops, Å Bruin Scorpion het 2-weke gelede my vrou gekap op haar vinger terwyl sy die Sytent se gaas was).
Terug na tarief:- Daar was baie politiek daaroor.
Bestuur het aangekondig: Indien jy Å privaat badkamer soek sal dit op inwoner se kostes wees.
Einde van die dag was die bedrag hoêr as begroot, maar Škontrak is opgestel en geteken dat vir die volgende 5-jaar geen tarief verhoging sal wees vir die inwoners wat dit wou doen en daarby word 30% van aanbou bedrag terugbetalend is met die dag as jy besluit om aan te beweeg.
Ons was 5x Permies wat die aanbod aanvaar het veral met die COVID geval.
Ons lang naweek darem net 58km se ry
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ons lang naweek darem net 58km se ry
Ek werk nounet uit hoeveel dit my omtrent soontoe en terug gaan kos aan brandstof. Al klink 58km naby, dit gaan nog steeds R 400 aan brandstof kos en met tolgelde amper R500.
Scary baie geld vir hierdie kort afstand.....

Dan moet ons nog Dinokeng se concervation fees betaal wat R 80 / volwassene is en R50 / kar....ons gaan 4x volwassenes wees. So nog n R370. Totaal R870, dan het ons nog nie eers n sent uitgehaal vir kamp nie. As jy nog wil rondrits in Dinokeng vir die naweek kos dit nog n ekstra R380 vir permit.
So Dinokeng kan n duur naweek word. Net hierdie hierbo is al R1250, dan moet jy nog kampeer kostes byreken
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
[quote]1012,250202928[/quote]
Dan moet ons nog Dinokeng se concervation fees betaal wat R 80 / volwassene is en R50 / kar....ons gaan 4x volwassenes wees. So nog n R370. Totaal R870, dan het ons nog nie eers n sent uitgehaal vir kamp nie. As jy nog wil rondrits in Dinokeng vir die naweek kos dit nog n ekstra R380 vir permit.
So Dinokeng kan n duur naweek word. Net hierdie hierbo is al R1250, dan moet jy nog kampeer kostes byreken
Hier by ons klim ek in die kar en ry berg uit of ek gryp Å trekker met sleepwa.
Die groot Vyf is ongelukkig nie hier nie, maar baie bok spesies, voêls asook die natuur skoon plante groei.
Dit is Heng Rof en Bloed Geld.
Hier by ons klim ek in die kar en ry berg uit of ek gryp ń trekker met sleepwa.
Die groot Vyf is ongelukkig nie hier nie, maar baie bok spesies, voêls asook die natuur skoon plante groei.
As jy so ry sien jy baie, baie wild spesies.
Die pad is mooi, maar party plekke kry jy bietjie "See Siek" agv stampe en stote.
Ons het hom al gery en pad langs teruggekom.
Die wonderlikste padstalle kry jy dan, veral Swannies se padstal.
Jy moet bykans 1x dag uitsit vir so "trippie".
Swannies het van die mooiste oudhede om te aanskou en jy kom nie by alles uit nie.
Daar is net te veel om na te kyk.
WAARSKUWING: Los jou beursie eerder TUIS (LOL).
As ons daar by my broer op Naboom kuier gaan ek elke keer na SPIF om gedroogde hoender te koop. En sommer n hoop ander hoender wat saam huistoe kom. Daar is n slaghuis op Naboom wat ook lekker vleis aanbied, maar kyk eers mooi wat jy koop, ons het al met taai sirloin-steak by die huis aangekom.
Ek het so pas my geld betaal vir Paasnaweek by Elandsbaai. Die hotel het net vier staanplekke wat afkyk oor die munisipale kampplek. Ons gebruik dan die hotel se geriewe en die shrimp-kelkie is naby. Omdat my langvakansie af is gaan ek sommer ses aande by Eandsbaai staan.
En omdat ek half-moerig is oor die langvakansie-ding het ek gevra dat my toer na die Kgalagadi verleng word, ek wag nog op n antwoord.
You'll never never know if you never never go
Elandsbaai is baie gesellig en dit voel regtig ongerep. Die restaurant links van die hotel as jy met jou rug na die hotel staan, het ook baie atmosfeer en lekker seekos. Ons het tweemaal in die munisipale perk asook by die hotel gestaan, maar die munisipale park lyk nie meer veilig nie. Die ablusies word nie gesluit gehou nie en mense kom sommer van die straat af en gebruik dit ook om in te stort.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As ons daar by my broer op Naboom kuier gaan ek elke keer na SPIF om gedroogde hoender te koop. En sommer n hoop ander hoender wat saam huistoe kom. Daar is n slaghuis op Naboom wat ook lekker vleis aanbied, maar kyk eers mooi wat jy koop, ons het al met taai sirloin-steak by die huis aangekom.
Ek het so pas my geld betaal vir Paasnaweek by Elandsbaai. Die hotel het net vier staanplekke wat afkyk oor die munisipale kampplek. Ons gebruik dan die hotel se geriewe en die shrimp-kelkie is naby. Omdat my langvakansie af is gaan ek sommer ses aande by Eandsbaai staan.
En omdat ek half-moerig is oor die langvakansie-ding het ek gevra dat my toer na die Kgalagadi verleng word, ek wag nog op n antwoord.
Hulle "Espetades" is die beste.
Ek sit hom in die "Weber".
Een is genoeg vir Ma en my.
Hulle "Shnitchels" is "Yummy" lekker, veral in die "Airfryer", dan ook die "Boere: Prawns en Slakke = Hoender Nekkies en Hoender Lewer".
Gelukkig is ons naby die kus hier, en gaan dit nie teveel kos aan brandstof soontoe nie. Ons gaan juis nou vir 'n maandkamp op Untu Palms staan in April, en sal moontlik direk daarna langsaan op Ilanga gaan staan, ook vir 'n maand. Tarief vir Untu is R3500-00 vir 'n "super luxury" en R2400-00 vir Ilanga [plus R200-00 vir prepaid], waar mens die oord se algemene ablusie geriewe gebruik. Ek ry af soontoe en terug met een tenk brandstof. Ek sleep gewoonlik skoonma en haar metgesel se Sprite Swift Ilanga toe vir hulle aangesien die ou ke'rel nou al 86 is en ek nie wil he' hy moet nog sleep nie, alhoewel hy steeds sy 4x4 D/C het. Laasjaar was die brandstof koste R620-00, soontoe en terug, wat hy natuurlik betaal. Ons het ook net een tolhek by Marionhill Plaza, wat laasjaar R13-50 beloop het [een rigting]. Ons help hom dan die opset doen, slaap een aand oor by hulle en kom die volgende dag terug. Daar's nie 'n gerondryery nie, daarom weet ek hoeveel brandstof ek gebruik. Die Swift is ook nou maar aan die ligte kant wat gewig aanbetref, en dit help definitief. Ons Sport is bietjie swaarder en dus is die brandstof verbruik ook hoe'r.
A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...