English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 270
Total Replies: 230 088
Total Views: 82 379 967
topics: 10 825
replies: 124 923
views: 38 857 704
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Brandblussers

replies: 13
views: 13540
09 Nov 2006
Lord oom piet
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 330
Joined: 16 Feb 2005
Experience: 19 years
Hoeveel van ons het n brandblusser in die karavaan. Seker maar almal. Die vraag is ons almal verseker ons karavaan en daar kom dalk n tyd wanneer n persoon dalk die brandblusser nodig het en dan wil dit nie werk nie want dit was nooit gediens nie. Wat se die assuransiee dan. Ons beweer ons het n brandbluser maar op daardie gegewe oomblik wou dit nie werk nie. Ek glo die vraag sal wees wanneer was dit gediens gewees. Is ons dan verassureer as die braandblusser nie gediens was nie. Ons koop n brandblusser in die winkel maar daar is geen sticker op wat se wanneer die tydperk verval. Miskien kan iemand net meer lig werp op die onderwerp. Ek self het n brandblusser gekoop met geen sticker op nie. Ek het n plek gekry wat die brandblusser kan toets en weer vol maak en dan word daar n sticker op geplak met die verval datum. Kry goeie diens.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2006
Anonymous
Goeie wenk.

Dankie Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2006
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Ek kan nou nie kommentaar lewer oor die versekering gedeelte nie, maar ek glo dat elke brandblusser, hetsy in die kar, huis, karavaan of tent, elke maand ge"check" moet word. Party brandblussers het 'n "gauge" wat groen en rooi opwys. So kan jy darem sien of die ding nie dalk lek en afblaas nie. Jy kan hom weeg ook. As joune dit nie het nie, glo ek daar is plekke wat dit kan verskaf, soos Afrox en dies meer. Een keer 'n jaar sal ek glo moet jy die ding instuur om getoets en gevul te word deur die mense wat sulke goed kan doen.

Toe ek op 'n aanleg gewerk het, was dit deel van die maandlikse inspeksies, om al die brandblussers te "check" en af te teken. Ek glo nie om 'n verval datum op die ding te he, sal die versekering gerus stel, as hy 2 maande terug al ongemerk begin afblaas het nie.

Eerder bang Jan as dooie Jan.

Cheers
Robert
Meyerton
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2006
Etienne
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 01 Jan 2007
More almal

Brandblussers is nie 'n vereiste op jou versekering nie. Jy kry nie addisionele afslag as jy 'n brandblusser het nie. Dit is bloot net 'n persoonlike voorkomende maatrel. Brandblussers is ook nie 'n vereiste vir jou huis en motor nie.

Jy sal dekking h, of hy nou werk of nie.

Het julle al probeer om die verdomde ding terug te sit sonder om jou vingers vas te knyp.? Hy wen elke keer.

Tjorts

Etienne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Nov 2006
Anonymous
Hi Herman,

Baie goeie punt wat jy hier beet het, ek gaan dit sommer byvoeg op die karavaan se diens boekie en op die checklist.

Groete
Chris
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2007 @ 16:13:12 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2007 @ 16:13:56 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Geagte Menere Ek is n nuwe toetreder tot di forum en wil dus nie van meets af soos n neulpot klink nie. Dit is egter my beroep om veiligheid te bevorder en kon dus nie anders as om te reageer op u insette nie al is u bydraes reeds geruime tyd gelede gepos. Kampeerders en terreine se algemene veiligheid het die potensiaal om n nuwe debat te word. My doelwit met hierdie bydrae is egter slegs n bietjie bewusmaking. Die ergerlike brandblussertjie is met n doel in ons karavane geplaas, hoewel dit sekerlik nie n lisensievereiste, soos vir n skiboot, is nie. Boonop is dit geneig om los te skud! Wees verseker dat die standaard toestel ver van voldoende is om n karavaan en/of die kampomgewing heeltemal te beveilig. Ons neem sommer elke vakansie die garage en die tweede voertuig se blussertjies ook saam. Net vir ingeval.... Oorsese vervaardigers van karavane installeer gas- en rookverklikkers en outomatiese of sentrale afsluitpunte in hul produkte as gevolg van strenger wetlike bepalings. Die risikofaktore binne n volgepakte karavaanpark, argumentshalwe 250 staanplekke, is sonder enige bedoeling van disrespek, vergelykbaar en soms meer gevaarlik as n digbewoonde informele nedersetting. Kom ons dink aan aluminium, glasvesel, sintetiese tentmateriaal, vol petrol en dieseltenks, rubber, plastiek, koeltebome, oop braaivleisvure, gashouers en braaiers, kookolie, vuurpyle en klappers, bergwindtoestande, hittegolwe in Desember/Januarie, algemene droogtetoestande, indringerplante, alkoholgebruik, dekriet dakke, kleuters wat met vuur eksperimenteer........ Die lys hou net aan en aan. Dit is byna wonderbaarlik dat daar nie meer voorvalle van groot omvang elke vakansieseisoen aangemeld word nie. Dit s nogal baie van ons kampeerders se veilige en voorkomende gedrag. Nietemin bly die gevaartoestande in ons midde en ons moet altyd daarop bedag wees en ander onderrig. Stel jou voor n brand ontstaan om 11:00 as veral kusoorde relatief verlate is of laatnag as almal rus. Lees gerus op die internet van die Spaanse tragedie gedurende Julie 1978 waar talle vakansiegangers by San Carlos de la Rapita a.g.v. n gastenkwa ongeluk gedood en beseer is. U sal verstom wees om te sien hoe vinnig n karavaan heeltemal deur n vuur verswelg kan word. Kyk gerus na Brainiac op satellietkanaal 65. Hulle vang gereeld sulke verstommende toertjies aan. Aluminium is een van die brandbaarste metale in algemene gebruik en in kombinasie met polistireen, akriel, glasvesel en hout in n karavaan se dop nogal redelik kwesbaar. Die tweede raakpunt is die verbasend min karavaanparke (selfs en veral in munisipale besit) se ooglopend min sigbare beskermingsvermons en algemeen voorkomende brandbestrydingsmaatrels. Die ou Kaaplandse Provinsiale Administrasie het n Standaardverordening insake Parke vir Woonwaens en Mobiele Wonings gedurende 1983 afgekondig. Daarin word bepaal dat elke twee staanplekke oor een van die volgende moet beskik; n emmer sand, n emmer water of enige tipe brandblusser wat deur die plaaslike owerheid goedgekeur is. Hierdie toestelle mag nie verder as 20 meter van enige staanplek verwyder wees nie. Klink dit miskien belagrik of oudmodies? Oordeel self, ek glo nie. Gegewe die potensile brandgevaar in n park onder bepaalde omstandighede, die aanwesigheid, ligging, kapasiteit en professionalisme van brandweerdienste, behoort alle karavaanparke te poog om ook hul eie vermons te versterk en minstens kampeerders met hul aankoms bewus te maak van hul noodprosedures. Dit word eenvoudig net nie gedoen nie! Die naaste wat jy daaraan kom is die algemene noodnommers op kennisgewingborde. In die huidige munisipale bedeling is die plaaslike brandweerdiens in elk geval moontlik op die aanliggende hoofdorp gesentraliseer. Dt staan nie op die kennisgewingborde nie. In di verband is Worcester Munisipale Park seker een van die veiligste in die land, aangesien die professionele diens oorkant die straat gele is! ATKV Goudini met sy dekrietpersele en natuurlike omgewing het ook n goedgunstige skenking nl. 2 brandsleepwaens, van hul distriksmunisipaliteit ontvang. Die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika se minimum vereistes t.o.v. veiligheid in karavaanparke bepaal, onder andere, soos volg: The best possible precaution should be taken at all times, to maintain the safety and security of the guests, to prevent damage or theft of their property and possessions. Dieselfde dokument verwys ook na bepaalde wetlike vereistes soos, n brandbeskermingsertifikaat. Ek het reeds verwys na die lewering van brandweerdienste veral by kleiner munisipaliteite. Het hulle personeel wat gekwalifiseerd is om die sertifikaat uit te reik? Groot was my verstomming toe ek by n aansienlike munisipale strandoord n straaltjie diesel by die boiler room vir die warmwaterstelsel se deur sien uitloop. Die rede, n lekkende toevoerpyp met n deurgesnyde plastiekkan daaronder geplaas om die druppels op te vang. Bid jou dit aan! Wat help n brandbeskermingsertifikaat jou in die geval? n Skroewedraaier en nuwe klamp sou beter gewerk het. Gegewe die potensile brandgevaar in vol kampeerterreine, behoort die graderingstelsel nie in n groter mate brandveiligheid as n maatstaf te gebruik, tesame met verskeie Regulasies ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid wat ook van belang mag wees nie? Dis mos pleinweg onwettig om, byvoorbeeld, nie die elektriese installasie regulasies of SABS kode vir gasinstallasies na te kom. n Laaste klip in die bos. Die gasvryheidsbedryf en, volgens C&OL, spesifiek die motorwoonwa bedryf, maak hom gereed vir die veelbesproke 2010 Sokker Wreldbeker se verwagte Europese toeriste. Is ons parke gereed om met hul parke mee te ding m.b.t. algemene veiligheid?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2008 @ 21:52:59 pm
Aloe
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 21 Apr 2008
Experience: 19 years
Roy, dankie vir jou inset spesifiek oor brandblussers en in die algemeen oor " beroepsveiligheid " soos van toepassing in karavaanparke. 'n Leser kom dadelik agter dat jy nie net hier met 'n kenner van sy vak te doen het nie, maar ook met 'n bydraer wat die omgewing rondom hom wil dien met sy eiesoortige kennis en ervaring: ons karavaners dank jou daarvoor. Ek sal graag wil weet hoeveel eienaars van parke het dit as manna uit die hemel ontvang? Waar prof Neels begin om die sekuriteit van karavaanparke by die graderingstelsel in te sluit, hoop ek 'n kundige op die gebied vind sy weg oop om Roy se voorbeeld te volg en onbaatsugtig by te dra. Dankie. Alwyn
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2008 @ 19:38:32 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6406
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years
Ek het n nuwe jurgens gekoop en die brandblusser kom standart toerusting met n sticker en al 10 uit 10 vir jurgens. Willem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2008 @ 13:53:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Die brandblusser wat in die karavane gebruik word het poeier in. As die metertjie se naald in die groen aandui behoort die blusser geaktiveer kan word. Eintlik net een ding wat sal keer dat dit effektief werk en dit is die toestand van die poeier binne in. Die poeier blusser moet tenminste een keer in 'n maand omgedraai en geskud word om seker te maak dat die poeier los is. Om te voel of die poeier los is sal jy kan voel hoe die poeier van die een kant na die ander kant stelselmatig vloei as jy dit blusser stadig omkeer. Indien nie of as dit voel as of 'n groot "Blop" geskuif het, moet die blusser geskud word om dit los te maak of anders vervang word. Maak dit deel van jou leef wyse as jy in die karavaan klim terwyl dit by die huis staan skud gou die blussertjie, jy sal nie spyt wys jy het dit gedoen die dag as jy hom nodig kry nie. Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2008 @ 14:55:37 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Dags, Alwyn, Willem en Leon Baie dankie vir jul positiewe terugvoer/insette. Ek was weens studies lanklaas op die blad en is baie verbaas om te sien dat die aantal "views" op die onderwerp aansienlik geklim het tot meer as 400. Toevallig koop ek gisteraand die Sept/Okt Wegsleep en die artikel op p.9 het my genoop om weer hier te kom kuier. Die storie van Dirk en Rita Maritz se karavaanbrand terwyl op reis kon nogal katastrofies ge-eindig het met 'n vuur in die neuskas. Gelukkig het hul blussers tot hul redding gekom. Lees dit gerus; daar is ook 'n paar ander lesse daaruit te leer. Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2019 @ 05:43:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13774
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is self maar nalatig om die raad hier bo te volg....seker omdat dit nie sommer gebeur nie, maar is seker goed om weer bietjie bewus gemaak te word oor hierdie belangrike item. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2019 @ 06:37:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14078
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So weer op die onder werp van die brand blussers.

Onthou om die brand blusser in jou wa bietjie om te draai en te skud dat die poeier weer los kom.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2019 @ 22:44:59 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4122
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

That reminds me I need to check mine.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required