English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 238
Total Replies: 248 935
Total Views: 83 116 059
topics: 11 388
replies: 136 645
views: 39 268 641
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Brand vas en grootste swakpunt

replies: 5
views: 265
20 Apr 2020 @ 17:37:46 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ons lees elke nou en dan wat die Ford manne van n Toyota dink en wat die Toyota manne van n Ford dink. Dan is daar die ander forum lede wat se hulle is nie "Brand" vas nie. Daar is min wat ons hoor van die manne, maar ek dink tog dat baie van die forumlede wat nie n Ford of Toyota ry, lekker hier in hul mou lag as hulle so luister na die Ford / Toyota manne. 

Wat die forum baie lekker maak is dat ons almal lekker kan saam praat as ons praat oor b.v. kamp gadgets of as daar raad nodig is. Dis n teken dat die forum is gebou op n baie gesonde fondasie. So luister  ek na baie van julle en dit lyk of daar baie lede is (natuurlik nie almal nie) met min of meer dieselfde swakpunte - i.e. koop van kamp gadgets wat moontlik nie nodig is nie. 

Ek is ook nie brand vas as dit kom by karre nie. Maar, my grootste swakpunt is karre. Die punt hier is nie om daaroor te brag nie maar te wys dat n mens kan enige kar ry solank dit aan jou behoeftes op daardie tydstip voorsien. In 38  jaar het ek n Fiat (1st kar), Ford Bantam (eerste sleepvoertuig) , Toyota Cressida (GLI6, 2.8 en 30i), Isuzu 2.8, Kia Carnival, Mazda BT50, Pajero Sport, 200s Land Cruiser 4.5 V8, Jeep Grand Cherokee 3.0 Ecodiesel, en Ford Rangers gery. 

As ek so terug dink oor al die verskillende brands wat ek gery het en dink aan die diens wat ek uit die karre (en die handelaars) gekry het. Al die karre het my baie goeie diens gegee en ek was baie gelukkig met die karre terwyl ek hulle gery het (Selfs die ou Fiat 128 Rally wat my vrou by my oorgeneem het na ons getroud is), met die uitsondering van een van die Cressida's en die Land cruiser wat my baie probleme gegee het.

Is dit normaal vir n Land Cruiser om probleme te gee? Glad nie, ek was net ongelukkig. Sal ek weer n Land Cruiser koop? Sonder twyfel, want ons almal weet dat die 100s en 200s Land cruisers moontlik die mees betroubaarste voertuie op die pad is. Maar, ek dink die punt hier is dat jy hoef nie brand vas te wees om gelukkig te wees met die kar wat jy ry en die diens wat die kar jou gee nie.  

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 20:17:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16915
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Met karre is ek nie noodwendig "brand" vas nie, maar ek sal ook nie enige kar koop nie. Daar is hordes op my lys wat ek nie eers belang stel wat hy kos nie. Ek gaan gewoonlik maar op verwysings. Ek  verkies ook gewoonlik n kar wat in massas produseer word soos byvoorbeeld Hilux, Ranger, Corolla en dergliks.....oral waar jy kom kan mense jou help met parte. Ek het 1x n relatiewe onpopulere kar gery...oral sukkel jy.....vra vir parte  meeste net ten duurste by agente....wil towbar opsit, moet spesiaal een bou....moet ruit vervang, moet spesiaale bestelling maak....wil meganiese herstelwerk laat doen, kry jy baie keer die antwoord dat hulle nie op daai karre wil werk nie....moet n gekraakte liglens vervang, moet 6 weke wag vir invoer, niks lokaal....wil remblokke vervang, moet eers deposito  betaal dan bestel omdat dit nie standaard voorraad is nie. Hierdie tipe diens sien ek nie meer voor kans nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 06:48:12 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek was altyd n VW man. Vir meer as 30 jaar was daar altyd n VW in my motorhuis. Tot al my kinders het VW,s gery. 

Vir 10jr lank het ek Toyota bakkies gery.

Vandag is daar nie 1 VW of Toyota by my of my kinders nie.

Sal ek weer Toyota ry? Beslis, as ek finansieel instaat is. Hoekom?

Die diens wat ek uit die voertuig gekry het EN diens van die handelaars.

Waarom ni VW nie? Die swak diens wat ek van die handelaar gekry het. Ek glo nogsteeds VW het die beste karre en Toyota die beste bakkies. Ek sal nooit n Toyota kar koop nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 08:17:56 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Tussen ek en my vrou het ons ook 'n verskeidenheid voertuie gery, nie te baie nie want ons vervang nie voertuie elke drie jaar nie (Kombi amper 30 jaar gery).  Meeste voertuie het goeie diens gelewer op twee na: 'n Opel Rekord 2liter stasiewa en 'n Peogeot 504.  Die Opel het baie luuks gevoel maar uiters swak wringkrag en padhouvermoë gehad.  Die Peogeot het heerlik gery op swak paaie, met sy slegs 60Kw verbasende wringkrag en goeie sleepvermoë gehad maar die bakwerk het oral geroes en die verkoeler het gedurig verstop. Hy het nog nie 'n geslote verkoelingstelsel gehad nie.  Ek het na waarborge verstryk het, ons voertuie self gediens en behalwe vir bostande probleme, baie goeie diens uit almal gekry want hulle is almal goed opgepas.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 08:38:19 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 552
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Tussen ek en my vrou het ons al baie voertuie gery, hier is wat ek dink van elkeen:
Almal was splinternuut gekoop.

Eerste kar, VW Trippa, 1600, my kar wat my n vastrap in die lewe gegee het (voor dit was dit cheapies voor ek my paycheck gekry het)
Turquise groen Citi Golf, lekker karretjie gewees, so ook begenoemde.
Isuzu 2.0 D/C bakkie, lekker trokkie gewees en diens was goed.
Ford 2.5 TD Ranger S/C, lekker bakkie gewees en diens was goed.
Ford Ranger 2.5 TD D/C, lekker bakkie gewees en diens was goed.
Landrover Freelander - ek wil daai tyd uit my lewe uit wegvee........
VW Polo TDI - om te herstel van my verlies met die Free Lander, lekker kar gewees, diens was goed.
Weer Ford Ranger 2.5 TD D/C, een van my lekkerste bakkies ooit, diens was goed gewees.
Hyundai IX 35 2.4 AWD - mmmmmmm..........
VW Amarok TDI D/C, lekker bakkie gewees, diens was goed.
Ford Ranger D/C 3.2 - dit is waar my verbintenis met Ford vir altyd verbreek is.
Toyota 3.0 D/C 4x4, uitstekende bakkie, diens was goed.
Toyota 2.8 D/C 4x4, uitstekende bakkie, diens is goed.
Die Tannie se karre is nie hier ingesluit nie, oorwegend BMW, goeie karre en diens is goed.

3de karre vir noodgeval:

Toyota Yaris - mmmmmmmmmm......skatebord met wiele
Suzuki Swift (amper nuut) - het ek gese uitstekend!!!!!

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 13:05:51 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2198
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Om by Frik aan te sluit. Slegs my nuwe voertuie. 

1972 Hillman Vogue. Ai goeie herhinderinge omdat dit eerste nuwe voertuig was.  Nog  Peugeot 404 engin gehad. Agt jaar gery en vir meer verkoop as wat hy nuut gekos het.

Audi 500.   Was baie tevrede en goeie diens

BMW 328I   Goeie diens en tevrede

Ford Bantam 1400   sal vandag weer een koop as ek klein bakkie wil hê.

Kia Sportage. Nooit nooit weer Kia op my erf. Swak diens

Suzuki SX AWD. Baie lekker kar gewees en slegs verkoop omdat ons groter woonwa gekoop het.

Land Rover Freelander HDE II.  As hulle hom nog gemaak het en ek wen lotto koop ek weer een. My beste voertuig ooit.

Ford Ranger 2.2 DC sovêr baie tevrede en goeie diens. 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za