Ek sien daar is winkels wat mielie stronke in sakke verkoop met die doel om op te braai. Werk dit goed of is dit maar net n alternatief sou hout of kole nie beskikbaar wees nie?
Dit is al wat my swaer in Bothaville gebruik. Dit mask rekker warm vuur en kool maar jy moet vinnig braai want die kool hou nie lank nie. Geen nasmaak op jou kos nie.
Het met dit groot geword op die plaas.
Kos en warm water op die kool stoof het met mielie stronke dit gaar en warm gemaak.
Het ook net op stronke gebraai.
Waar is die sakke te koop?
Het met dit groot geword op die plaas.
Kos en warm water op die kool stoof het met mielie stronke dit gaar en warm gemaak.
Het ook net op stronke gebraai.
Waar is die sakke te koop?
Dis in Villieria...Pretoria
Nie geweet dit is vir braai nie. Ek't gedink dit is 'n alternatief wat die Vrystaters vir toiletpapier gebruik.
Nie geweet dit is vir braai nie. Ek't gedink dit is 'n alternatief wat die Vrystaters vir toiletpapier gebruik.
Dit ook....!
Nie geweet dit is vir braai nie. Ek't gedink dit is 'n alternatief wat die Vrystaters vir toiletpapier gebruik.
Chris, staanplek A90 nê. Alle grappies op ñ stokkie. Die groot geheim van mieliestronk braai is dat as hy goed brand, gooi hom amper dood met water en laat hom dan kole maak.
Het met dit groot geword op die plaas.
Kos en warm water op die kool stoof het met mielie stronke dit gaar en warm gemaak.
Het ook net op stronke gebraai.
Waar is die sakke te koop?
Dankie. Het gedink dis in Pretoria.
Sal sommer by Buurman gaan kry as ek weer Heidelberg toe gaan.
In die Wes Transvaal het die boere ook net met mieliestronke gebraai. My pa het altyd 'n paar sakke by my oom op Ottosdal gaan haal.
Sy eerste keuise was natuurlik Vaalbos stompe wat ny anderkant Barkley Wes gaan haal het. Dit is 'n hout wat baie lekker kole maak, maar die boere is suinig daarmee.
Klink vir my na Bio Charcoal en net nog n Bio Fuel. Maar ek dink nie dit sal die job doen. In die Vrystaat miskien as daar n skuur vol mielies langs jou braai is.
Chris, staanplek A90 nê. Alle grappies op ñ stokkie. Die groot geheim van mieliestronk braai is dat as hy goed brand, gooi hom amper dood met water en laat hom dan kole maak.
Willie - ja, 2 jaar gelede juis met Johan Broodryk gespot met sy bakkievrag vol mieliestronke daar voor die ablusieblok by Eiland.
Ek sal maar sorg dat ek genoegsaam toiletpapier op hande het as ek op 15 Jun daar by Eiland arriveer. Dan hoef ek nie by Johan aan te klop vir mieliestronke nie.
Dit is al wat my swaer in Bothaville gebruik. Dit mask rekker warm vuur en kool maar jy moet vinnig braai want die kool hou nie lank nie. Geen nasmaak op jou kos nie.
Ken ook iemand by Bothaville wat met die stronke braai en ons het dit toe op die plaas gedoen. Werk goed, moet wel BAIE pak om goeie vuur te maak en langer hitte te behou..
Wonder wat kos dit?
As kind het ons dit gebruik om die kaggel mee te stook.
Nooit daarop gebraai nie. Brand gou uit en hou nie hitte nie as 'kole' nie.
Bak Oor , that bio is it the same as the new Ford bio, just wondering
Die proses wat Oom Willie verduidelik is glo die manier wat jy moet gebruik om daarop te braai.
Almal kan braai maar as jy op mielie stronke braai moet ons Oom Willie se raad volg.