English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 482
topics: 11 573
replies: 139 205
views: 39 342 052
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Braai fanatics

replies: 53
views: 9258
page 1 of 2
17 Oct 2015 @ 21:24:34 pm
Anonymous

Ek sien al meer en meer die hele braai ding wat so opgeblaas word asof dit n nuwe mode styl en uitvindsel is. Ja, dis lekker om te braai, maar die manne wat nou so woes braai en die hele braai storie wat so adverteer word, het ons nogal laat dink en wonder of ons matigheid voor oe hou en die braai storie verantwoordelik doen?

 

Kyk, ek like my vleis kwaai, en ek geniet ook om te braai, maar defnitief nie elke dag by die kamp nie, ook nie elke naweek by die huis nie, en dit klink deesdae of niemand iets anders kan doen as om te braai nie? 

 

Punt van die draad is nou nie om iemand aan te vat nie, maar die wat so "NOU GAAN ONS BRAAI", ek hoop maar net julke bevorder die trademark verantwoordelik en met respek vir waar dit vandaan kom. Dis n luuksheid wat ons geniet ten koste van 100de duisende diere,  wat n groot impak het op ons bronne.. nee, eks nie n omgewings freak nie. Ekdink net ons moet dit nie oordoen nie? Was nou by n paar braais waar mense bakke en bakke vleis braai, en dan bly 60%+ van die vleis oor, wat dalk 10% as oorskiet volgende dag gebruik word, en res is mors... En dis nou manne wat baievan hulself en die braaiery storie dink. Wonder net...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2015 @ 21:34:26 pm
Anonymous

Braai is SA tradisie, en sal sekerlik nooit uitsterf nie, maar, ek hoor wat jy sê tov diere ens en natuurlik die koste van braai. Dit is deesdae 'n luukse om te kan braai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2015 @ 21:35:59 pm
Anonymous

Ek sal glad nie wil he braai moet ooit uitsterf nie, maar dalk nie so kommersieel oordadig hanteer word nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2015 @ 22:44:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek braai gewoonlik net naweke....dan is dit Vrydag, Saterdag en Sondag. Sien deur die week uit daarna. Dis vir my deel van my ontspanning. Dis nie altyd net groot steaks ensovoorts nie.....baie keer net bietjie wors vir 'n hotdog of patties vir 'n hamburger. Mens eet maar gewoonlik vleis met 'n hoofmaaltyd en ek vat dit so: Hoekom nie op die vuur gaar maak nie....dis gesellig en lekker ontspannend. Stem saam met oorvloed van vleis....ek probeer maar soveel braai as wat ek weet ons gesin kan eet.....dis vir my buitendien te duur om met vleis te mors...kan dit nie bekostig nie.
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 00:39:13 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Ek geniet my braai  is  gereeld in die buite lewe dan is dit vir my ń lekker tyd verdryf om kos temaak maar ek mors nie met vleis of kole nie.  Het roosters vir net die regte geleentheid vir twee mense of meer.  As ek klaar gebraai het gooi ek die vuur dood  en her gebruik weer die kole so kan ek tot vyf keer braai uit een sakkie houtskool

Om te dink ons is van die eenigstes in die wêreld wat braai maak ons ń groot fout daar word orals in die wêreld gebraai hulle neem dit net anders.

Geniet julle braai maar moet net nie mors nie.

 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 05:20:07 am
Survivor
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 03 Feb 2015
Experience: 43 years
Kamp sonder braai maak glad nie sin nie,visvang naweek is braai in oggend -braai in die aand.
Survivor-WHO DARES WINS
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 06:50:22 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Braai is deel van ons kultuur maar ja ek geniet om te braai elke dag braai verseker nie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 08:04:05 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Pieter ek verstaan maar as ons kamp maak my vrou nie kos nie behalwe miskien slaai. Van ontbyt tot braai die aand doen ek dan geniet sy ook die verandering in daaglikse roetine. Is nie 'n groot vleiseter nie maar geniet meer die saamsyn on die houtvuur. So ons braai elke dag as ons kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 09:38:03 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 382
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 42 years
In ons huishouding is ek die vleis eter,vroutjie nie eintlik nie. Geniet meer slaaie. Om die waarheid te s, wanneer ek die voorstel maak van 'n braai hou (so twee weekliks), wil sy altyd net wors braai. 'n Man moet darem regte vleis ook in kry, en so koop ek altyd 'n varktjoppietjie of lekker lamtjoppies saam met die wors, en alles is wel. Ons koop nooit in oormaat nie, en dit wat oorbly eet ons weer die volgende dag. So 'n oorskiet vleisietjie is darem maar lekker die dag daarna! Wanneer ons kamp, braai ons elke tweede dag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 09:42:46 am
bossies
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 04 Sep 2015
Experience: 40 years

Om te braai is vir my ook n absolute voorreg en ontspannende tydverdryf.

Maak my ook siek hoeveel vleis mense braai,wat nie geeet word nie,Ek stem ook saam

dat braai nie net oor wors en steaks moet gaan nie,maar gebruik ook die vuur as bron vir 

potjie , sous,poeding,broodbak, ontbyt geregte ,ens.

 

Onthou dit gan nie net oor vleis braai nie ,die reuk van die vuur,die lek van die vlamme,die gekletter van die hout,ens speel  sekerlik ook n groot rol, met die term BRAAI.

Ai braai bly darem lekker, gat sommer nou n vuurtjie aansteek .

time will tell ! HEAVEN or hell ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 10:00:47 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Ten opsigte van die diere, ek het n tyd terug op TV gekyk na n program wat die getalle van verskillende diere, soos beeste, skape/bokke en varke gee in die wereld. Onder andere het hulle gese van hoeveel weiding geeet word en hoeveel gasse die beetse uitskei. Dit is n astronomiese totaal en dit het n effek op die osoon laag,

Om die osoon laag te beskerm sal ons moet meer gereeld braai.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 10:58:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
As ek kamp steek elke aand vuurtjie aan...braai nie miskien dan elke aand nie, maar maak dan ander etes daarop gaar. Eet gewoonlik net uit op die laaste aand as ek ver terug moet ry...pak wa aand vooraf...
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 13:21:03 pm
Anonymous

Ten opsigte van die diere, ek het n tyd terug op TV gekyk na n program wat die getalle van verskillende diere, soos beeste, skape/bokke en varke gee in die wereld. Onder andere het hulle gese van hoeveel weiding geeet word en hoeveel gasse die beetse uitskei. Dit is n astronomiese totaal en dit het n effek op die osoon laag,

Om die osoon laag te beskerm sal ons moet meer gereeld braai.wink

eks seker die mens het by verre die grootste impak op als in vergelyking met die metaangasse ens wat die diere veroorsaak.. en onthou, dis nie diere in die natuur wat veroorsaak dat daar so baie is nie, dis die boerdery om by ons vleisvreters te hou... so hoe meer jy elkgeval braai, hoe meer diere word geteel, hoe meer poep hulle en ook jy aan die anderkant... ... ... uhm, so ja, as ons daai gesprek moet he moet alles op tafel kom. Ons eet nie vleisomdat daar te veel diere is nie, daar is baie diere wat geteel word net vir ons doel om te braai...

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 14:04:45 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Brommer sê: "Ek sien al meer en meer die hele braai ding wat so opgeblaas word asof dit n nuwe mode styl en uitvindsel is. Ja, dis lekker om te braai, maar die manne wat nou so woes braai en die hele braai storie wat so adverteer word, het ons nogal laat dink en wonder of ons matigheid voor oe hou en die braai storie verantwoordelik doen?"

Daar was al braai kompetisies op TV. Ek is nie seker waarna jy verwys nie. Is dit dalk  "Jan Braai vir Erfenis" en Erfenis Dag wat ook by sommige as Nasionale Braaidag bekend staan?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 14:46:58 pm
Anonymous

Ek verwys nie spesifiek na Jan Braai nie.. Ekt nog nooit mense oral so tekere gaan oor braai soos die laaste 2, miskien 3 jaar of so nie.. skielik op die radio adverteer die vleisprodusente die braai storie, en dis braai feeste, en op TV is dit net braai, en as jy gaan fliek is dit braai,en as jy kuier MOET jy braai, en elke ou wil net braai asof dit nou die enigste ding is om te doen...so asof dit nuwe uitvinsel is wat skielik ontdek word deur almal.. dis soms so erg dat ek mense staan en dophou oor hoe erg hulle die braai ding opneem

Deesdae sal jy in elke gesprek amper hoor "nou gaan ons braai!" 

Kyk, en hoeal mense nou deesdae oor hierdie groot gasbraaiers is en hoe groter hoe beter, al is hulle net 2 en het nooit baie kuiermense nie.. ekt ook n lekker braaiertjie, en seker 3 klein kamp portable braaiertjies, en ja, weereens, ek braai ook nou en dan, en geniet ook vuurtjie. My pyn raak net die heeldag se gebraaiery, en gepraat van braaiery, en die hele advertering van braai en hoeveel vleis baie keer gemors word vir die eenvoudige rede dat mense dit nou begin oordoen..

 

Kyk weer nou die dag by n bachelor party, almal braai en dis moerse vure, maar almal was so dronk niemand eet regtig die vleis nie, word baie weggegooi.. maar ons het heerlik gebraai? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:21:39 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

El het nie 'n mening oor braai nie. Ek braai bloot omdat ek vleis nie op 'n beter manier kan gaarmaak nie. Op die oomblik het ek juis 'n skaaprib hoog oor die kole. So een en 'n half uur en dan kom die bedruipsous oor.

Wat ek wel weet is dat 'n bekwame chef enige snit beter in sy kombuis kan gaarmaak as wat ek dit oor die kole kan doen, praat nie eens van hoe die chefs wat kan 'n biefstuk in 'n ysterpan kan doen nie. Maar nou ja, dit is nie my nering nie, so waarom wil ek met hulle kompeteer.

Toe ek 'n kind was het ons nooit gebraai nie. Alles was of in die oond, of in potte of kastrolle gaargemaak.  Ek sou raai die braai gedoente het in die sestigs posgevat, en van daar af het buitelug kook 'n al groter ding begin word.  Wyle Matie Brink het seker die potjiekos gier se vlammetjie die eerste op groot skaal aangeblaas.

Ek onthou hoe ons destyds eers die hoender stukkies gekook het alvorens dit oor die kole verkleur is. Vandag is ons baie meer bekwaam daarmee.

Die braai ding lyk my word al groter onder al die verskillende kultuur groepe in ons land. Ek is seker Nasionale Braaidag het iets daarmee te doen. As dit 'n samebindende faktor is dan sê ek dit is goed. Doen so voort. Ons weet sport is so 'n faktor. Ons kan doen met nog. 

Wat TV braaiprogramme aanbetref, ek verkies eintlik so 'n program vir die doeleindes van resepte leer ken eerder as resepteboeke of resepte in tydskrifte. Resepte in boeke laat my alteveel aan  modetydskrifte of tydskrifvoorblaaie dink. Die fotos word in Raw geneem en dan Photoshop jy dit totdat dit die oog streel. In 'n lewendige TV program is daar nie dieselfde mate van fotomanipulering nie.

Die braai ding lyk my word al groter onder al die kulturele groepe in ons land. Ek is seker Nasionale Braaidag het iets daarmee te doen. As dit 'n samebindende faktor is dan sê ek dit is goed. Doen so voort. Ons weet sport is so 'n faktor. Ons kan doen met nog. 

 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:25:31 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Bossies jy stel dit mooi ja dit gaan ook oor die saam wees met mekaar en daai reuk vannie houd
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:32:45 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Brommer skryf:
"Kyk weer nou die dag by n bachelor party, almal braai en dis moerse vure, maar almal was so dronk niemand eet regtig die vleis nie, word baie weggegooi.. maar ons het heerlik gebraai?" Wie het nou al 'n batchelor's gesien sonder 'n Braai? Op al die batchelors waar ek was, was net die bruidegom dronk gemaak en die res was almal nugter, maar dit maar daar gelaat....

Nee wat, ons braai elke Woensdagaand, Vrydagaand, Saterdagaand en Sondagmidag as ons by die huis is. Ons wissel af met selfgemaakte hoendersosaties, lamsribbetjie of tjops, varktjops of vark gerookte spareribs of beeshaas (steak). Ons maak mieliepap van een koppie geelmeel gemeng met twee koppies growwe witmeel as ons ribbetjie of wors braai. Hoe anders maak mens dan vleis behoorlik gaar op 'n stoof? Ons braai feitlik elke dag as ons kamp, maar wissel die vleis af en ons braai net genoeg vir ons twee. Niks mors nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:39:26 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:46:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Kanneman...nou maak jy my honger😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 15:50:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 16:00:40 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Geert, die Hollanders staan nie verniet bekend as die beste bakkers in die wereld nie. Daai brood lyk lekker. Ek eet so 'n brood op botter!
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 16:03:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Geert, die Hollanders staan nie verniet bekend as die beste bakkers in die wereld nie. Daai brood lyk lekker. Ek eet so 'n brood op botter!

In hierdie geval skuif ek vleis eenkant en eet net warm brood met botter en appelkoos konfyt...kan my nagereg ook maar wegvat😁
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 20:51:03 pm
Anonymous

Kyk, dit lyk lekker.. darem braai jy daar ook bietjie iets anders... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 21:03:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk Woensdag is braai dag. Of ek nou net hamburger patties of 'n worssie braai, maak nie saak nie. Ek braai as ek by die huis is.

Dan daai dae van die bakke vol vleis is by ons lankal verby. Net so ou klein ietsie ekstra vir die volgende dag is al wat oortallig is maat hulle sien nie eers middag ete die volgende dag nie.

Daar is regtig min restaurante wat vir my 'n steakie gaarmaak soos wat ek van hom hou. Meeste van hulle kamo dit met 'n sousie. Ek eet my steak sommer so van die vuur af.  Dus 90% van die tyd as ons vleis eet word dit by die huis gebraai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2015 @ 21:15:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Terloops ek het op 'n stadium 6 braaiers gehad, 8 as jy 'n toeknyp rooster ook as een sien.

Elkeen het sy gepasde plek vir braai gehad. Nou net 5 en hulle is:

Q3000 Gasbraai lekker vinnig op 'n woensdag na werk. En ontbyt Sa oggend by die huis

Webber 57cm kettel braai Varkboude, Skaapboude, Hoender op spit, Pizza en chelsea buns

Gewone Charcoal braai by die huis vir normale

Gewone klein kamp braai S/steel

Alva Gas braai vir kamp ontbyte.

Braai moet ek braai

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 09:59:07 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Die braai kultuur wat gekweek is tussen ons is n gulde geleentheid wat deur vleisprodusente, slaghuise en supermarkte uitgebuit word. Hulle het die bemarking en advertensie bedryf vervolmaak om ons op n "soft point" te raak en sodoende hulle produkte van die hand te sit. Vleis het so duur geword dat hulle die braai kultuur gebruik om in besigheid te bly. Daar is nie baie huishoudings wat vleis op grootmaat kan koop nie en die klein verpakkings in die supermarkte is gemik op maksimale wins en die braai kultuur word in die "wip" gevang. Kry gou n braaipak om vannaand te braai. Nou, Ek moet nog n braaipak kry met n goeie kwaliteit biefstuk in. Ek moet nog n braaipak kry met kwaliteit wors. Van die worse word gemaak van die afval vleise en vleise wat nie betyds verkoop het nie ens. Niks van die karkas word vermors nie, As jy nie weet wat om met die afval stukke te maak nie, maak chillie bites of gerookte worsies. Die verpakking word so ten toon gestel dat dit n lus vir die oog is en so word dit verkoop. Die tweede laag vleis is gewoonlik die dieselfde kwaliteit as die sigbare vleis nie.

Braai is lankal nie meer net n gaarmaak metode nie. Dit het ontwikkel in n proses van samesyn en onthaal metode.

Soos Leon tereg hierbo verwys is bakke en bakke vleis lankal nie meer van toepassing nie. Die begroting en vleispryse laat dit nie meer toe nie en bring en braai is aan die orde van die dag. Ons braai volgens behoefte met die minimum wat oorbly. Ons braai met verantwoordelikheid en ja, as ons lus voel vir groente dan braai ons die hoender (flying vegetable). Die rustigheid wat die vuur in ons ontketen is deel van die kultuur. Vuur en kole = Boesman TV.

Ons gaan NOU braai!

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 10:18:49 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Solank as wat ek lewe sal ek braai, al is dit net n Rooi Worsie.
Die lewe is te kort om nou my braai te stop.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 13:29:28 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek stem saam dat geen bemarkingstegnieke my gaan benvloed om te braai nie. Braai sal ek braai. 'n Mens kuier mos lekker so om 'n vuurtjie met 'n koue enetjie in die hand. Met eish ja, mits dit matig gebruik word. Na die tweede een stop ek. Hy is nie my baas nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 15:24:03 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het so pas Desember se lam van Merweville af bestel. R69 per kilo. Teen die tyd dat hy kole toe gaan sal top gehalte lamsvleis ver oor R 130 per kilo wees.

Waar is die dae dat ons minder as R 10 per lam betaal het! Ons kleinkinders gaan nog spog met hulle oupa se kersfeestyd lam waarvoor hy  R1200 betaal het!

Ek voel jammer vir mense wat vleis op kleinskaal moet koop. Maar nou ja, die lewe was nooit bedoel om regverdig te wees nie!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 15:24:09 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het so pas Desember se lam van Merweville af bestel. R69 per kilo. Teen die tyd dat hy kole toe gaan sal top gehalte lamsvleis ver oor R 130 per kilo wees.

Waar is die dae dat ons minder as R 10 per lam betaal het! Ons kleinkinders gaan nog spog met hulle oupa se kersfeestyd lam waarvoor hy  R1200 betaal het!

Ek voel jammer vir mense wat vleis op kleinskaal moet koop. Maar nou ja, die lewe was nooit bedoel om regverdig te wees nie!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 15:30:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Kanneman...dis goeie prys. Laasjaar het ek n skaapboer van vrystaat ontmoet op n kampeer terein. Hy het onder andere vleis verkoop aan ketting winkels....jy skrik eintlik as jy hoor hoeveel daai winkels maar betaal en wat hulle vra!
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 15:53:51 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Stem Kanneman...as ons kamp koop ons n heel lam wat mooi in n 50 l vrieskas pas...ons braai elke aand wat die weer dit toelaat ...wissel braai af met potjie en en hoender so elke 5e dag.....dit gaan eintlik oor die vuur en die verversingkie...maar n lekker kossie was nog nooit sleg nie!!
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 16:15:57 pm
Anonymous

Ek ondersteun Brommer. As sulks is ek nie baie lief vir braaivleis nie. Ek hou van braai, maar tot 'n sekere punt, maar ook as ons kamp, glo ek dat ma ten minste darem vir ons 'n lekker boerekos ook kook met lekker groente.

By die huis braai ek nie sommer nie, seker te lui om die braaier skoon te maaklaughing. Ons braai slegs op 'n geleentheid, maar dan moet ma ook soebat en smeek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 20:02:32 pm
bossies
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 04 Sep 2015
Experience: 40 years

Wie skimp om n vegatarier te word ??? lol !!

time will tell ! HEAVEN or hell ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 20:14:27 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Ons karoomense is te gewoond aan ons vleisie,smaak altyd voorste bos toe,maak nie saak hoe dit voorberei is nie.Daarby geniet ons die Boland se produkte.......lekker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2015 @ 23:39:09 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Ek braai gewoonlik so 2 aande dan die derde maak ek vuur dan maak ons die vleis wat oorgebly het van vorige twee aande warm. Dan het mens n lekker verskeidenheid. Ons braai gewoonlik bietjie groente ook. Hoender boutjies of vlerkies. Lekker spicy groente, buffalo wings.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 07:07:12 am
Anonymous

Ons karoomense is te gewoond aan ons vleisie,smaak altyd voorste bos toe,maak nie saak hoe dit voorberei is nie.Daarby geniet ons die Boland se produkte.......lekker.
Geen vleis is beter as 'n lekker Karoo skapie se vleis nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 07:43:59 am
Anonymous

Kyk my anderhelfte is nie baie groot op vleis nie, maar ek waardeer dit vreeslik, nou kan ek haar porsie ook eet.laughing

Vir my gaan dit of jy vleis op die stoof gaar maak, of op die kole, jy moet dit gaar maak. 

Moet asb nie vir my hierdie anoreksie lam gee nie, ek is vreeslik lief vir daai wit stuk vleis wat die lam tjop afrond.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 18:53:05 pm
Nemo
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 17 May 2013
Experience: 45 years

Pieter ek verstaan maar as ons kamp maak my vrou nie kos nie behalwe miskien slaai. Van ontbyt tot braai die aand doen ek dan geniet sy ook die verandering in daaglikse roetine. Is nie 'n groot vleiseter nie maar geniet meer die saamsyn on die houtvuur. So ons braai elke dag as ons kamp.



Jan ek stem 100% saam jou! Ons braai ook elke aand as ons kamp!

Mors met vleis is elke persoon se eie keuse. Ons braai net genoeg en as daar oorbly gebruik ons dit die volgende dag. Ook is dit vir my belangrik hoe ons die vleis braai. Baie mense droog die vleis uit maar as mens dit reg braai is daai vleis lekker sag en sappig maar tog gaar.

Vleis braai is meer as net braai. Dis 'n familie samesyn en kwaliteit tyd saam.
Vleis moet ook net op hout gebraai word om daai ekstra geur te verkry en nie die parafien geur van charcoal nie.

Maar soos ons persoonlikhede, ons gebruike. waardes en doen en late verskil so sal daar verskille wees tussen braai en braai ook! En ja, ek het al mense sien mors met vleis. Maar dis meestal die mense wat "mors" met drank en met ander dinge ook! Dis meestal nie die braai gewoonde wat dit veroorsaak nie maar die mense.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 20:43:18 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Nemo, ons ry altyd charcoal saam, want baie kere, veral hier in die kolonie, kry jy nie droë hout te koop nie, en ek en nat hout is nie maats nie. 

Hoe kry jy 'n parafien reuk in jou charcoal? Charcoal is mos maar net hout wat  nie toegelaat is om uit te brand nie. Jy maak mos 'n vuurtjie met papier, fyn houtjies en takkies bo-op die charcoal, en die kooltjies wat afval tussen die charcoal in steek die spul aan die gloei. Baie vinnig as daar 'n bietjie lug vloei soos aanjaag met 'n waaiertjie. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 21:09:53 pm
Anonymous

Ek vergryp my liewer aan braaivleis as aan dranklaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 21:19:53 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek glo weer die twee komplimenteer mekaar. 'n Goeie rooietjie saam met 'n rooivleisie is so na my smaak. En 'n wittetjie saam met hoender of vis. Man. ek begin sommer weer my seëninge te tel!

Bygesê, oupa het gesê as die vleis op is net-net voordat jy versadig is het jy lekkerder ge-eet as wanneer daar oorbly nadat jy verby versadig is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 21:20:28 pm
Nemo
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 17 May 2013
Experience: 45 years
Lol. Kanneman, jy's reg. Dis waarskynlik net 'n persepsie wat ek het betreffende die parafien reuk/geur. Maar iewers proe ek wel 'n verskil tussen braai op hout en braai op charcoal of brikette. Maar dis maar net my persoonlike gevoel/waarneming daaroor en ek wil nie die draad skaak daarmee nie. Wat ek eintlik meer wou aanroer is dat braai vir my iets is wat mens met sorg doen en ordentlik doen. Daar is mense wat jou uitnooi vir 'n braai en as jy daar kom dan "braai" hulle met een van daai gas stoof tipe dinge. Dis nie vir my 'n braai nie. 'n Braai is vir my amper die primatiefste manier van vleis gaar maak naamlik op hout kole en buite. En as mens dit reg doen is daai vleis amper lekkerder as 'n stuk "steak" by 'n restaurant. Maar jy's reg. Hout is nie altyd beskikbaar nie. Die voordeel van charcoal of brikette is ook dat dit vinniger brand en jy vinniger kole het. Maar ek verkies hout!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 21:31:45 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek is in die bevoorregte posisie om een maal per jaar genooi te word na 'n "braai" op 'n jag op die oop see. 'n Professionele kok staan agter die toemaak gasbraaier, en daar word met kreefsterte weggespring. Tweede gereg is hoendersosatietjies en tjoppies, en laastens kleinerige stukkies steak. Noem dit 'n barbeque, 'n engelse uitvindsel, 'n verskoning vir 'n braai of wat jy wil. Die verskil is dat 'n professionele kok weet wat hy doen op 'n oop dek met ongunstige windomstandighede en dat ek nie regtig weet hoe om goed regtig lekker gaar te maak nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2015 @ 22:11:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek het al gesien hoe eet Bean kreef in sy movies....lol😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 06:52:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk my anderhelfte is nie baie groot op vleis nie, maar ek waardeer dit vreeslik, nou kan ek haar porsie ook eet.laughing

Vir my gaan dit of jy vleis op die stoof gaar maak, of op die kole, jy moet dit gaar maak. 

Moet asb nie vir my hierdie anoreksie lam gee nie, ek is vreeslik lief vir daai wit stuk vleis wat die lam tjop afrond.laughing

Ek stem Johann.

My motto ten opsigte 'n vetjie op 'n steak, tjoppie of selfs biltong is as volg as jy ly aan cholesterol dan drink jy pille om dit te kan eet. 

JY SNY DIT NIE AF NIE!!!!!!!!!

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 07:08:23 am
Anonymous

Leon., jy en ek sal goed oor die weg kom. My vrou is 'n anti vet eter. As ons braai, selfs kos op die stoof maak hou ek daai stuk vleis soos 'n valk dop in haar bord vir wanneer sy die vet afsny en eenkant toe skuif. Sy dink nog sy skuif dit een kant toe, dan is hy al lankal in my bord of alreeds klaar ge-eetlag

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 07:42:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dog jy hou nie van braaivleis nie? Hehehe😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 07:51:51 am
Anonymous

Ek is eerlik, ek hou nie daarvan nie. Daar kom tye waar jy by 'n funksie kom en braaivleis word aangebied, dan het jy seker geen keuse nie. So af en toe as my vrou knaag dat ons moet braai, braai ek, maar verkies eerder om dan ''Vegetaries'' te wees en val eerder weg in die slaailag en soos begenoemd, natuurlik 'n lekker stuk vetjie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 08:10:28 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek dink die feit dat mense al hoe meer eerder by hul huise bly as uitgaan, het ook baie daarmee te doen dat braai dan deel van jou vermaak by die huis is, veral oor naweke.  Mens is nie meer saans veilig op straat nie.  Ons braai soms so min vleis, die hout wat ons gebruik vir Colin se groot vuur wat hy altyd maak, kos dikwels meer as die vleislaughing  Soos mens ouer word eet jy definitief minder vleis.  Braai bly lekker, dit is gesellig en ontspannend en gee die vrou 'n breuk uit die kombuis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za