English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 254
Total Replies: 229 884
Total Views: 82 371 405
topics: 10 821
replies: 124 853
views: 38 854 370
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Botswana Terugvoer

replies: 12
views: 400
22 Sep 2018 @ 06:28:55 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Julle mag dalk belang  stel in die kampe  waar ons die afgelope drie weke gebly het.

Ten einde ons in staat te stel om vroegoggend Botswana binne te gaan het ons ons laaste and in SA by Kareespruit, Zeerust deurgebring. Dit is eintlik ‘n wildsplaas net buite die dorp. Mooi kammplek met die nuutste ablusies wat ek nog gesien het. Ons het alleen  daar gekamp. Baie lekker oornagplek.

Ons eerste aand in Botswana het ons by Kalahari Rest, so twintig kilos anderkant Kang, deurgebring. Ook ‘n wildsplaas met mooi afgebakende staanplekke. Sal dit enige dag aanbeveel.

Van Kang was dit die lang pad tot Shakawe River Lodge, net buite Shakawe. Daar was ons staanplek reg teenaan die Okavango rivier - die mooiste waar ek nog gestaan het! Die “barbel run” het net begin. Baie interessant om te hoor hoe die vis tussen die riete teen die water klap. Ongelukkig geen tiervis gevang nie. Net een “long line release” !Om daar ‘n boot te huur om te hengel is vrek duur- so R550 per uit plus brandstof. Sal graag weer daar wil staan.

Daarna was dit Chobe Safari Lodge. Baie kommersieel in vergelyking met Shakawe, maar ‘n baie aangename oord. Vir kamp is die staanplekke klein - eintlik te klein vir ‘n karavaan. Die eerste staanplek wat hulle ons toegeken was te klein selfs vir die klein Tourer, maar hulle het ons gou ‘n groter een toegeken. Vir diegene wat by Chobe met ‘n karavaan wil kamp is Big 5 Chobe Lodge seker ‘n beter opsie. Het nie self gaan kyk nie, maar hoor dis baie nice met privaat ablusies.

Na Chobe het ons op pad huis toe twee aande by Elephant Sands, Nata deurgebring. Die staanplekke het geen krag nie maar my Flexopower het die job gedoen. Weereens ‘n baie lekker plek- myns insiens “a must”. Die ellies loop sommer tussen die staanplekke, net so ‘n klompie meter van jou af!

Die laaste aand het ons by Kwa Nokeng Lodge, Martin Drift deurgebring. Lekker en gerieflike plek om te oornag op pad huis toe, al het die trokke by die greens so bietjie gesteur.

’n Paar algemene indrukke. Die grensposte was oor die algemeen geen probleem nie  - behalwe vir Martins Drift wat ‘n nagmerrie was. Vyf minute aan die Botswana kant en twee uur aan die SA kant! Chaos. Die feit dat dit die Vrydag voor ‘n langnaweek was het seker  nie gehelp nie. 

Die plaaslike bevolking is baie vriendelik, behulpsaam en bekwaam. Baie meer so as hul meer suidelike broers! Noot bedreig gevoel nie. Botswana se bevolking is maar twee miljoen mense.

Die paaie is oor die algemeen redelik goed maar op plekke is dit net slaggate. Ongelukkig het die Tourer bietjie seer gekry maar niks ernstig nie. Ons het die hele tyd geen ander gewone karavane gesien nie. Slegs boswaens en hoofsaaklik bakkies met tente bo-op.

Sal ek dit wer doen? Twyfel. Dit is vrek ver en van die paaie is ‘n probleem. Sien ook nie kans vir ‘n grenspos soos Martins Drift nie. Na my mening bly KNP die beter opsie as jy rusting wil kamp en wild kyk. Baie nader en goedkoper met net so lekker kampe en meer wild. Is ek spyt dat ek die trip aangepak het? Gladnie. Het dit terdee geniet, maar dit is nou “afgetiek”!

Lekker kamp!

Frans

Never too old to have a happy childhood
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2018 @ 10:56:24 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Very nice report French!

Your comments about Oom Paul se Plaas being as good if not better are well noted and we shall continue our visits there.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2018 @ 19:43:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7820
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie. Kan nie wag om eendag daar te gaan toer nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2018 @ 07:56:14 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek het vergeet om Camp Kwando te noem. ‘n Lieflike kamp by Kangola in die Caprivi. Ons het ‘n privaat staanplek gehad  met eie buite-ablusies en warm water wat deur ‘n donkie verskaf word. Lekker braaipakkies daar gekoop.

Hoogs aanbeveel.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2018 @ 07:59:08 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2001
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dankie Frans. Altyd lekker om eerstehandse inligting te kry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2018 @ 21:28:18 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Frans - was julle al die pad op 'n teerpad-roete (of wat veronderstel is om 'n teerpad-roete te wees)?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2018 @ 06:17:58 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Frans - was julle al die pad op 'n teerpad-roete (of wat veronderstel is om 'n teerpad-roete te wees)?

Ja Chris. Dit is net die eerste 18 kilos in Namibia na die Shakawe grenspos wat grondpad is. Die Tourer het daar seer gekry -  die skaniere op ‘n kassie het gebreek

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2018 @ 13:06:58 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Al baie gewonder of ek Botswana en die Caprivi in my gewone padwa (nog met 13" wiele) kan aanpak, maar ek maak die afleiding ek moet maar dié idee op my maag skryf. En op my ouderdom is ek nie meer gemaak vir tent opslaan en op kampbeddens slaap nie. Dus lees ek lekker aan die verslae en kuier saam hier op my rusbank.

Jy kan dus maar laat waai met die foto's Louvan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2018 @ 16:10:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1520
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al baie gewonder of ek Botswana en die Caprivi in my gewone padwa (nog met 13" wiele) kan aanpak, maar ek maak die afleiding ek moet maar dié idee op my maag skryf. En op my ouderdom is ek nie meer gemaak vir tent opslaan en op kampbeddens slaap nie. Dus lees ek lekker aan die verslae en kuier saam hier op my rusbank.

Jy kan dus maar laat waai met die foto's Louvan.

Chris

Mens kan met bietjie beplanning dele van Botswana sien asook deur die noordelike punt van die Chobe ry na die Caprivi met teerpad. Dan selfs met teerpad deur Namibië terug huistoe.

Dit sal seer sekerlik nodig wees om net die padtoestande uit te vind. Veral die deel in Botswana van Nata tot by Kasane wat sekerlik nog deur groot trokke gebruik word as gevolg van die gesukkel met Zim se grensposte.

Uiteraard sal jy nie met jou padwa sommige van die eksotiese plekke soos Sentraal Kalahari wildtuin, Moremi en Savuti sien nie, maar mens kan maklik by of naby Nata kamp en bv die noordelike deel van Makgadikgadi panne besoek. Ons het bv daar die meeste flaminke nog bymekaar gesien op die pan. Alhoewel dit 'n ervaring is, hoef mens nie bv by Kubu Island op die panne te gaan kamp nie. Jy hoef nie oor die panne te ry nie. Daar is baie mooi natuur te sien op die teerpaaie.

Die hoofroete deur die Caprivi is geteer. Vriende het verlede jaar daar selfs met motorfietse deur gery via Botswana in Namibië in.

Ons het dit gedoen so paar jaar gelede sonder 'n wa. Het wel die roete geneem wat Frans hulle deur Shakawe grenspos geneem het. Dit is 'n  grondpad wat ons in die somer gery het dat die Landy dwars deur die modder ploeg na 'n wrede reënbui die vorige aand.

Dit kan gedoen word. Jy gaan ook nie by die 'uitsonderlike plekke' kamp nie wat jou kampkoste baie sal sny. Brandstof is goedkoper.

Ons het al geleer, mense het verskillende sienings oor dieselfde pad. Die een ou sien net die gate en die ander ou net die rybare gedeeltes. So om 'n objektiewe siening te kry moet mens maar seker met ouens soos die AA kontak en uitvind. Kan selfs die paaie departement in Botswana kontak en uitvind.

Ek persoonlik wil nog weer deur Botswana en Namibieë via die Caprivi met die motorfiets ry. Met die Harley ry ek net teerpad want hy hanteer moeilik in sand en ek is die hoender wat hom moet was as hy vol stof is.

So, moenie dat ander jou afsit nie. Plan hom mooi en gaan sien die plekke.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 10:08:07 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Chris, Koos Mol en sy broer gaan seker in Mei/Junie deur Namibia en dan terrug deur Botswana toer.

Stuur my 'n email na 

edgew60atgmaildotcom

Dan stuur ek jou 'n plan om die roete met jou padkaravaan te kan doen.

Daar is dan net 'n sleg gedeelte tussen Nata en Francistown met slaggate vir so 20 km wat jy stadig kan ry, anders goeie teer die hele pad.

Dit slyt nie Shakewe Grenspos in nie, maar Ngoma Hek naby Kasane.

Dis so te se, die hele Namibia and dan terrug deur Botswana....

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 13:13:55 pm
RichardJ
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 200
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 51 years

Hi Edge

you have mail.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 16:28:33 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

So have you...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2018 @ 16:34:19 pm
RichardJ
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 200
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 51 years

Thanks Edge received

Very interesting skim so far.

Thanks for the tremendous amount of detail put into the 'papers'

I am quite excited to add these routes to future trips...

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required