
25 Jan 2014 @ 20:06:24 pm
Bosfontein een van die duurste parke in die omgewing indien nie die duurste nie en beslis nie die beste nie. Ek begryp nie waarom almal in vervoering gaan nie. Kom reën kom modder. Ek kon onder my dak sit en met my buurman, waar hy onder sy dak gesit het, kuier sonder om nader te gaan so beknop was dit. Kleedkamers onnodig oorversier. Mens kamp mos nie in die kleedkamers nie. Meer prioriteit kan eerder gegee word aan groter staanplekke met plaveisel. Dit is mos op die staanplek waar jy as kampeerder die meeste tyd spandeer. En dan die pryse! Bosfontein kan op geen manier waarde van nagenoeg R500 per dag binne seisoen regverdig met die beskikbare geriewe nie. My voorstel is: Die Bosfontein bestuur moet gaan kersopsteek by San Cha Len. Alles is daar, skoon, netjies, geriewe vir kinders,doodstil en uiters bekostigbaar. Terloops, die warm swembad is altyd in aksie.