English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 931
topics: 600
replies: 3 874
views: 3 352 264
Share all those nice recipes with everybody...

Boerewors

replies: 43
views: 627
19 Jun 2020 @ 20:19:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wie van julle proe ook eers so n stukkie rou boerewors voor hy kole toe gaan?

Is daar van julle wat jul eie wors maak? Wat is die geheim vir lekker wors?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 20:24:14 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Wors (en biltong) is lekker behalwe wanneer dit met koljander versmoor word.   Wat is dit dat mense so oordadig met koljander kwaliteit vleis bederf.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 21:55:28 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Wors (en biltong) is lekker behalwe wanneer dit met koljander versmoor word.   Wat is dit dat mense so oordadig met koljander kwaliteit vleis bederf.

 

Different strokes for different folks. A nice boerie, well spiced with coriander, is one of my favorite meals..๐Ÿ‘๐Ÿท

 

Never too old to have a happy childhood
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 22:58:02 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Koljander, sout en peper met so n ou varkspekkie in op die kole dis nou boerewors op sy beste. Ek stem definetief vir daai boerie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 06:34:14 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Different strokes for different folks. A nice boerie, well spiced with coriander, is one of my favorite meals..๐Ÿ‘๐Ÿท

 

I cannot agree more.

Ek,s nou nie 'n ou om 'n stukkie rou wors te proe nie, maar jy kan my in 'n wip vang as daar 'n lekker stukkie boerewors in geplaas word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 08:58:55 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

ek eet of proe nie rou vleis nie, ongeag of dit wors of steak is. maar wors en steak moet medium done wees, dan geniet ek dit. wors is vir my die lekkerste as jy dit direk van die vuur af eet. dit moet nie le en rus nie.

Theo is reg, 'n lekker word moet speserye in he maar nie dood gegooi wees nie, met sout en peper 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 09:26:36 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Proe ook maar so 'n stukkie rou boerewors voordat dit op die vuur gaan (ook wanneer ek my eie droë wors maak)

Interessant om te let op die "tipes" boerewors en wors wat jy kan koop. Ons kyk altyd vir die persentasie water in die vleis (3% lyk die beste te wees) asook die persentasie vleis in die mengsel. Goedkoper wors (wat dan nie BOEREwors genoem mag word nie,) se water persentasie is soms tot by die 19% !!!! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 11:16:50 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Soveel mense, soveel verskillende smake en voorkeure.

Ons sukkel om boerewors te kry wat na ons smaak is....almal het te veel sout in. Ek persoonlik gooi nie eers sout oor eiers, tamatie of  "chips" niee.

Het al vir slagters gevra of hulle nie vir my sal boerewors maak nie. Van hulle is bereid om dit te doen, maar hulle maak almal gebruik van die vooraf mengsels wat speserye betref. So, niemnad maak meer hul boerewors volgens hul eie resep nie daarom kry jy by almal presies dieselfde boerewors te koop….kameelhout, kameeldoring, ouma se boerewors ens. Vleis moet ook nie te fyn en styf gestop wees nie.

 

Ek dreig al hoe lank om my eie te maak, maar kom nie sovêr nie. Moet eers die nodige toerusting aankoop.

 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 11:17:39 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met al die jare en nog steeds met die plaas, is ons geleer by my oupa hoe jy vleis sout.

Dis n geoefende hand.

Sout en peper 

Maak my eie wors vir braai of omte droog.

Is ook nie n voorstaander van koljander nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 14:37:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het nou die dag n artikel gelees oor koljander. Dis blykbaar n spice wat mense verskillend ervaar. Sommige is mal daaroor en ander se smake is so gekant daarteen dat dit vir hul soos seep kan proe. Ons gebruik dit redelik baie....macaroni en ook as ons ons eie hamburger patties maak. Ek het so 3 weke terug paar pitte koljander in nat watte gesit....hele paar het nou ontkiem

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 14:42:44 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek lief koljander. Ons bak gereeld 'n groentemengsel in die oond met o.a. fyn koljander en fyn naeltjies as geurmiddels. En ai, wat is 'n ou stukkie biltong dan sonder koljander? Maar nou ja, smaak verskil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 17:18:02 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Geert, sommer net tong in die kies….ek sien jy het 'n paar koljanderpitte in NAT water gesit. Kan jy vir my verduidelik hoe lyk droë water?

Chris ek moet met jou saamstem oor koljander. Wat is nou lekkerder as 'n skaap/lamsribbetjie met koljander op die kole.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 17:56:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, sommer net tong in die kies….ek sien jy het 'n paar koljanderpitte in NAT water gesit. Kan jy vir my verduidelik hoe lyk droë water?

Chris ek moet met jou saamstem oor koljander. Wat is nou lekkerder as 'n skaap/lamsribbetjie met koljander op die kole.

Nie water nie.....watte๐Ÿ˜‰

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 17:58:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Nie water nie.....watte๐Ÿ˜‰

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:00:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Nie water nie.....watte๐Ÿ˜‰

Fotos sukkel deesdae om te laai....probeer weer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:07:16 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Ek onthou baie jare terug was daar ‘n kompetisie vir die beste boerewors en as ek reg onthou het Eddie Slaghuis in Pretoria gewen en ek moet sê die wors het heerlik gesmaak   Wie kan die datum die kompetisie en datum onthou?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:07:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Nie water nie.....watte๐Ÿ˜‰

Gaan vir die laaste keer probeer foto laai..

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:09:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek onthou baie jare terug was daar ‘n kompetisie vir die beste boerewors en as ek reg onthou het Eddie Slaghuis in Pretoria gewen en ek moet sê die wors het heerlik gesmaak   Wie kan die datum die kompetisie en datum onthou?

Is dit van Groenkloof slaghuis?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:16:08 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Jy reg Geert, ek weet nie wie die slaghuis nou besit nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:34:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy reg Geert, ek weet nie wie die slaghuis nou besit nie

Sover ek weet is dit steeds Eddie van Niekerk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 18:52:02 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Geert ek vra nederig onverskoning.

Sulke dinge gebeur as 'n mens se oë nie eintlik meer kan sien om te lees nie.

Sal my leer om liewers dubbel seker te maak.

Adele, ek nie meer presies die jaartal onthou nie maar was so begin tot middel 90's gewees.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 20:52:32 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

So n klompie name van wors wat ek al probeer het. Yskorwors, Poffadderwors, Chunkywors, Oumawors, Oupawors, Rudi se wors, Bliksemwors, Bloubulwors, Grabouwors, Rooikranswors, Kalahariwors, Farmhousewors en n nuwe een Homestaywors.

My benchmark is Championshipwors. Kwaliteit oor die algemeen goed maak nie saak waar jy koop nie.

Ja, ek proe ook die wors rou die eerste keer ek n onbekende een koop. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 08:26:07 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Soveel mense, soveel verskillende smake en voorkeure.

Ons sukkel om boerewors te kry wat na ons smaak is....almal het te veel sout in. Ek persoonlik gooi nie eers sout oor eiers, tamatie of  "chips" niee.

Het al vir slagters gevra of hulle nie vir my sal boerewors maak nie. Van hulle is bereid om dit te doen, maar hulle maak almal gebruik van die vooraf mengsels wat speserye betref. So, niemnad maak meer hul boerewors volgens hul eie resep nie daarom kry jy by almal presies dieselfde boerewors te koop….kameelhout, kameeldoring, ouma se boerewors ens. Vleis moet ook nie te fyn en styf gestop wees nie.

 

Ek dreig al hoe lank om my eie te maak, maar kom nie sovêr nie. Moet eers die nodige toerusting aankoop.

 

Groenkloof Slahuis naby julle maak van die lekkerste wors...

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 06:58:35 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het op n tyd die heerlikste wors gekoop by Klip eiland slaghuis by Bronkhorstspruit, dis ook slagpale daar....so die vleis was lekker vars. Dit het nou maar net te veel petrol geld geraak om kort kort daai afstand te ry vir wors. Deesdae koop ek boerewors by Seemans in Pretoria....hulle Rump boerewors is baie lekker. Hulle het so 2 maande terug fillet boerewors gemaak wat ook heerlik was

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 09:05:51 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Koljander smaak vir my netsoos die stink goggas ruik.  As dit te veel in wors is, stoot dit my heeltemal af.  Pasop maar vir wors wat nie die boerewors etiket op het nie.  Dit kan enigiets is hê, onder andere baie vet, harsings, derms, longe, kliere.  Dit ruik egter baie lekker as dit braai as gevolg van die baie vet.  Maar selfs wors wat as boerewors verkoop word, is nie altyd lekker nie, selfs die 'beroemde' wors wat deur 'n sekere kettinggroep verkoop word, so ek is oor die algemeen maar versigtig daarvoor.  Regte vleis, veral skaaptjoppies, is maar steeds die lekkerste op die kole.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 09:18:01 am
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 42 years

My ma het die lekkerste boerewors gemaak. Sy't altyd gese proe die wors rou, as jy dit nie rou kan inkry nie sal jy dit ook nie gaar kan eet nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 09:32:38 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Valkvleis kan parasieteiers inhê so as dit in die boerewors is, kan jy jouself baie skade aandoen deur dit rou te eet.  As jyself op die plaas wors maak, weet jy sekerlik hoe gesond die diere was waarvan jy gebruikmaak.  Ek sal egter nie 'n kans waag met vleis waarvan ek nie die oorsprong ken nie.  Rou vleis is in elkgeval vir my grillerig, as dit nie biltong is nie.  Ek hoop ook maar die sout en droging maak enige parasiet-eiers doodfoot-in-mouth.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 12:49:40 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

In die Kaapse Skiereiland het Joey's Boerewors oor die afgelope paar jaar baie gewild geword. Ek is deur my seun daaraan bekendgestel. Joey's is inderwaarheid 'n "deli" - nie 'n slaghuis nie en maak hul eie boerewors. Ek laat my nie uit oor die meriete daarvan nie, maar hulle gebruik uitsluitlik beesvleis afkomstig van Botswana. Dit is na my mening 'n puik boerewors. Diégene  wat ek intussen aan Joey's se wors bekendgestel, is almal baie beïndruk daarmee. Gelukkig het hulle intussen 'n tak in die Strand oopgemaak en is dit makliker vir my om nou hulle produk in die hande te kry. Ek weet dat Len Loader (Lennie) wat van tyd tot tyd ook op hierdie forum deelneem, ook 'n aanhanger van Joey's se boerewors is. Ek koop sommer in grootmaat en vakuumverpak dit dan in porsiegroottes wat vir my en die "government" groot genoeg is.

'n Ander goeie alternatief is Oranje Slagtery in Porterville se boerewors - ook uitstekend. Ek kom in die somermaande relatief gereeld in Porterville en koop dan altyd 'n klompie.

Ek sal nog ander vleis (veral lam, bees en hoender) op ander plekke koop. Maar my varkvleis koop ek by 'n spesifieke slaghuis (op 'n varkplaas). Ek het ervaar dat ek soms sukkel om goeie gehalte varkvleis in die noordelike dele van die land te kry.

My Snomaster vrieskas is gewoonlik net vol wors gepak as ek  gaan kamp. Ek het al te veel stelle afgetrap met "onaardige" wors. Party slagters/blokmanne het hulle al liederlik vir my standaard (tong-in-die-kies) vraag vererg wanneer ek wel oorweeg om wors by 'n vreemde slaghuis te koop. My vraag is gewoonlik: "Is daar vleis ook in julle wors?"

Na my mening het sommige slaghuise (veral in party supermarkte) nog net gehoor van boerewors, maar nie n "clue" hoe om dit te maak nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:45:15 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Koop my wors net by een slaghuis hier by ons. Lekker, en ook met so min as moontlik  koljander.

Eet nie graag rou vleis nie. Wag maar dat hy gaar is. Maar, daar is niks lekkerder as om so van die kolle af te eet nie. 

Is daar van julle wat julle eie hamburger patties maak?  Partymal is dit lekker om so op n Vrydag na werk n patty te braai en eie hamburgers te maak. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:49:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Koop my wors net by een slaghuis hier by ons. Lekker, en ook met so min as moontlik  koljander.

Eet nie graag rou vleis nie. Wag maar dat hy gaar is. Maar, daar is niks lekkerder as om so van die kolle af te eet nie. 

Is daar van julle wat julle eie hamburger patties maak?  Partymal is dit lekker om so op n Vrydag na werk n patty te braai en eie hamburgers te maak. 

 

Ons maak byna weekliks ons eie patties van mince. Ek braai dit op daai braai mat in die weber......heeeeerlik sappig!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 18:35:25 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ons maak ons eie patties en gebruik as basis daarvoor die lekker boerewors wat ons altyd braai uit die derm te druk en voeg dalk iets by na smaak en vorm dan die pattie. Daarna gaan hy ook op die braai mat tot lekker sappig gaar en van daar bou elkeen sy eie burger.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 07:58:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

So gepraat van hamburger patties. Die rede hoekom ek self met mince maak is omdat die oormeerderheid patties wat daar buite verkoop word, klomp gemors is.....bittermin wat ordentlike vleis bevat. Ek het vroeer vanjaar n pak patties by een van die mees gesogste en bekendste slaghuise in Pretoria gekoop....gedink hulle selfgemaakte patties sal okay wees. Dit was net n vetspul toe ons dit in die pan sit. Oorspronlik was sy grootte  soos n Burgerking se Whopper gelyk, maar na gaarmaak het n McDonald's burger patty na n King size gelyk. Op foto regs is patty voor braai en links eind produk na gaarmaak....maklik 70-80% gekrimp....en dan proe dit nog soos nat karton....skande!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 08:05:19 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As die patie nie mooi bruin word met die braai nie, het dit waarskynlik 'n hoë sojameel-inhoud.  Dis nie wat 'n mens wil hê as jy 'n patty koop nie.  Jou patty Geert, kan moontlik hoofsaaklik vet en soja bevat.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 09:01:30 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek lees deur die briewe en kom agter ek is bevoreg om my eie vleis produkte te maak.  Feite is feite.  Geen slaghuis gooi enige gedeelte van n dier weg nie.  Daar staan nooit swart sakke vuilgoed voor n slaghuis nie.  Enige stukkie afval vleis word wors en mince.  Alles van n karkas word benut want dit is geld.

Ek weet wat kos wors, mince en ander vleis produkte my want ek maak dit self sonder kortpaaie.  Ek geniet kwaliteit wors en mince wat ek self maak.   Goedkoop mince en wors by n slaghuis bevat al die weggooi vleis want as dit deur n mincer is kan ju dit nie sien nie.  Dit maak my bang

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 09:50:50 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het op 'n stadium, toe ek met "banting" wou begin, op die internet na dergelike resepte gesoek. Ek kom toe op een af wat die volgende bestanddele bevat:

500 g maalvleis

12 ontpitte olywe (fyn gekap) - ek gebruik swart olywe

1 wiel Feta kaas (gekrummel)

Half-teelepel sout

Half-teelepel vars gemaalde swartpeper.

Die hele ou lotjie word deeglik gemeng. Ek maak 5 'patties' uit die mengsel. Ek gebruik 'n ring waarin jy eiers breek (daardie wat jy gebruik om 'n mooi ronde eier te bak). Elke 'pattie' is dan gewoonlik ± 125g.

Ek smeer graag 'n bietjie olyfolie weerskante van die 'pattie' voor ek dit in my Smokey Joe Weber braai. Net voor die laaste draai-slag "baste" ek die 'patties' weerskante met 'n bietjie Jimmy's sous.

Waarskynlik nie in elkeen se smaak nie (dalk veral nie as jy nie van olywe hou nie), maar ons smul behoorlik aan dié 'patties'. Ons maak nie 'n 'burger' daarvan nie - ek moet maar wegbly van meel-produkte a.g.v. diabetes. Ons eet dit saam met slaai en/of gebakte vars-groentemengsel. Maar my skoonseun maak vir hom 'n 'burger' daarvan en laaik dit kwaai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 13:25:14 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

REGULATION 2718 of 1990 of the Health Act says:

• Boerewors may be made only from the meat of a cow, sheep, pig or goat (“boerbok”).

• It must have at least 90% meat content.

• It may not contain more than 30% fat.

• It may not contain offal.

• It may not contain any meat obtained by mechanical means, such as meat separated from the bone by sieving it under high pressure.

• It may contain only 0,02 g of calcium per 100 g of meat.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 13:27:37 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Sover ek weet is dit steeds Eddie van Niekerk

Dec 11, 2003 - Eddie van Niekerk is Pretoria's boerewors champion and his product is legendary. There's ... Biltong and droewors hampers are popular gifts

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2020 @ 14:30:50 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Ook vol nonsens met wors en eet hom net as hy buite op oop kole gebraai is - koop net Checkers championship boerewors of Tileba slaghuis in Dorandia Pta noord sin.   Wie kan iets beters aanbeveel in Pta noord of Montana !    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2020 @ 17:27:41 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Chris, ek het die naweek jou resep probeer. Almal was mal oor die patties se smaak. cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2020 @ 19:32:24 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek's bly om te hoor Piet. Ek hou baie daarvan, maar Ralie is heeltemal gek daaroor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:35:41 am
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 137
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 20 years

Hello, N ding wat my grief is dat almal deesdae senings en bene en gemors in hule wors stop. Ek wil nie name noem nie maar daar is heelwat baie bekende skuldiges hier in Pretoria. So ek koop gewoonlik wors met n laaang tand. Of vermy dit as ek kan.

Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:50:03 am
KAKAMAS
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 13 Mar 2018
Experience: 4 years

More ek maak self my wors vir baie redes,maar dit gaan baie oor prys.Ek jag baie so daar as altyd baie vleis om te werk en almal wat wil saam eet moet help.Dit is dalm, maar lekker as die man vra waar het jy die lekker wors gekoop.My grootse geheim is ek vervang van my asyn met WORESTER SOUS gee net n ander smaak.

 

DIE LEWE WIL GELEWE WORD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 15:05:06 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 186
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Dki Chris jou hamburger pattie probeer met Feta en Olywe baie lekker gewees.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jul 2020 @ 20:02:18 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek't die naweek geleer van Chilie olyve. WOW. Kenelik by party Spar's.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za