English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 140
Total Replies: 246 390
Total Views: 83 061 504
topics: 11 324
replies: 134 848
views: 39 233 707
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Boelies, Diktators of is daar iets met jou verkeerd?

replies: 23
views: 455
04 Mar 2020 @ 09:36:28 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die woord "Boelies" word baie gebruik in gesprekke in die forum.

Hierdie muntstuk het twee kante.  Aan die een kant is Boelies en and die ander kant Diktator.

Om mee te begin moet gevra word wat is 'n Boelie of Diktator?   Op 'n forum is dit moeiliker om hierdie twee te defineer.   Hy is miskien 'n persoon met 'n sterk selfbeeld?   Iemand wat miskien sterk oor sy siening en standpunt voel?  Hy is miskien die persoon wat die meeste weet van die besprekingspunt?   Hy is miskien die persoon wat regtig iemand anders as persoon aanvat?  Maak al die bogenoemde punte hom sleg of goed?

Ek persoonlik dink mense wat te bang is om hulle sê te sê (Binne perke volgens die reels) is te gou om die ander terug te byt deur hom of haar as 'n Boelie te probeer brandmerk.   Name noem is 'n ander form van Boelie.   In forums is dit gewoonlik ook die ou Boelies wat uitgeskuif word deur 'n sterker nuweling wat as die Boelie gebrandmerk word.

Gewoonlik is die verloorder of laat ek dit beter stel die persoon wat nie almal kan oortuig met sy siening wat die ander persoon probeer afmaak as 'n Boelie.  In enige gesprek neem elke persoon iewers 'n Boelie houding in van beter weet of maak soos ek sê.  Dis gesond mits dit nie in elke onderwerp voorkom nie wat dan is jy eerder 'n "Mr Know it All"

'n Gesonde Forum moet voorsiening maak vir almal wat hulle reels volg.  As iemand oortree sal Admin beheer vat.   Daar is vir almal plek om sy opinie te lig.  As jy verskil lees verby en gaan aan.  Moet nie self 'n Boelie word deur iemand te brandmerk as 'n Boelie en probeer Admin speel nie. Jy bepaal self wie in jou lewe toelaat.  Mense sal saamstaan teen 'n regte Boelie en hom dit duidelik laat weet as hy regtig 'n Boelie is.  

Baie mense KOM IN jou lewe met 'n DOEL en baie mense GAAN UIT jou lewe met 'n DOEL met goeie redes.   So gebeur dit ook op Forums.

Opinies welkom en kom laat ons leer en aanpas.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 10:09:41 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1418
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

My opinie -

Ek het gou gaan loer wat my Engelse handleiding sê van 'n bully.

An uncultured, aggressive, rude, noisy troublemaker.

A hired thug.

A person who deliberately intimidates or is cruel to weaker people.

Volgens die bostaande is ek nie seker of die eerste twee beskrywings van boelie die regte beskrywing is vir wat ek vermoed iemand wat dominant wil wees en nie sal skroom om meerderwaardigheid te vertoon nie. Miskien die derdfe een. Dit impliseer dat die swakkelinge op die Forum ondergeskik gestel word deur die sogenaamde boelies. Help my asb. reg as ek hier fouteer.

Ek vermoed ek is ook al as boelie bestempel deur 'n sekere segment van die samelewing, bloot omdat ek nie skroom om te sê soos ek dit sien of ervaar nie. Ek kom beter met sulke mense oor die weg. Mense wat nie aanstoot neem as jy alles behalwe diplomaties is nie.

Daar is 'n boek met die titel "Nice guys come second".

Daar is 'n tyd om nice guy te wees en daar is 'n tyd om pragmaties te wees. Ek sou raai dat volgens Pareto se wet die nice guys in die 80% kategorie ival en dus ook die swygende meerderheid is.

En dan, die internet is meedoënloos. Amper soos om op die treinspoor te speel sonder om te weet wanneer die trein kom. Op skool het jy afjakke ervaar wanneer jy simpel was. Wat het verander?

Miskien lê die geheim daarin dat ons mekaar moet aanvaar soos ons is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 10:34:56 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Dankie vir jou inset Pieter.

Elke persoon trek nou en dan 'n Boelie pakkie aan of dit nou by die huis, werk of forum is. 

Ek gaan beslis daai boek "Nice Guys come second" koop.  Ek glo ook jy moet opstaan waarvoor jy glo al verskil jy met die volgende persoon.   Hoe ver jy sal gaan hang af van hoe belangrik dit vir jou en jou waarde systeem is.

Iets waarvoor ek nie tyd het nie is regte fisiese boelies veral op skoolvlak waar 'n kind nog in sy ontwikkelings fase is.   Dis gewoonlik die groter ouer persoon wat verbaal en fisies raak en so kleiner persone domineer.  Hier moet ons as ouers help met leiding.  As die kind deur die groei proses is kan en moet hy alleen vir homself opstaan want hy is nou in die grootmens wereld.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 10:46:46 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9258
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

The second place is the first place of the losers.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 11:23:02 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink Admin het maar 'n moeilike taak.  Aan die een kant moet die Forum lewendig bly en aan die ander kant moet dit nie so lewendig word dat sommige lede weggejaag word nie.  Ek meen meeste mense hou van 'n vriendelike gesprek maar net sommige geniet moddergooiery.  Waar trek jy die lyn?  As ek reg onthou was Pieter ook een van die geteikendes in die vorige skoonmaakproses- geteiken deur sommige van die lede wat nie meer by ons is nie. Daar is gesê 'kanneman' beteken eintlik 'kan 'n man dan nie moeilikheid maak nie'.  Dit was m.i. heel ongeregverdig en ek is bly die betrokke lid is weg. Daar was ook een persoon wat geen positiewe bydrae gelewer het nie maar baie skerp steke na lede gegee het.  Die persoon is onlangs deur huidige lede geprys, so oordele verskil duidelik.

Ek weet nie waar val ek in nie. Ek meen ek is nie 'n boelie nie en ek haat dit as mense geboelie word, of hulle nou forumlede is of glad niks met die Forum te doen het nie.  Ek spreek my eerlike mening uit  maar ek probeer minstens om nie onnodig skerp te wees nie. Admin het al van my bydraes verwyder waaroor ek nie gelukkig was nie, maar na ek dit oordink het, kon ek Admin se besluit verstaan.

Ek dink Admin doen goeie werk en hierdie Forum is betreklik rustig sonder om dooielik te wees.  In vergelyking met sommige oorsese forums waar, lyk my, slegs takhare en onopgevoedes kan tuis voel, is ek heel trots om deel hiervan te wees.  Ek is nie 'n 'beroeps forumliet' nie- hierdie is trouens die enigste Forum waarvan ek 'n lid is of gereeld lees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 11:41:41 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

62 views en 4 replies.

Lyk my mense is te bang om deel te neem.  cool Kom gee jou opinie, niemand gaan jou brandmerk met 'n boelie stamp nie.tongue-out

Kan die boelies hulle opinies kom gee?tongue-outtongue-outinnocentinnocent

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 12:24:10 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1418
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek vind dit interessant om reaksie in verhouding met Pareto se beginsel dop te hou.

Search Results

Web results


Pareto principle - Wikipedia

en.wikipedia.org › wiki › Pareto_principle

The Pareto principle (also known as the 80/20 rule, the law of the vital few, or the principle of factor sparsity) states that, for many events, roughly 80% of the effects come from 20% of the causes. ... Pareto developed both concepts in the context of the distribution of income and wealth among the population.

 Pareto 80 20 rule examples: Be more efficient and productive

  • 20% of criminals commit 80% of crimes.
  • 20% of drivers cause 80% of all traffic accidents.
  • 80% of pollution originates from 20% of all factories.
  • 20% of a companies products represent 80% of sales.
  • 20% of employees are responsible for 80% of the results.
Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 12:43:56 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2157
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Om Lennie se gevleulde woorde te gebruik ek sien dit anders. Om nie in 'n woordestryd betrokke te raak en weg te stap maak my nie 'n verloorder nie maar eerder 'n wenner oor myself. 

Nou praat ek nie van gesonde verskille nie maar wat noem jy mense wat altyd beter weet en nie sal toegee dat hy verkeerd kan wees nie en dan onaangenaam raak. 

Sommige wil maar nie " Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie," aanvaar nie. 

Gelukkig kan ek wegstap al is dit party keer swaar 😂

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 13:26:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9258
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Om Lennie se gevleulde woorde te gebruik ek sien dit anders. Om nie in 'n woordestryd betrokke te raak en weg te stap maak my nie 'n verloorder nie maar eerder 'n wenner oor myself. 

Nou praat ek nie van gesonde verskille nie maar wat noem jy mense wat altyd beter weet en nie sal toegee dat hy verkeerd kan wees nie en dan onaangenaam raak. 

Sommige wil maar nie " Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie," aanvaar nie. 

Gelukkig kan ek wegstap al is dit party keer swaar 😂

 

Die spreekwoord sê.....

Hy wat dink hy weet alles, maak ons wat alles weet, die donner in.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 13:37:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2968
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

2As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat 'n mens behoort te hê nie.

1 Korintiers 8-2

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 13:50:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2157
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Die spreekwoord sê.....

Hy wat dink hy weet alles, maak ons wat alles weet, die donner in.

 

 

Waar woorde Jin. 😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 14:23:19 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1418
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dit lyk my Bak Oor en Chuck Norris is nou gereed om in 'n debat hulle opponerende standpunte oor die begrip kennis te beredeneer. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 14:30:57 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2968
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Jokes aside :

Ek weet nie of ek besig is om iets op hierdie draad te leer of nie

Ek probeer verstaan hoe n senior persoon kan se hy word geboelie. Boelie is wanneer iemand in n hoek gedryf word, homself nie kan verdedig.

Hier op die forum kan niemand beweer hy word geboelie. Want die keuse is daar om n onderwerp te ignoreer en aan te beweeg. Behalwe as jy weet jy kan nie jou storie staaf en jy weet jy het twak gepraat maar die eie ego forseer jou om te reageer en dan wanneer jy reg gestel word dit persoonlik op vat. 

Niemand forseer niemand om enige stelling te aanvaar. Keuses is waar oor dit alles gaan. Dit is wanneer iemand die teendeel bewys word waar probleme in tree. Almal kan nie altyd reg wees. Is dit nie waar oor die forum eientlik moet gaan. Om planne en raad uit te deel, om met mekaar te verskil sodat ons die beste daaruit te Kan kry

Hier is n paar manne wat wel weet amper alles is. En by reg want hul kennis het ek self al getoets en hulle het n wye kennis en is ook nie verniet die top forum lede met meeste post. As die manne praat gee ek ag en respekteer hul insettings veral en soos met al die ander gee ek ook aandag. Hier is manne wat regtig moeite maak om navorsing te doen om forum lede te help.

Ek is jammer om te se. Ons is almal Groot mense niemand beter as die ander. Hierdie klink soos n geval van "mamma Hy het my sweets gevat" en wat mamma gewoontlik gese het man word groot, staan jou man en vat jou sweets terug.

Kla ons nie soos stout kinders nie terwyl ons iets daaromtrent Kan doen. Wees deel vam n gesprek of skuif na die volgende een toe. As jy dit nie doen is jy net so skuldig as die sogenaamde boelies

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 14:31:30 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Bak Oor, Chuck Norris

Wat is julle siening oor die onderwerp? Is julle boelies of wil julle graag wees?

Bak Oor los asb. net Jin se Toyota uit.tongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 14:36:43 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Thanks Bak Oor vir jou inset.  Jy was net te vinnig vir my.  

Ek stem nogal saam met jou sienswyse.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 14:59:16 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2968
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Bak Oor, Chuck Norris

Wat is julle siening oor die onderwerp? Is julle boelies of wil julle graag wees?

Bak Oor los asb. net Jin se Toyota uit.tongue-out

Jin is Chuck Norris. Jy moet getik wees om met hom skoor te soek.

Chuck is man wat jou gums uit jou mond skop sonder dat jou valstande beweeg. 😬

🤣 Ek dink Jin ken my nou al goed genoeg om te weet wat my bedoelings is. Of hy n Toy ry of nie hy is my forum comrade. 😜

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 15:30:42 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 367
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

I find myself at a total loss, who is the boelie & who is the victim ???

I have seen some very firm and strong opinions on the forum which to me represents a very firm conviction regarding the topic under discussion. I have on a few occasions seen emotions getting a little warm, I have even been put in my place, I think by Prof,  but can honestly say,      Boelieing ??? Noooo

Please fill me in,....... no!  not sort me out,...... fill me in.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 18:56:03 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Met diplomasie kan jy iemand stuur na waar jy dink hy hoort op so n manier dat hy uitsien daarna.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2020 @ 19:24:52 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2968
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Met diplomasie kan jy iemand stuur na waar jy dink hy hoort op so n manier dat hy uitsien daarna.

Nou praat jy

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 06:10:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15893
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek lees nou maar net hier deur en vereenselwig my met die komentaar.  Ek los maar eerder die filosofie vir die filosowe.  Wat ek wel seker is van, is dat geen twee filosowe noodwendig die selfde filosofie kan lewer oor die selfde saak nie.

Dus is dit baie moeilik vir 'n filosofie profesor om 'n student te druip as die student sy siening oor 'n saak gelewer het.

Dus vir die wat op die kantlyn staan en kyk..................... is dit baie amuseerend en somtyds interesant hoe die mense hul self besig hou met woorde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 06:16:57 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 512
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Leon nou wat is jou opinie?   Hoe sien en ervaar jy die onderwerp?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 06:24:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15893
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon nou wat is jou opinie?   Hoe sien en ervaar jy die onderwerp?

Nee wat ..............no comment.................ek los dit vir julle.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 08:58:53 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 975
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek lees nou maar net hier deur en vereenselwig my met die komentaar.  Ek los maar eerder die filosofie vir die filosowe.  Wat ek wel seker is van, is dat geen twee filosowe noodwendig die selfde filosofie kan lewer oor die selfde saak nie.

Dus is dit baie moeilik vir 'n filosofie profesor om 'n student te druip as die student sy siening oor 'n saak gelewer het.

Dus vir die wat op die kantlyn staan en kyk..................... is dit baie amuseerend en somtyds interesant hoe die mense hul self besig hou met woorde.

Ek deel jou sienswyse Leon. Ekself kon dit nie beter stel nie - veral jou laaste paragrafie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 10:37:31 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4648
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

As jy iets lees en stem nie saam se so, maar op n ordentelike manier as jy sien dit raak nou hy se sy se draai om en beweeg aan hou emosies so ver moontlik uit n situasie wat later net n gemors is

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za