English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 319
topics: 4 360
replies: 29 238
views: 17 320 173
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 424
replies: 200
views: 8 975

Bly Weg

replies: 7
views: 12240
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
28 Dec 2011 @ 11:03:42 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years

Na van oggend se boodskap oor Constantia oord kan ons hier onder die draad "Bly Weg" oorde lys waar ons slegte ervarings gehad het, asook wat ons ervaring was sodat die ander lesers kan lees en self besluit wil hulle nog steeds die oord n kans gee. Soos ek al vroeer genoem het wat vir my sleg is, is dalk aanvaarbaar vir iemand anders. Die doel is nie om n oord te beswadder nie, maar slegs forum lede in te lig oor swak diens en ander gebeure wat lei tot "Bly Weg"

Die watergat naby Naboomspruit weet nie eers of die oord nog bestaan nie, maar swembad verhitting het nie gewerk nie, "pool tafel"was net hout geen bedekking nie, die gratis wilds rit het uitgedraai op R20 per persoon en die ablusies was gehawend. het dit met die eienaar opgevolg maar net verskonings gekry.

Diederik

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
28 Dec 2011 @ 18:39:05 pm
Louis
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 331
Joined: 10 Jul 2011
Experience: 65 years

Hi Strachan

Baie dankie vir die inligting. Het dit al oorweeg maar sal nie meer nie.

Groetnis 

Louis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
29 Dec 2011 @ 15:10:06 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5595
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

So het ons ook jare terug 'n onderonsie by omaramba gehad met bestuur en ook die oord self, maar ander dink dit is 'n lekker "party" plek want vernaam as jy naby die swembad staan, maar nie vir ons nie.

So as jy nie 'n "party" plek soek nie, bly weg.

Kampgroete
Willem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
02 Jan 2016 @ 20:48:21 pm
Frank
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 184
Joined: 14 May 2013
Experience: 42 years

Was vir my n lang uitsien na my vakansie na Barham Bay 'Steve's Place" wat nou verby is 23/12/2015 tot 2/1/2016 en dank die Vader dis verby. Het my so amper R8000.00 uit die sak gejaag vir die 10 dae wat ek kort geknip het na 9 dae. Nie die geld werd nie.

Moet dit met my mede kamper deel,hulle diens was aanvaarbaar en die sites is lekker.My groot probleem was die dag besoekers gewees.Op hulle webwerf word dit geadverteer dat geen dagbesoekers toegelaat word nie.Hulle webwerf " stevesplace.co.za "Dit was ook per telefoon vir ons gesê voor ons daai kant toe is dat indien vriende van ons wil kom besoek moet ons hulle kantoor laat weet en hulle sal die wag by die hek laat weet van die besoekers.Mens vanaf Vrydae kan jy nie daar lewe nie hulle kom in busse,taxis, per voet genade hulle val uit die hemel uit,het gehoor van my buurman langs my wat sê Kersdag en tweede Kersdag was daar meer as 3000 besoekers.So die geriewe "toilete" en swembadens kan jy glad nie gebruik nie.Die Maandag moes die bestuur al die swembadens se water uit tap en skoon water weer intap en hom so stook met HTH dat ons nie die geriewe kon gebruik vir 4 dae nie,en toe is dit Ou Jaar weer dieselfde storie met besoekers. Daar was ook n geveg gewees met "besoekers" in die bar swembad en sekuriteit het geworstel met hulle,en die bloed het geloop.Toe ons die bestuur aanvat oor al die honderde besoekers daar word ons beskuldig ons is "rasiste" f@k is so gatvol vir daai woorde ek kan n slang se kop afbyt,lewendig.Daar het nog baie goed onderlangs gebeur maar ek los dit maar daar.............

Mense regtig daai plek sien my nooit weer nie en hulle moet Witbank dam verander na Windbank winde Dam want die wind word daar gemaak glo ek.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
02 Jan 2016 @ 21:36:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dankie vir terugvoering....rate hulle op hierdie website. Soos dit vir my klink...is dit n definitiewe hou verby...nie eers vir n naweek nie.😢.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
02 Jan 2016 @ 22:51:20 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Danq ve die inligting. Ek is seker ma skepties ve sulke kommentaar, maar het al in die verlede ook ges, ons as kampers moet ons monde uitspoel oor sulke kampe, dalk sal die eienaars raaksien dat dit nie aanvaarbaar is nie. Hou hulle aan sit hulle naderhand net met hoogseisoen dag besoekers. Hulle wou di mense akkommodeer , dan moet hulle maar ve hulle kry. Kyk wat het geword van Kroonpark in kroonstad, dit was n baie gewilde kampplek jare gelede ve die vrystaters wat nie ver wou ry nie. Dag besoekers is met busse aangery en het eenvoudig die plek oorgeneem. Nou wil hulle weer regmaak ??? Sal moet uithaal en wys.
Dag besoekers is n "no no"
Laasweek by riverside, kimberley het n sweterjoel die plek kom besoek maar moes omdraai toe die eienares hulle summier die pad gewys het. En daar was oppie ingang geskryf. "Geen dag besoekers"
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
03 Jan 2016 @ 06:56:36 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dit is onaanvaarbaar dat dagbesoekers kampeerders se hele vakansie bederf.  Die mense oorstroom sulke plekke totaal, kyk hoe het die strande in die land gelyk op nuwejaarsdag.  Geen mens kan waag om soontoe te gaan nie.  Frank, ja dit is tragies dat jy soveel moes betaal en 'n vakansie waarna jy heel jaar uitsien, dan so bederf word.  Jy moet beslis 'n punt daarvan maak om dit meer prominent onder hul aandag te bring.

Op Facebook het ek gelees dat Van Stadens hier in die Baai net sekere getalle dagbesoekers hierdie jaar toegelaat het.  Sodra hul nie meer wou inlaat nie, het hul die hekke toegemaak en kennisgewings langs die pad gesit om nog besoekers te waarsku.

Daar was gister 'n brief in ons koerant van iemand uit Middelburg (MP) wat in Jeffreys vakansie gehou het.  Hierdie jaar het die rioolwater weer daar in die strate geloop!!  Die man sê hy sit sy pote nie weer daar nie.  Hy voorspel dat Jeffreys se munisipale bestuur een van die dae die strande net vir hulself gaan hê laughing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Table 'cp_com_morgan.plugin_forums_1039_reactions_counts' doesn't exist
03 Jan 2016 @ 07:35:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Haat dit as oorde hul op n website ophemel en dan as jy daar aankom is dit die teenoor gestelde. Kan glo hoe jy moet voel as hulle s dat hul geen dagbesoekers toelaat nie en dan op die ou einde oorheers die "dagbesoekers" die oord en bederf jou verblyf. Gaste van inwoners wat as dagbesoekers inkom is aanvaarbaar....maar om hekke oop te maak vir enige janraap en sy maat?....Nee. Watse sekuriteit is daar dan?...Badkamers word seker bevuil....ensovoorts. Ek voel ook soos bo genoem...neem dit op met bestuur!
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required