English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 940
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 251
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Blesbok

replies: 4
views: 203
20 Jun 2020 @ 10:04:29 am
JohannR
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 10 Dec 2014
Experience: 30 years

Kan iemand my se wat die gewig van 'n Blesbokram se boud is? 4kg of meer?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 11:23:08 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hang af hoe groot is hy.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 12:58:14 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Hang af hoe groot is hy.

 

Ek lag nog steeds...😂

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2020 @ 14:35:15 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Gewig van só 'n boud kan seker maar wissel. Dit laat my dink aan 1976 toe ek in Swellendam gewoon het. Die Bontebokpark het besluit om van die springbokke in die park ontslae te raak weens swak drakrag van die veld. Ek koop toe een van die afgeslagde springbokke. Laat ek dadelik sê ek is nie 'n jagter nie en glad nie 'n kenner van wildsvleis nie.

My vrou gee destyds onderwys by 'n plaasskool tussen Swellendam en Bonnievale. Een van die kinders se ouers gaan toe jag in die destydse SWA en hul dogter kom bly toe by ons vir die rukkie. Met hulle terugkeer stuur hy vir ons biltong, droëwors en 'n springbokboud.

Ek sê toe vir my vrou dit kan onder geen omstandighede 'n springbokboud wees nie - dit is te groot vir 'n springbok (met die Bontebokpark se springbok in my agterkop). My vrou sê toe aan die boer dat haar 'slim' man sê dit kan nie 'n springbok se boud wees nie. Hy stuur toe via haar 'n boodskap dat ek seker nog nie 'n Suidwes springbok gesien het nie.

Sedertdien het ek al Namibië se springbokke met my eie oë gesien en besef dat hulle baie groter is as Karoo springbokke.

Dus kan blesbokboude seker ook taamlik verskil in gewig en grootte. Maar Johan wil seker maar net 'n aanduiding hê van 'n gemiddelde gewig van 'n blesbokboud.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2020 @ 22:04:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

N plek soos Uitkyk vleismark in Pretoria verwerk 100de wilds karkaste op n weeklikse basis. Miskien kan jy hulle bel....glo hulle sal n goeie gemiddelde indikasie kan gee

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za