Sien DK moan weer oor fietsryers wat die pad vol ry.
Ek het ook nou die dag agter 'n paar gesit en kon nie verby kom nie...ek het maar 'n foto van hulle geneem
Spekkies, ek glo nie jy kon nie verby gaan nie, ek dink jy wou nie verby gaan nie. Wees maar geduldig met daardie tipe fietsryers.
Ja magtig, ek het seker 2 ure agter hulle vasgesit en toe ek om die blok ry seker weer so uur.
Speknek, jou oë het seker verder uitgepop met springs agter hulle toe jy daai mooi boudjies sien. Wys my die man wat verby sou gaan.
Ek het juis vandag op n ander draad weer my mond uitgespoel oor fietsryers. Na n bietjie verdere oorweging het ek besluit dat ek baie onverdraagsaam teenoor hulle is. Miskien sal ek hulle maar die son gun wat oor hulle skyn.
Piet Pad, jy beter net jou hande tuishou terwyl jy jou nuwe sport beoefen, anders val jy jouself dalk nerfaf van daai fiets af.
'n Man het eendag 'n lift gekry saam met 'n ou wat totaal skeel was. Hy raak toe bietjie senuweeagtig tydens die ryery en vra vir die ou : "Kyk jy waar jy ry of ry jy waar jy kyk?".
Lekker JIN wat 'n plan.
Het klaar so fiets moet hom net skuif en ma kry dat sy wil oefen.
Ai die gelukkige Gautengers.....................ons het nie sulke fietsryers in Limpopo nie!!