English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 772
Total Views: 83 246 933
topics: 600
replies: 3 874
views: 3 352 232
Share all those nice recipes with everybody...

Biltong potjie

replies: 7
views: 20506
09 May 2005
Anonymous
Biltongpotjie

kg biltong
500g pasta skulpies
2 uie - fyngesny
2 -1 rooi en 1 groen soetrissie - gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak

Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by -onthou potjie moet nog op vuur wees- dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.

Kamp Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2005
Anonymous
My variasie van die BILTONG potjie (met sampioene en mielies) - Baie vinnig & HEERLIK !!
2 Uie
1 Pak Sampioene
kg Biltong (of selfs minder)
1 Blikkie Pitmielies (of 'sweet corn')
1 Pak Noedels (Gaargemaak)
Green Pepper
1 Houertjie Vars Room
1 koppie Gerasperde Kaas

Braai uie, green pepper en sampioene tot gaar.
Voeg biltong by.
Voeg gaargemaakte noedels by.
Voeg mielies by.
Gooi room oor.
Plaas laaste die kaas bo-op.
Hou pot op stadige kole totdat die kaas gesmelt het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Aug 2005
Anonymous
Het jy nie dalk 'n resept vir 'n vlakvark en rooibok boud nie

Groete
Gerhard
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2005
sanet
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 04 May 2007
hi gerhard,

ek het nou nie 'n resep vir jou nie maar probeer gerus die volgende web werf: www.funkymunky.co.za

groetnis
sanet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2015 @ 12:45:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Biltongpotjie

kg biltong
500g pasta skulpies
2 uie - fyngesny
2 -1 rooi en 1 groen soetrissie - gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak

Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by -onthou potjie moet nog op vuur wees- dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.

Kamp Groete


Gaan hierdie een probeer...lyk lekker maklik
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 00:53:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Biltongpotjie

kg biltong
500g pasta skulpies
2 uie - fyngesny
2 -1 rooi en 1 groen soetrissie - gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak

Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by -onthou potjie moet nog op vuur wees- dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.

Kamp Groete

Baie lekker resep. Ons het nog n blik mielies, pakkie sampioene en n pakkie spek bygegooi. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 15:39:11 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die Forum is vanmiddag erg gevrek. Miskien kan ek die pot so ‘n bietjie roer!

‘n Jarelange kampeer genoot het nou al twee keer ‘n biltongpotjie gemaak.

Elk na sy eie smaak, maar persoonlik kan ek nie die sin daarvan insien om van die duurste vleis beskikbaar te gebruik om ‘n pasta-besigheid aanmekaar te slaan terwyl mens baie meer smaaklike potjies vir dieselfde prys gemaak kan word nie.

Maar nou ja, smaak verskil, en elkeen is geregtig op sy eie brousel. Ek verkies skenkels of beesstert enige dag bo biltong in ‘n pot.

Om pasta, room, kaas, rissies en nog wat by biltong in ‘n pot te gooi maak vir my net soveel sin as om koeldrank by 10 jaar oue KWV te gooi - nie in die aard van ‘n persoon wat die produk na smaak oordeel nie!

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2020 @ 17:49:27 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Ek kan nie biltong so mors nie.  Ek kerf dit eerder direk in my keel in.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za